here help ons, ons het ‘n ander god nodig

Julie 22, 2009

ek het my fasinasie met fokofpolisiekar al oor geskryf.

Johan Swarts skryf oor daai ou-ou lied, hemel op die platteland, wat soveel rep en roer onder godsdienstiges (myself inkluis) gemaak het met hulle woorde

Kan iemand dalk ‘n god bel
En vir hom se ons het hom nie meer
Nodig nie

Wat my meer fasineer is ‘n nuwer lied wat sê

geld is god
prys alles
prys hom
here help ons

Vasbeslote Korporasie (Deel 1) vanaf Swanesang. Swanesang se kritiek op die kapitalistiese en consumeristic sisteem waarin ons onsself bevind is redelik blatand. Hierdie system is ‘n gemors.

Hoor ek hulle reg? Waar die Van Coke van die begin kon sing oor ‘n god wat ons nie meer nodig het nie, verander die deuntjie bietjie later. In hierdie screwed-up system, waar geld god is, kan ons nie anders as om uit te roep “here help ons” nie.

Is daar geloof agter die uitroep? Nee, dit weet ek nie. Maar ontwikkeling kan hierdie here nie op die rak plaas nie. Hier het ons ‘n ander here nodig, want die god wat ons geskep het is besig om ons te verslind, vir daai here roep Van Coke ‘n paar jaar na hemel op die platteland… ek dink…


Ek praat by TGIF

Maart 16, 2009

 

Ek praat Vrydag oggend 6:30 by TGIF. Moet nog werk aan die aanbieding, maar die tema en info is klaar uitgestuur, so sal maar daarmee moet gaan:-) Hulle kom by Seattle Coffee Company in Brooklyn bymekaar. So kom maak ‘n draai as jy wil.

Inligting oor waaroor ek gaan praat:

The future of church and world?

 

The relationship church/world has aways been at the heart of the Judeo-Christian tradition but has become of particular concern in the past decades, and it would seem like a our understanding of this is being transformed in this time. As the realization grows that the the church, Christian theology and the Christian faith should be active in the world, the question of how this should happen is also growing.
Drawing from the recently emerging field of Public Theology and the work of eminent South African theologian David Bosch, Cobus van Wyngaard will attempt to point to some of the changes that is happening concerning the above, some of the challenges that need to be faced, and some thoughts on how this might look today and in the future.
Ek het al voorheen oor TGIF geblog in by hierdie posts:

 


waar’t die kerk die pad byster geraak (3)

Maart 10, 2009

My akademiese teologiese studies fokus op ‘n veld met die naam “publieke teologie”. ‘n Vreemde veld, sou baie sê, want is teologie dan nie supposed om inherent publiek te wees nie? ‘n Kort geskiedenis-lessie is in orde: Vanaf ongeveer 325 n.C tot iewers in die 20ste eeu wat die Christelike geloof in die weste die norm, en een of ander kerk staatskerk, partymaal amptelik, ander kere nie-amptelik. Ons noem hierdie tyd “Christendom”, waar die kerk in ‘n groot mate beheer gehad het oor hoe baie dinge in die wêreld in die Weste gewerk het.

Toe ons egter aan die ander kant uitkom, post-Christendom, kom ons skielik agter dat die kerk sy publieke stem verloor het! Ons weet nie hoe om oor publieke vraagstukke iets te sê as ons nie in een of ander bevoorregte posisie is nie. Maar die pre-Christendom kerk en teologie was inherent publiek gewees. Dit was deur en deur besig om te praat oor die issues van die dag, die politiek, ekonomie, sosiale vraagstukke. Jesus se prediking was publiek gewees.

Iewers in die tyd van Christendom het die kerk die pad byster geraak. Ons het ‘n private godsdiens geword. Dominees moes praat oor private sake, en vir wie ek stem of wat ek met my geld maak het niks met my mede-gelowiges uit te waai nie. Baie glo dis hoe dit hoort, ek dink die kerk het sy pad byster geraak, ons moet weer ons roots ontdek…


Boesak en die politiek

November 6, 2008

Sorry, was bietjie van die lug af vir ‘n paar dae a.g.v gebrekkige internet-konneksie. Lees noudiedag in Beeld iets van Boesak wat met die afstigters complain omdat hulle deel was van die ontwikkeling van ‘n ekonomiese sisteem wat armes armer gemaak het. Ek het nogals gewag dat iemand dit moet sê, ek dink dit al lankal.

Vreemd actually. Alhoewel baie mense positief was oor Mbeki (en dus per implikasie Manuel) se ekonomiese beleid, aangesien dit vir vinnige ekonomiese groei gesorg het, het ek bietjie ‘n ongemak daaroor gehad, omdat dit ook ‘n groei in ons gini-koeffisiënt gehad het (dit meet hoe groot deel van die land se geld in hoe klein deen van die land se populasie se hande is). Dit was die een ding wat ek gedink het Zuma met sy meer sosialistiese beleid dalk kan verander.

Maar vir Zuma like ek nie baie nie. Die manier hoe hy implisiet geweld goedkeur is vir my sleg. Lekota en Shilowa het om een of ander rede vir my, en baie ander, hoop gebring. Ek weet nie hoekom nie. Maar hulle gee hoop dat verandering moontlik is (nou klink ek soos Obama). Kom ons face-it, die DA was nou nie regtig besig om die land te verander nie, en ek kan nie sien dat hulle ooit gaan nie. Maar hierdie lot (is hulle nou al die SANC?, ek’s mos sonder internet, en dus sonder nuus), het my die idee gegee hulle kan.

Ek voel asof hulle misdaad en geweld dalk sterker sal kan aanspreek, hopelik ook korrupsie. Hoekom voel ek dit? Nee hel ek weet nie, dis ‘n gevoel! Maar gaan hulle vir groter ekonomiese gelykheid kan sorg? Dit weet ek nie. Dalk moet ek maar iewers bietjie hulle dokumente en goed deurlees.


as die ekonomie suck

Oktober 24, 2008

OK, so dis nou nie meer nuus nie. Die ekonomie suck nogals op hierdie stadium. Dinge is lekker deurmekaar. Nee, ek verstaan nie wat gaan aan nie. Ek weet nie wat maak die Rand-Dollar nou weer nie. Ek dink gewoonlik dat niemand weet nie. Amerika se ekonomie val, en dan verswak die Rand??? Iemand sê vir my die oor die politieke onrus?

Ek sien nogals baie eiendomsagente op die oomblik, soek ‘n huis. O, as jy dalk van een weet. Iewers in die ou Pretoria Oos rond (Lynnwood, of Universiteit se kant toe, daar rond). So 4 slaapkamers rond. En ek soek ‘n bargain. En een waarvan ek hou. Ek het een gehad, toe skroef die eiendomsagente ons rond of iets, verstaan nog nie lekker nie, klink vir my of iemand iewers vir ons gelieg het. Punt is, toe vat iemand anders hom. Elkgeval, as jy weet van iets laat weet my:-)

Ek sien nogals baie eiendomsagente op die oomblik, soek ‘n huis. En ek hoor by hulle ook. Dinge gaan rof. Mense kan nie huise koop nie, kry nie verkoop nie. Net die huur mark wat beweeg.

Wat my net interesseer in tye soos hierdie, is waar die armes heen gaan? Jy sien, as kos en brandstof pryse vinniger as inflasie groei (soos dit juis tans doen), dan is dit vir my sleg. Maar wat van iemand vir wie kos en taxi-geld 90% van sy uitgawes uitmaak? Hoeveel erger moet dit nie vir hulle wees nie? Dis vir my sleg hoe ons (ek ook) in ekonomies moeilike tye minder oor die armes worry as andersins, terwyl hulle eintlik dit nog rowwer het as gewoonlik!

Met die bailout-plan van Amerika toe die gemors begin het, het baie middel-klas en arm ouens maar vra gehad oor die storie. Jy sien, $700 biljoen wat in groot maatskappye ingaan raak hulle niks! Dit raak die ryk ouens die meeste. OK, ek’s nie ‘n ekonoom nie, so dalk verstaan ek nie mooi nie. Punt is: As die ekonomie ‘n gemors is moet ons meer aan die armes dink, nie minder nie!