Die kerk waarvan ek deel is hou van kamp. Ek weet nie waar dit vandaan kom nie, maar ons kamp baie. Al vir dekades lank, dalk vir ‘n eeu, ek’s nie seker nie. Ek is in ‘n groot mate ‘n produk van die NG Kerk se kampe. Veral skoolverwisselingskampe. Saam met baie dominees by wie ek in hindsight voel ek het hoofsaaklik geleer hoe om nie te kamp nie. Ek’s pas terug van ‘n skoolverwisselingskamp af, en ek dink ‘n paar mense daar voel ook dat ek hulle geleer het hoe om nie te kamp nie, meer as enigiets anders.
Dis dalk maar een van die tekens van ons tyd, dat ons nie eintlik ‘n clue het wat ons mee besig is nie, maar net iets wat ons laat dink dat daar hoop is vir iets anders, rumoars of a different world (nee, ek het nog nooit enigiets van Yancey gelees nie). So ons duiwel voort, een eksperiment na die ander, meestal onvergenoegd omdat ons net iewers diep binne ons weet ons het nog nie gearrive nie. En dalk is ons nog verkeerd oor daai wete ook.
Maar tog is ek nie kwaad vir die kampe waarop ek was nie (behalwe vir ‘n paar insidente hier en daar), inteendeel! Dit is die plekke wat my gevorm het om te word wie ek is, al moes ek meeste van wat hulle my geleer het afleer sodat ek God hier van die anderkant af kon ontdek. Die punt is dat kampe ‘n manier het om ons in mense vas te dwing. Dit is die tye waarop ek die minste agter rekenaar sit, en wanneer ek doen, dan is dit met ‘n real live persoon wat fisies naby my is op die oomblik ingedagte. Elke idee wat ek praat op ‘n kamp het te doen met regte egte mense, al involve die idee baie filosowe se name en ‘n klomp tegniese terminologie.
Kom ons kom nou maar uit daarmee. Ons kamp nie omdat die preke wonderlik is nie. Dit is regtig nie veel beter as Sondag oggend se preke nie, inteendeel, ek dink dit is worse. Ons kamp nie vir die kos nie. Al die ons kokke amazing bly dit maar net bloot moeilike om vir 100 mense lekker kos te maak as vir 5. Ons kamp nie regtig vir die games nie, die volleyball is bietjie average, en baie mense slaan regtig gereeld mis met die baseball. Ons kamp vir die mense. Ons kamp vir daai gap om net te kan vergeet van die wêreld en community met ander te beleef. Ons crave dit. Daarom kamp ons. Want die wêreld waarbinne ons leef het hierdie rou tyd saam met mense gaan clutter.
En daai spiritual highs… wel, dalk is dit maar net ‘n taste van die journey waarop ons sal gaan as ons regtig ons lewe focus daarop om in mense se lewens te belê, om net saam met mense te wees. Of dit moontlik is weet ek nie, dalk moet ons maar op ‘n eiland gaan sit net om iets van die realness van ander mense wees te ervaar.
Bygedra deur cobus
Bygedra deur cobus
Bygedra deur cobus 