hierdie blog…

Marietha Theunissen het ‘n TV program “die ander kant” gehardloop. ‘n Hoogs ammusante aangeleentheid, waar die skerp kyker hom/haarself kon vermaak deur te sien hoe Marietha probeer om die idee te skep dat sy met geeste uit die doderyk praat. Als was goed en wel, tot sy die dag iets sê soos: “ek sien ‘n blonde seuntjie”, en die persoon met wie sy praat so deur die trane deur vir haar sou sê: “nee, sy hare was swart”. Elkgeval, hierdie blog is soortvan soos Marietha…

Nee, hier praat ons nie met geeste uit die doderyk nie, maar met die geeste van vandag. Die tydsgees, die wêreldgees. Hier probeer ek om na die fyn stemme uit die ander kant van Suid Afrika, veral Suid Afrika se kerk, te luister. Dit was Brian Mclaren se boek The Church on the Other Side wat ook die naam van hierdie blog laat uitpop het. Die ander kant waarna ek glo ons moet luister is ‘n generasie wat aan die ander kant van Christendom staan, wat baie keer aan die ander kant van kerk-toe-gaan staan. Wat aan die ander kant van die naïwe geloofsbelewenis wat ons kerke so aangegryp het in die laaste klompie jare (ten minste vandat ek kan onthou, maar heel waarskynlik nog langer) staan, en wat moontlik vir ons kan wys hoe lyk dit as ons minder middel-klas Afrikaner en meer Christen is. Die wat moontlik vir ons kan kom wys hoe lyk ‘n kerk wat nie die verligtings van die laaste eeue (Aufklärung, godsdiens-kritiek van Fraud, Marx et al, en postmoderne-kritiek) ignoreer nie, en wat prentjies kan kom skets van hoe ‘n kerk in ‘n post-1994 Suid Afrika gaan lyk.

Hierdie blog is bietjie soos Marietha se praatjies deurdat ons maar bietjie gaan moet spekuleer. Nee, ek weet nie aldag waar dinge gaan op eindig nie, maar het ‘n gutt-feel hier en daar. Waar moontlik probeer ek ook om dinge te verantwoord. Dalk verander die trend van waaroor ek blog nog in die weke en maande wat kom… maar kom ons kyk maar net hoe loop die gesprek.

Ek het op ‘n paar plekke geblog tot nou toe, waarvan die mees gewilde een mycontemplations was. Ek hou steeds aan om daar te blog, so besoek dit gerus nogsteeds. Maar ek dreig al lankal om ook in Afrikaans te blog, en daarmee saam dan meer local te blog. So, hierdie is my stem van die ander kant af soos ek dit beleef. Praat gerus saam. As jou blog ook hierby aansluit, stuur gerus vir my ‘n link.

6 Responses to “hierdie blog…”

  1. tiaan Says:

    “Die Ander Kant?” Regtig? ;-) Jy weet daar was ‘n quasi-spirituele program op KykNet van ‘n psychic vrou soortgelyk aan john Edwards wat ook met die geeste van die afgestorwenes gekommunikeer het met bdieselfde naam, nè…?

  2. cobus Says:

    OK, ek het die eerste post nou in die about page ingelaai… ja, ek weet van tannie Marietha se show:-)

  3. Duusman Says:

    Brian Mclaren intereseer my Het hom vlugtig al ontmoet. Miskien moet jy dalk iets oor hom skrywe

  4. cobus Says:

    Mclaren… ek doen dit graag iewers. Ek en Brian het al lang gesprekke gehad toe hy in Suid Afrika was in 2007, en ek geniet sy boeke baie. Dalk bietjie meer spesifiek oor wat jou sou interesseer?

  5. let it be known!!! « die ander kant Says:

    [...] hierdie blog…   [...]

  6. michelle Says:

    Kan Marrietta asseblief op ‘n e-pos my vraag beantwoord asseblief. Dit is dringend.

Leave a Reply