die alewige duiwel darem…

Ek sien Attie boor ‘n slagaar raak oor die Satan. So kom ek gooi bietjie my 2cents hier rond oor die ou netelige sakie.

Stop iewers laas jaar daar in Lynnwood weg oorkant die Universiteit toe die karwag sien dat daar een of ander teologiese boek op my agterseat lê. Ons begin toe lekker gesels, of at least, hy doen, ek het geluister. Hy praat oor die duiwel, en oor ons witmense wat nie die duiwer beleef nie, maar, sê hy, ek moet saam met hom kom, dan sal ek die duiwel sien.

Hy was natuurlik verkeerd, baie witmense beleef die duiwel net so erg! Maar ek doen nie regtig nie. So ‘n paar random opmerkings:

Eerstens: Dit is nie nodig om in die duiwel te glo om in God te glo nie! Ek weet baie sê dit, dis ‘n pot bull. Gaan lees jou Bybel, vir die meeste van die Ou Testament is daar net God, geen duiwel, en hulle glo al te mooi sonder die ou bose ding. Brian Mclaren se the Last word and the Word after it beskryf nogals iets hiervan in maklike taal. So as iemand sukkel om in ‘n gepersonifiseerde duiwel te glo, dan is hulle nie ongelowig nie.

Op ‘n bietjie meer komplekse vlak, en hieroor moet ek nog baie dink, daar word ook ander goed gepersonifiseer. Die wysheid van die Ou Testament word sterk gepersonifiseer, ‘n persoon, ‘n vrou. Party sal sê dis die Heilige Gees, ander dat dit Jesus was, maar dis nie so eenvoudig nie. Punt is eerder dat die Jode persoonseienskappe aan goed gaan toeken het, en ons dit in ons taal weer anders gebruik. Ons praat van God se wysheid, maar nie meer gepersonifiseer nie. Ons kan oor boosheid praat sonder om dit te personifiseer ook.

‘n Ander sakie waaraan ons dalk meer aandag moet gee is altered states of consciousness. Ek’s nie ‘n expert hierop nie, maar kom ek probeer verduidelik. Die karwag was reg, hulle beleef ook baie ander dinge. Voorvaders byvoorbeeld. Tannie Marietha was hierdie blog ge-inspire het beleef dooie geeste wat met haar praat (of so het sy gesê maar ek dinksy het gelieg). As jy buite die Westerse mindset gaan dan beleef baie mense hierdie tipe van alterared states, waar hulle iewers anders is, in hulle breinaktiwiteit op ‘n ander plek as in die hier en nou. Ek glo dus dat mense die duiwel baie real beleef, sonder om te hoef te glo dat daar ‘n duiwel karaktertjie iewers is.

Maar OK, dis my 2cents.

2 Responses to die alewige duiwel darem…

  1. Susaar sê:

    My siening oor die duiwel is soos volg;Die begin van die einde vir ons mense op aarde!!!
    As mense nog dink Eva het ‘n apple geeet dan wil ek hê hulle moet weer dink.
    GOD die Aller Hoogste ons KONING het dit wat HY geskape het volmaak gedoen. Ons sien HOM elke dag in alles ons hoef net rond te kyk en HY is!!!HY is ons VERLOSSER wat gesterf het aan ‘n vloekpaal
    Eva het met die uitgeworpene gemeenskap gehad,beslis nie ‘n appel.Toe het die Adam ook met haar gemeenskap gehad. Twee seuns is gebore.(tweeling)??? Een van Adam se saad en een van die een satan wat gedink het hy kan HOM wys hoe dit eintlik moet wees. Die twee seuns is gebore. Boosheid (kian) se jaloesie en hy het gedoen wat sy pa sou doen. Slaan vir ABEL dood GOD het hom duidelik meer lief gehad omdat GOD geweet het!!!. HY WEET ALLES. Jou broer se bloed roep na MY uit die grond uit.
    So die duiwel is los ja in baie fasette. Kyk na TBN en ervaar dit so dat woede jou wese vul. Mense het nou so magtig geword in hulle dwalings dat hulle wraggies glo ‘n hand teen ‘n tv skerm omdat die sodanige prediker so gelaai voel vol van die HEILIGE GEES. BID jou aan. Word wakker o volk die duiwel is los,los in so mate dat mense vergeet van GOD die VERLOSSER die HOOG HEILIGSTE VADER.Deesdae is YAHWEH sommer ons hemel pappa en God het vir my so en so gesê.God will bless you if you forward this email. GOD asked me this morning what is it that you want. Hemel wanner?? Wanner wil ek skreeu sal mense wakker word en HOM weer aanbid en soos Moses op hul gesigte val om HOM te dien en te aanbid.
    Dit is maar my mening. ONS LOOF U ONS PRYS U WANT U ALLEN IS HEILIG. Amen.

  2. attie sê:

    Cobus: Ek hou van jou gedagte dat ‘n mens nie in die duiwel hoef te glo om in God te glo nie – maar ons moet net pasop dat ons ophou om in die bose te glo. (Jy doen dit nie hier nie, maar dit is net ‘n opmerking.) Aan die ander kant om die feit dat daar na Satan verwys word, te ignoreer (En ek dink baie beslis hy kry in sekere kringe te veel aandag), is om die deur oop te los vir willekeurige interpretasies en wanneer mense dan met willekeurige interpretasies na vore kom, dan neem ons hulle kwalik daarvoor. Ek het juis die gesprek begin omdat dit vir my ‘n baie vreemde terrein is, maar kyk nou net hier begin jy ook ‘n gesprek en hier gaan ons ook leer.

Lewer kommentaar