turn2god en die VF+

Junie 14, 2009

Jy al Turn2God en die VF+ se beleide bietjie vergelyk?

Ek is tempted om my guts te spill oor revivalist movements en pogings tot teokrasieë en voortsettings van die 19de eeu se sendingideale van “die hele wêreld vir Christus in ons leeftyd” ens. Maar ek sal dit vir eers los vir iets interessanters.

Die Vryheidsfront Plus se beleid rondom territoriale outonomie:

Die ander belangrike komponent van die Vryheidsfront se beleid, is die aanspraak op territoriale outonomie. ‘n Minderheidsgroep bly voortdurend kwesbaar binne ‘n staatsbestel wat deur ander groepe oorheers word. Beskerming wat vandag met moeite beding word, kan jou môre polities ontneem word. ‘n Volk kan slegs waarlik vry wees binne ‘n eie grondgebied onder ‘n eie owerheid. Hierdie ideaal kan verwesenlik word deur ‘n evolusionêre proses, naamlik groter outonomie op plaaslike regeringsvlak wat daarna lei tot selfbeskikking op streeks-, provinsiale en uiteindelik nasionale vlak.

Elsa Meyer het egter beleef dat God vir haar die volgende sê oor ons land se regering:

Ek het ervaar dat hierdie boodskap vir al 14 bevolkingsgroepe van ons land bedoel is.  In elke bevolkingsgroep is daar leiers wat hulle mense se belange op die hart dra.  Hulle tree in vir hulle volk en is dienaars van God en mense.  As hierdie mense opstaan en hulle mense oproep om na die Here toe te draai,  sal hulle luister en God sal ons gebede verhoor en aan ons ’n toekoms vol van sy oorvloed gee!  As ons egter nie na God toe draai nie teken ons,  ons land se doodsvonnis.

Ek het beleef dat God nooit bedoel het dat volke en nasies deur politieke leiers regeer moet word nie.  Volksleiers was bedoel om mense te wees wat omgee vir hul mense en nie gedryf word deur ander belange nie.  ’n Volksraad behoort te bestaan uit die leiers van volke en ’n staatsleier behoort vir al die volke van sy land in te tree by God.  Hy/sy moet God se plan en strategie vir die land te wete kom en in wysheid sonder vooroordeel regeer.

(Ek het sommer ‘n paar interessanthede met soortgelyke kleure gemerk)

Of Elsa Meyer aan die VF behoort weet ek nie, en ek twyfel eintlik nogals. Maar come-on??? Ek’s seker nie die enigste een wat dink hier is iets fishy nie? Kyk die ooreenkomste:

  • Beide verdeel mense volgens volkegroepe
  • Beide wil nasionale politieke leierskap afskaal sodat volksleiers sterker uistaan
  • Beide voorsien uiteindelik ‘n nasionale staatsleier, maar hierdie moet bloot ‘n verteenwoordiger van die onderskeie volkegroepe wees

Ja, tannie Elsa sê baie meer keer “God” in haar stukkie as die VF, en ja, die VF lê wel klem op territoriale verdeling wat tannie Elsa nie doen nie, maar verder is die ooreenkomste vir my maar half shocking! Ek bedoel, het tannie Else nog nie Belhar gelees nie?

Maar goed, dat ek nou stop. Wat dink jy van hierdie twee beleide oor die toekoms van ons land? Dink jy dit is versoenbaar met wat daai wandering prophet, Jesus van Nasaret, geleer het 2000 jaar terug? Sien jy ooreenkomste? Sien jy verskille? Deel sommer jou thoughts, ek wil graag hoor.


ons Afrikaner private godsdiens (aka oom Adriaan part 2)

Junie 11, 2009

Ek het vertel van oom Adriaan se besoek aan Amahoro. Vir baie Afrikaners ‘n diep geestelike belewenis van versoening met ons eie geskiedenis, en vreemd genoeg hoor ons nou ook die stories van watse indruk dit maak op ander uit verskillende dele van Afrika, omdat die Afrikaners wat hulle ontmoet het bereid is om die donker dele van hulle eie geskiedenis eerlik oor te praat. Ek kon dit nog nie oor my hart kry om vir die vriende wat ek uit Kenia gemaak het te vertel van Ek sal nie langer jammer sê nie. Maar goed, dit net ‘n vinnige update voor ek kom by waaroor ek wil skryf. 

Oom Adriaan het sy bediende Sarafina saamgebring Amahoro toe. Hulle was saam op die stage gewees, en sy het ons vertel van die Vlok huisgesin. Die verhaal het vir my so verteenwoordigend van ons godsdiensbelewenis geklink. Twee vrae en hulle antwoorde illustreer dit:

Aan oom Adriaan Vlok is gevra: Toe jy opdragte gegee het dat plekke gebom moet word ens, het jy nooit gedink aan of dit reg of verkeerd is, waar God hier inpas, wat jou geloof hieroor te sê het nie?

Nee. Dit was ‘n eenvoudige nee, hy het nooit daaraan gedink nie.

Aan Sarafina is gevra: Het jy geweet van die goed waarmee oom Adriaan besig was? Was jy nie bang om vir hom te werk nie?

Nee, was die antwoord. Oom Adriaan hulle was goeie Christen mense. Hulle het mooi vir my gesorg, ek was soos ‘n kind in hulle huis. Hulle het selfs gesê ek moet saam met hulle aan tafel eet.

Dit is die storie van ons Afrikaner godsdiens. Ja, en van gelowiges reg oor die wêreld. Dat ons geloof ‘n tot die private sfeer geskuif het. Geloof het te doen gehad met die binne kant, dit wat tussen my en God gebeur, dalk dit wat in my huis gebeur, huisgodsdiens byvoorbeeld. Die publieke wêreld is beheer deur die magte van die ekonomie, politiek ens, dit was die magte wat mos “geweet” het hoe ‘n samelewing bestuur moet word.

Vir oom Adriaan het dit verander, maar vir ons Afrikaners het dit nie. Godsdiens gaan maar in ‘n groot mate maar oor die private, dit wat in die “binnekamer” gebeur, my geloof, so sê ons, is ‘n private saak. Die private geloof is egter ‘n geloof wat gebreek het met Jesus van Nasaret…


Adriaan Vlok “got his feet washed” @ Amahoro

Junie 9, 2009

Ek’s by Amahoro Africa. ‘n Netwerk van vriende en nog-nie-vriende wat saam kuier oor Afrika en die kerk aan die ander kant. Finominale lesings en gesprekke! Ek is ongelooflik impressed met die kwaliteit van Afrika-teoloë wat ons hier vind. Sal seker oor tyd meer daaroor blog…

vlok & callahanAdriaan Vlok het ons vandag besoek, en sy storie oor hoe hy voete gewas het vertel. Daardie storie het baie al gehoor, en baie van ons oor jokes gemaak al. Ek sal minder jokes daaroor maak na vandag, dit was ‘n powerfull verhaal. Maar wat veral uitgestaan het was toe Shaun Callahan, long-time kerkplanter hier van Jo’burg en stem in die emerging gesprek, wat deel van die paneel saam met Vlok was, begin vertel oor sy eie grens-ervaringe.

Hy was deel van Koevoet, as jy nie weet wie dit is nie, dan is jy waarskynlik post-PC gebore. Koevoet was die mees geweldadige been op die grens gewees, genadeloos. Shaun se sielkundige het hom egter aanbeveel om sy woede nie op ‘n sisteem te probeer uithaal nie, maar om ‘n naam te kry waaraan hy die woede kan koppel. Vir Shaun was hierdie persoon Adriaan Vlok. Hy het gevloek met die naam van Adriaan Vlok. Vandag het Shaun vir Vlok vergewe.

Dit was ‘n diep moment, en sê iets oor ons Afrikaner geskiedenis, oor ‘n regering wat sy jong manne grens toe gestuur het, baie van hulle heeltemal opgeskroef het, wat hulle glad nie voldoende, en baie keer bloot glad nie, ge-debrief het nie. Shaun was een van hierdie jong manne, en oom Adriaan in daardie regering. Shaun en oom Adriaan is simbool vir die versoening wat tussen ‘n Afrikaner generasie wat te jonk was om direk verantwoordelik te wees vir Apartheid, en die Apartheid sisteem, en hulle wat daar agter gesit het, in baie gevalle nog moet plaasvind.

Elkgeval, oom Adriaan het aangebied om ook Shaun se voete te was, en Shaun het gevra hy wil asseblief oom Adriaan se voete was, want ook hy het nodig om hierdie man op wie hy al sy haat uitgehaal het te vergewe.

Voete was mag dalk vir baie ‘n outdated ritueel wees, en hoef nie die ritueel te wees wat almal gebruik vir versoening nie. Maar vir hierdie mense is dit real, en die versoening wat hulle simboliseer is ongelooflik noodsaaklik in ons Afrikaner gemeenskappe!


jakaranda se reversed anglicization en anit-politics polemic

Junie 1, 2009

My dag om uit die kas te klim. Ek luister Jakaranda. Ek ken die Jakaranda 94.2 thingy wat hulle heeltyd ding, ek begin al van die omroepers se name te ken. Ek luister nou wel nie baie radio nie, net as ek in die kar is (so 2000km per maand, baie daarvan in die stad, so dis darem ‘n aansienlike aantal ure), maar as ek radio luister, dan is dit Jakaranda. Hoekom? Wel, ek dink ek mag dalk wat musiek aanbetref my tyd met so paar jaar gemis het, so ek like dit om ‘n stasie te luister wat “ou bekendes” speel, waar ek elke kort-kort bietjie Bon Jovi, Roxette, of watookal wat meer as 10 jaar oud is te hoor. Maar lately begin ek oorweeg om ‘n skuif te maak.

Aanvanklik het ek nie big issues gehad met die engelse Jakaranda omroepers wat nie Afrikaans kan praat nie, maar lately begin ek te wonder daaroor… hoekom doen hulle dit? Is dit net ek wat so gutt feel kry dat hulle speel met ‘n neo-Afrikaner nasionalisme en Afrikaanse taal herlewing, en deur op die emosies van hulle wat simpatiek tot hierdie bewegings is te speel verkoop hulle die stasie. Ek bedoel, as Afrikaners heeltyd sit en moan dat hulle taal van hulle weggevat word (wat absolute nonsens is), wat beter om jou stasie te verkoop as ‘n klomp rou engelse wat gebroke Afrikaans kom praat? Lekker reversed anglicization, of nie?

Ek is all for freedom of speech. Ek sal fight daarvoor dat ‘n meerderheid opinie nooit die stem van ‘n minderheid mag dooddruk bloot omdat hulle ‘n meerderheid is nie. Ek is heeltemal daarvoor dat verskillende opinies en ideologieë deel van ons publieke gesprek moet word wat soek na die toekoms van ons land en wêreld. Maar as freedom of speech beteken jy mag enige twak kwytraak, dan raak ek geïrriteerd. In die hele turbulent politiese tyd die laaste paar maande kan ek nie onthou dat Jarakanda my ooit gehelp het om sinvol te dink oor wat in die land aan die gbeur is nie, al wat hulle gedoen het is om die spot te dryf met al wat politikus is. Die ondertoon wat ek heeltyd hoor is dat alle politiek en politici simpel is.

Ek kan verkeerd wees, so help my as jy meer Jakaranda luister as ek, maar ek hoor die stemme van ‘n klomp ryk wit Suid Afrikaners, wat lightly rassisties is, en net heeltyd hulleself binne die safe-zone hou dat hulle nie vir diskrimenasie aangekla kan word nie, maar steeds deurlopend besig is om ‘n boodskap wat eenheid tussen arm en ryk, wit en swart afbreek, te verkondig. Maar dit is net my gutt feel.

O, en help my sommer ook met wat ‘n goeie alternatiewe radio stasie sal wees vir my om te luister? Een waat ek my musiek uit die 80’s en 90’s sal hoor, maar waar ek ook ‘n beter gesprek oor die wêreld rondom my sal hoor?


om te “glo soos ‘n kind”?

April 7, 2009

Hierdie frase het om een of ander manier (dalk is hier iemand wat weet hoe, waar en hoekom) deel van ons Afrikaanse taal geword. Dit is ‘n gunsteling antwoord van menigte Christene wat hulleself in die “ons lees die Bybel letterlik”-kategorie wil plaas. Meer spesifiek dink ek dit is ‘n gunsteling van menige Christene wat hullesels in die “ons glo, anders as ons ongelowige Christen-medegelowiges”-kategorie wil plaas.

Kom ek verduidelik net eers. Daar is baie wat die Bybel letterlik lees, so is hulle geleer, so doen hulle dit nou maar, as hulle iemand teekom wat anders met die Bybel omgaan, dan intrigue dit hulle, vra hulle ‘n paar vrae, pas hulle eie siening dalk bietjie aan, dalk nie, en neem kennis van die kerk wyer is as hulle eie verstaan. Maar dan is daar die paar wat glo dat hulle alleen die Bybel reg lees, en dat almal wat van hulle verskil met dwaalleer besig is en van die pad af is. Dit wil voorkom of hierdie kategorie Christene baie meer tyd daaraan spandeer om te verduidelik teen wie hulle is, as hoe hulle nou eintlik glo. Wanneer hulle die gunsteling frase “glo soos ‘n kind” gebruik, dan is dit by uitstek ‘n manier om aan te dui dat die ontvanger van die verbale aanval deel van die “uit-groep” is, dus nie deel van die groepie “ware gelowiges” nie. Waar hierdie sê-ding vandaan kom is vir my duister.

Een plek waar dit nie vandaankom nie is die Bybel. Jesus het hierdie woorde nooit gesê nie! Matteus 18:4 is waarskynlik die plek waar ons groot-gelowige vriende dit frase gaan haal het, dit lees min of meer iets soos volg: “Hy wat homself onbelangrik ag soos ‘n kindjie, hy is die belangrikste in die koninkryk van die hemel“.

Dit het niks te doen met nis vrae vra nie.

Dit het ook niks te doen met nuuskierig wees en juis vrae vra nie (soos party ander dit wou interpreteer nie).  

Dit het baie te doen daarmee om jouself nie belangriker as ander te ag nie. Dit het baie te doen daarmee om nie beheer oor ander te wil vat nie. Dit het veral baie te doen met die feit dat kinders glad nie belangrik was in die tyd van Jesus nie. As ‘n kind gebore word, en ‘n pa besluit dat hy hierdie kind nie wil hê nie, was dit sy burgerlike reg om die kind dood te maak. Dit het niks te doen met watter vrae jy vra of nie vra nie, niks met watter tradisie jy dink reg is nie, en niks te doen met watter metode van Bybel-interpretasie jy kies nie (behalwe vir die feit dat sekere lese van die Bybel regkry om hierdie heeltemal te verdraai).

Dit het alles te doen met ‘n manier van leef.

Dit het alles te make met hoe jy met ander mense omgaan.

Dit het alles te make met wie jy as minder belangrik sien. Want om soos ‘n kind te word, beteken daar is niemand wat minder belangrik is as jyself nie, daar is niemand oor wie jy mag baasspeel nie. Dit het alles te doen daarmee om van tyd tot tyd (en almal van ons moet dit maar doen) bietjie introspeksie te doen en ons eie arrogansie raak te sien.

As daar een frase is wat ons liefs moet verloor in ons Christelike woordeskat is dit “glo soos ‘n kind”, mag ons dit vervang met “word soos ‘n kind”, en dan verstaan wat daai kindjie wat Jesus nader geroep het gesimboliseer het…


entoesiaste en die kerk

Maart 21, 2009

Ek het iewers op die begrip “entoesiaste” afgekom: Dit verwys na sekere ouens in die vroeë kerk wat… hoe sal mens dit anders sê?… uiters entoesiasties oor die Christelike geloof was. Beste voorbeeld is Paulus se eerste brief aan die gemeente in Korintiërs. Ek weet nie veel oor die lot nie, maar soos ek verstaan het hulle uitermatig baie op ekstatiese geloofsbelewenisse en “bonatuurlike” verskynsels gefokus. Die Nuwe Testament beskou hulle nie noodwendig as soveel van ‘n aanwins nie, en as ‘n groep wat heeltyd “in check gehou moet word. Paulus herinner hulle baie mooi dat dit eintlik oor die “gewone” van die geloof gaan, die liefde. En Matteus dat dit oor die navolging van Christus (weereens die liefde, maar ook geregtigheid) gaan.

Kon dit anders in die vroeë kerk? Ek dink nie so nie. Ek dink dit is maar ‘n sosiologiese din, alhoewel ek dit nog nie lekker verstaan nie. Maar dat mense tot geloof kom en die geloof dan op hierdie “entoesiastiese” manier beleef. Met die komende uittog na Greytown waar die land se Magtige Manne gaan bymekaarkom is dit natuurlik weer ‘n vraagstuk hoe ons oor hierdie goed moet oordeel. Ek dink daar is nogals ooreenkomste met die entoesiaste van die vroeë kerk.

Die vroeë kerk het hulle natuurlik nie weggejaag nie, maar het wel gepraat van ‘n groei na iets meer, van melkkos na vastekos, van die eerste dinge wat ons geleer het aangaande Christus na iets meer. Ek wonder of ons hierdie groei na iets meer in Suid Afrika gaan sien, en of die geestelikheid wat ons rondom ons raaksien net gaan verdwyn iewers?


hoe praat ons oor die kerk aan die ander kant…

November 18, 2008

My een kollega kry elke Dinsdag oggend so klompie mense, meeste pensionarisse, by sy huis bymekaar. Hulle lees Nelus Niemandt se Nuwe Drome vir Nuwe Werklikhede, en gesels daaroor. Ek was al so paar keer daar, heel oulike bunch. As enige iemand wonder of “ouer mense” uit die boks kan dink, dan moet jy saam hierdie lot kom kuier.

Elkgeval, ek is ook besig om saam met Noordelike Sinode te gesels oor die moontlikhede daarvan om mense te stuur om bietjie explore-werk te doen oor hoe die kerk aan die ander kant kan lyk. Party noem dit Emerging Churches, party iets anders. Punt is, ek glo ons moet uiters vloeibare ruimtes begin skep waar mense wat bietjie anders begin dink oor die kerk, kerk met betekenis kan begin skep. Ek dink daar gaan iets kreatiefs uitkom, en ek dink do gaan ons gehelp word om te sien waarheen vorentoe met die kerk.

My kollega vertel die mense toe van die idees, en hulle sit met ‘n klompie vra (ons het ‘n paar bad afstigtings gehad in die verlede, so hulle sien rooi ligte), en ek word genooi om te kom antwoord. Wel, ek het al baie gesê dat dit nie so maklik is om werklike alternatiewe te verdedig nie. Bestaande idees het ‘n baie lang geskiedenis, en jare se formulering en verdediging agter hulle. Al wat ek het is ‘n gutt feel en ‘n klompie random boeke om my te help. En hulle vra moeilike vra!

Maar dit was ‘n great gesprek! Ek het baie vanuit die geskiedenis gewerk, hoe dinge ontwikkel het, hoe dinge hier en daar screwd-up ontwikkel het, hoe sekere kern-goed herdink moet word, en wat ek sien vir die toekoms. Van die tannies het na die tyd baie positief kom gesels, oor ekologie, teologie, en kerk hou onder bome. Ek love die mense regtig! Hulle gee my hoop vir die kerk, en maak dat ek partymaal sommer net wil dominee word en saam met hulle gesels oor God (ja, daar is natuurlik oorgenoeg wat maak dat ek partymaal net wil gaan ander werk soek ook).

Elkgeval, ek wonder nogals baie oor die goed. Wat gaan die unieke feel wees wat die Afrikaanse gemeenskap (nie Afrikaner nie, Afrikaans) aan die kerk aan die ander kant gaan gee? Wat gaan die unieke feel wees wat ons klomp gereformeerdes, wat ‘n lang, en ek dink nogals nie ‘n te bad nie, teologiese tradisie agter ons het, daaraan gaan gee? En op hierdie stadium vir my belangrik: Is daar actually Afrikaans sprekendes wat reg is om aktief alternatiewe te begin soek???


Afrikaanse blogs

Oktober 20, 2008

Die Afrikaanse blogosphere bly maar vir my ‘n vreemde verskynsel. Nie dat ek hierdie verskynsel baie goed ken nie. Volg so klompie Afrikaanse blogs (seker 10 of wat, dalk word dit meer noudat ek weer Afrikaans skryf). Maar dit lyk my altyd asof dit sulke hubs is wat almal na mekaar to link, sulke clusters vorm. ‘n Vriend van my sê dit lyk vir hom asof van hierdie clusters nie altyd weet van ander clusters nie. Elkgeval, van die Afrikaanse wat ek al iewers in my lewe gelees het:

Johan Swarts se ou blog, ek’t nooit vir sy nuwe een opgesign nie, dalk moet ek?

Annemarie, wat ek ken van my way-back dae in Piet Retief af (O, en net vir interessantheid, hierdie blog is lank uit Amsterdam uit ge-publish, net so klipgooi van Piet Retief waar ek grootgeword het, en daar is NIKS op daai plekkie nie!).

Attie Nel, dominee van Rustenburg. Sy blog is heel stil deesdae.

Sonkind op ‘n stadium bietjie gelees, so ook Dorings en Rose.

Een of ander Freddels ou blog by Kinekansel, nog altyd gewonder wie hy is, maar lees nogals wat hy skryf.

Dan was daar ‘n Boerinballingskap ou wat nogals vies vir my was oor comments wat ek op ek dink Pienk Zuit se blog gelos het toe ek die Afrikaanse lot meer gevolg het.

Daar was nog, maar deesdae lyk dit my die feeds wat ek voor opgesign het het opgedroog, of deelgeneem aan die skuiwe na eie domains toe. Dalk moet ek weer opsign vir Afrikaanse blogs, maar watter is die moeite werd? Lyk of baie maar net steeds online dagboeke hardloop, of random gedagtes neerskryf, interessant vir die wat ‘n verhouding met die blog en blogger al opgebou het, maar vir die random ou wat van buite af kom, en reeds ‘n magdom ander blogs volg… wel, dit maak half min sin.

Intussen sal ek maar aanhou soek na hoe die stem van die ander kant moet klink, maar vandag was hy stil, so toe skryf ek hierdie totally random post nadat ek die Afrikaanse dashboard gesien het.