kom ons kom uit die kas oor hoekom ons kamp

Julie 20, 2009

Die kerk waarvan ek deel is hou van kamp. Ek weet nie waar dit vandaan kom nie, maar ons kamp baie. Al vir dekades lank, dalk vir ‘n eeu, ek’s nie seker nie. Ek is in ‘n groot mate ‘n produk van die NG Kerk se kampe. Veral skoolverwisselingskampe. Saam met baie dominees by wie ek in hindsight voel ek het hoofsaaklik geleer hoe om nie te kamp nie. Ek’s pas terug van ‘n skoolverwisselingskamp af, en ek dink ‘n paar mense daar voel ook dat ek hulle geleer het hoe om nie te kamp nie, meer as enigiets anders.

Dis dalk maar een van die tekens van ons tyd, dat ons nie eintlik ‘n clue het wat ons mee besig is nie, maar net iets wat ons laat dink dat daar hoop is vir iets anders, rumoars of a different world (nee, ek het nog nooit enigiets van Yancey gelees nie). So ons duiwel voort, een eksperiment na die ander, meestal onvergenoegd omdat ons net iewers diep binne ons weet ons het nog nie gearrive nie. En dalk is ons nog verkeerd oor daai wete ook.

Maar tog is ek nie kwaad vir die kampe waarop ek was nie (behalwe vir ‘n paar insidente hier en daar), inteendeel! Dit is die plekke wat my gevorm het om te word wie ek is, al moes ek meeste van wat hulle my geleer het afleer sodat ek God hier van die anderkant af kon ontdek. Die punt is dat kampe ‘n manier het om ons in mense vas te dwing. Dit is die tye waarop ek die minste agter rekenaar sit, en wanneer ek doen, dan is dit met ‘n real live persoon wat fisies naby my is op die oomblik ingedagte. Elke idee wat ek praat op ‘n kamp het te doen met regte egte mense, al involve die idee baie filosowe se name en ‘n klomp tegniese terminologie.

Kom ons kom nou maar uit daarmee. Ons kamp nie omdat die preke wonderlik is nie. Dit is regtig nie veel beter as Sondag oggend se preke nie, inteendeel, ek dink dit is worse. Ons kamp nie vir die kos nie. Al die ons kokke amazing bly dit maar net bloot moeilike om vir 100 mense lekker kos te maak as vir 5. Ons kamp nie regtig vir die games nie, die volleyball is bietjie average, en baie mense slaan regtig gereeld mis met die baseball. Ons kamp vir die mense. Ons kamp vir daai gap om net te kan vergeet van die wêreld en community met ander te beleef. Ons crave dit. Daarom kamp ons. Want die wêreld waarbinne ons leef het hierdie rou tyd saam met mense gaan clutter.

En daai spiritual highs… wel, dalk is dit maar net ‘n taste van die journey waarop ons sal gaan as ons regtig ons lewe focus daarop om in mense se lewens te belê, om net saam met mense te wees. Of dit moontlik is weet ek nie, dalk moet ons maar op ‘n eiland gaan sit net om iets van die realness van ander mense wees te ervaar.


Paulus en Polisiekar

Julie 6, 2009

Twee mense/groepe wie se gedagtes ek moes leer waardeer: Paulus en Fokofpolisiekar.

As goeie Gereformeerde eerstejaar teologiestudent was Paulus die een Bybelskrywer wat vir my ‘n hero was. Sy argumente, sy teologie, die stories van sy lewe. Maar met tyd het die hero-worship so bietjie verminder. Dit was nie my dosente nie, die een wat die Paulus klasse aangebied het was uiteraard baie opgewonde oor vriend Paulus. Maar soos soveel ander wat ek nou al oor die jare leer ken het, het dit net vir my gevoel of my lees van Paulus nie so lekker opline met dit wat ek van Jesus gelees het in die evangelies nie. So ek het maar begin om bietjie minder Paulus te lees vir eers.

Ek was net so mooi aan die gang met die teologiese studies, nog ‘n eerstejaar wat te veel klasse gebank het, toe Fokofpolisiekar begin musiek maak het. Ek kan nie sê dit het regtig ‘n invloed op my lewe gehad nie. Tot ‘n goeie vriendin wat nie regtig ‘n kerk-mens was nie, sy het die kerk eers baie laat in haar lewe ontdek, my geleer het om hulle te luister. Van daar af luister ek hulle baie, ek luister hulle musiek om iets van die wêreld waarbinne ‘n jonger generasie, myself ingesluit, leef te verstaan. Hulle gee nie noodwendig vir my die antwoorde nie, maar hulle verwoord definitief die vrae! En realiteit is dat meeste van die kids by die kerk, ook die goeie kerk-kinders, hulle musiek ken.

Andries van Aarde se Fatherless in Galilee wat ek teen einde van 2007 gelees het, tesame met ‘n referaat oor een of ander verskriklike Griekse vertaling uit van Paulus se briewe uit wat ek gelewer so rukkie voor ek die boek gelees het, het my weer ‘n waardering vir ons vriend Paulus begin gee. Maar ek moet sê dit gaan my nog ‘n ruk vat om Paulus regtig weer te verstaan ek dink.

Paulus en Polisiekar het nogals lyk my ‘n soortgelyke kritiek op leiers:

20  Julle verdra dit as iemand julle soos slawe behandel, as iemand julle uitbuit, as iemand julle bedrieg, as iemand julle uit die hoogte behandel, as iemand julle in die gesig klap.
21  Laat my dan maar tot my skande erken dat ons vir sulke dinge te swak was! Nou praat ek soos ‘n dwaas: enigiets waarop iemand aanspraak maak om te roem, daarop kan ek ook roem.

Julle verdra dit as iemand julle soos slawe behandel, as iemand julle uitbuit, as iemand julle bedrieg, as iemand julle uit die hoogte behandel, as iemand julle in die gesig klap. Laat my dan maar tot my skande erken dat ons vir sulke dinge te swak was!

(2 Korintiërs 11:20-21, Paulus van Tarsus)

Ons kort ‘n leier, ‘n bedreër om ons op te sweep. Om vir ons rigting te kan gee.

(Die seksuele revolusie 1:36-1:50, Fokofpolisiekar van Suid Afrika)

2 Korintiërs 11-12 is van die mees sarkastiese dele in alles wat Paulus geskryf het, en hier drup dit letterlik van die sarkasme! Dis asof Paulus wil sê: “Dankie tog dat ons nie sulke goeie leiers was nie”, want die sterk leiers bedrieg mense bloot, lei hulle om die bos, kry reg om idees aan ander te verkoop wat nie waar is nie. En dit wil lyk asof mense dit dan nou juis soek, enige bedreër wat met ‘n sterk opinie en vinnige antwoorde sal kom rigting gee. Wat instaat is om mense te manipuleer om soos goeie skape almal in die regte rigting te loop. Ek raak baie bekommerd wanneer ek sien hoe onkrities die kerk inkoop op al wat ‘n leierskap-tegniek is. Dalk het ons ‘n Paulus nodig wat sal sê: “dankie tog dat ek te swak was om mense te manipuleer op die manier wat party predikante dit reggekry het”.

Nelus Niemandt, oor wie se idees ek noudiedag bietjie geblog het, skryf:

Ons het dalk minder van John Maxwell en meer van Henri Nouwen nodig.

Ek dink daar is min mense wat Paulus se idees oor leierskap wat ek in 2 Korintiërs 11 en 12 kry so goed verwoord het vir vandag as Henri Nouwen in The Wouned Healer, ons het ‘n tipe leierskap nodig wat weet hoe om oor swakheid te praat, en waaroor ons kritici nie sal sing dat leiers maar net ‘n ander vorm van bedreërs is nie.


@Niemandt – amen! stadig met die belydenis

Junie 29, 2009

Ek moet erken ek lees amper niks Beeld deesdae nie. Hulle “arme-wittes-wat-alewig-vermoor-word” eensydige beriggewing het my begin kry. Toe is ek Sowetan toe, maar hulle celebrity-skindernuus wat oor die afgelope weke net meer en meer geword het begin my te kry, so ek is daarvan ook af. Partymaal dink ek ek moet dalk bietjie meer Beeld lees, want ek hoor heeltyd die rumoars van ‘n godsdiens gesprek wat daar aan die gang is wat ‘n lewe van sy eie het. Maar Nelus Niemandt vra op Twitter vir gesprek n.a.v sy artikel in vandag se beeld, so ek het bietjie gaan lees.

Skuif die volgorde van Bely, Beleef, Behoort na Behoort, Beleef, Bely, skryf hy. Bely, Beleef, Behoort is die sisteem waarin hy grootgeword het. Ek dink dit is die sisteem waarin ek ook grootgeword het, alhoewel dit nooit eksplisiet gesê is nie. Ons het immers aanvaar dat jy bely, die moontlikheid dat jy nie saam bely nie is nooit eers oorweeg nie. So ook oor beleef. So ons het gepraat oor om te behoort aan hierdie kerk waarvan ons nou klaar deel is. Selfs voor ons amptelik belydenis afgelê het. Dat ons behoort deel maar heel vlak was het egter duidelik geword as enige van die vorige twee skielik gequestion word. Waag dit om te luister na daardie liberale teoloë, en ons sal dit duidelik maak dat jy nie meer behoort nie. Waag dit om bietjie rond te kuier by van daai crazy charismatics, of dalk die weird mystics, en ons maak dit baie duidelik dat jy nie meer behoort nie. Wanneer bely of beleef op die tafel gekom het, het dit altyd duidelik geword dat behoort nie eerste bestaan het nie, maar voorwaardelik tot die eerste twee was.

Nelus pleit al ‘n rukkie hiervoor, en ek waardeer dit. In sy boek Nuwe Drome, skryf hy byvoorbeeld:

As die ryk van God ‘n sokkerklub was, sou die klub oop wees om almal as lede te ontvang – kinders en grootmense, mans en vroue, beginners en ervare spelers, vurige ondersteuners en rustige bejaardes. Net mense wat sokker haat en alles wil doen om dit met boks te vervang, sal nie welkom wees nie.

Die vraag is egter, hoe lyk iemand wat sokker haat? Ek bedoel, ek kry netnou ‘n email van die Learning Community af, en op die voorblad is tans eerste Leonard Sweet en Frank Viola se Jesus Manifesto waaroor almal nou so begin rave, en so entjie onder dit goed oor Nelus se boek. As ek egter Sweet en Viola se manifesto lees, dan wil dit vir my lyk asof mense wat sokker haar hulle is wat nie saamstem met hulle ekstreme high Christology nie. As ek Sweet en Viola lees dan wil dit vir my klink of hulle die reëls klaar gemaak het, klaar besluit het wat jy moet bely, sodat jy kan behoort, en eintlik is daarbinne sommer opgesluit hoe jy moet beleef ook. Kyk en na daai bladsy dan lyk vir my my asof selfs al weet ons dat die sokkerklub teoreties oop is, is dit maar moeilik om mense lid te maak wat sokker se reëls anders verstaan as ek.

As ek Nelus reg hoor, en ek hoop ek doen, dat maak ons die klub eers oop, en dan bepaal die wat deel van die klub is saam oor tyd hoe ons bely, en partymaal op verskillende tye verskillend bely, hang af waar ons op hierdie geloofsreis is. Tony Jones het dit vir my die beste verduidelik toe hy geskryf het oor hoe die baseball community die baseball reëls oor tyd verander. Dit bly baseball, maar die reëls skuif. En wie bepaal die reëls?

Similarly, Christian orthodoxy is held in tension by you, me, the Pope and Benny Hinn — by all 2.2 billion of us. Plus, we’re also listening to the interpretations of those who’ve gone before us — the church fathers.

Dalk bly van die beste pogings om behoort eerste te plaas die van David Bosch. Gaan lees gerus bladsy 185-187 van Transforming Mission. Hy beskryf die kerk as ‘n “international hermeneutical community“, waar sokker beteken dat ons kies om oor die Bybel te praat, dit is ons oriëntasiepunt. En almal wat saam wil praat vanuit hierdie oriëntasiepunt is welkom. Sweet, Viola, Niemandt, Van Wyngaard, en wie ookal nog wil saamkom, hier behoort ons, en daarom dat ons saam kan bely oor tyd, nie andersom nie.

Ronald blog ook in reaksie op Nelus se artikel by Wurmblikkie.


ek en universiteitsoord en hulle alternatiewe diens

Mei 3, 2009

Die verkiesing is verby, so tyd om bietjie oor ander stuff te post. Wel, daar is nog baie dinge so in die nadraai van die verkiesing om oor te skryf, so dalk voel ek maar net tyd om bietjie iets anders te post.

Ek is vanaand NG Universiteitsoord toe. My vorige gemeente. 2003 was my eerste jaar, en ek was aanvanklik nie groot op Universiteitsoord nie. Kan nie mooi onthou hoekom nie, dink ek het nog te sterk vasgehou aan die jeug waarby ek was op Hoërskool. So ‘n gedeelte van 2003 het ek spandeer om bietjie rond te kyk na van die gemeentes rondom die Universiteit. Maar iewers die jaar het ek net besluit: Hierdie is my kerk. En my gewig daar begin ingooi.

Tot 2007 was ek daar betrokke gewees. In die laaste jaar wat ek daar was, veral die laaste 6 maande, het ek bykans nooit die kerkdiens bygewoon nie. Dalk was jy in Universiteitsoord, niks het verander nie. 1500 sitplekke, ‘n predikant wat daar van helshoogte af afkyk, van een verskriklike hoë preekstoel af, ‘n 4-manuaal orrel, met Wim Viljoen agter hom. 1500 studente, groot pret, groot buzz, goed geartikuleerde preke, goeie begeleiding… ek kon dit net nie meer vat nie.

Elke week het een van die wyke ‘n wyksdiens gehou, ek het die wyksdienste gaan bywoon. Een of ander ou agter ‘n kitaar wat musiek maak, gewoonlik nie ‘n band wat fyn ingeoefen is nie. ‘n Erediens waar daar die eerste tekens van ruimte vir interaksie was. Minder mense. In die saal. Daar het ek gaan stilword, en partymaal saam gesels. Daar het ek meer van kerk beleef.

Ek weet nie wat van die wyksdienste geword het in die laaste 18 maande vandat ek daar weg is nie, maar vroeër die jaar het ek gehoor hulle begin ‘n alternatiewe erediens. Eintlik het hulle van alternatiewe kerk gepraat, waarop ek redelik sterk kritiek gelewer het, maar vanaand het die dominee daar eerder van ‘n alternatiewe diens gepraat.

Dit was ‘n aangename verassing. Twee ouens met kitare wat rustig musiek maak. Tussen 10 en 15 mense wat saam sing (blykbaar was hierdie ‘n baie klein geleentheid, dis gewoonlik bietjie groter). Een van die rustigste vroue predikante wat ek nog ooit ontmoet het wat die verhaal van Thomas die twyfelaar van Johannes 20 lees. Ons uitnooi om ‘n stukkie papier te neem en by van die teksverse en vrae wat teen die mure opgeplak is te gaan stil staan. Vrae wat my nogals werklik weer laat raaksien het wie ek is. Toe sit ons weer, sy begin te gesels oor die karakters in die verhaal, ons gesels saam. Ek is ‘n buitestaander, maar ek deel ook my gedagtes: “ek dink Thomas was kwaad gewees”. Dit word deel van die woorde wat besig is om op ‘n groot stuk wit papier geskryf te word, dit word deel van die preek. As ek nie vanaand daar was nie, dan was daar iets missing gewees. Sy gesels nog, oor twyfel, oor wonder, oor God en verwondering, op ‘n manier wat my kritiese menswees laat kalm word. Toe staan ons op, staan in ‘n kring. Bid vir die girl wat in ‘n ongeluk was. Sing ‘n laaste lied. Die een ou met die kitaar spreek die seën uit. Onbekende seënwoorde… hy is nie eens die dominee nie. En toe ek uitloop besef ek… hulle het nie kollekte opgeneem nie.

Dit was vir my goed gewees. Dit was vir my ongelooflik goed gewees. Ek het baie vriende wat struggle met Universiteitsoord, en ek neem hulle nie kwalik nie. Maar vanaand het ek iets van kerkwees beleef. ‘n Ruimte waar ek mag vrae vra, waar ek mag struggle, waar ek mag twyfel.


Ek praat by TGIF

Maart 16, 2009

 

Ek praat Vrydag oggend 6:30 by TGIF. Moet nog werk aan die aanbieding, maar die tema en info is klaar uitgestuur, so sal maar daarmee moet gaan:-) Hulle kom by Seattle Coffee Company in Brooklyn bymekaar. So kom maak ‘n draai as jy wil.

Inligting oor waaroor ek gaan praat:

The future of church and world?

 

The relationship church/world has aways been at the heart of the Judeo-Christian tradition but has become of particular concern in the past decades, and it would seem like a our understanding of this is being transformed in this time. As the realization grows that the the church, Christian theology and the Christian faith should be active in the world, the question of how this should happen is also growing.
Drawing from the recently emerging field of Public Theology and the work of eminent South African theologian David Bosch, Cobus van Wyngaard will attempt to point to some of the changes that is happening concerning the above, some of the challenges that need to be faced, and some thoughts on how this might look today and in the future.
Ek het al voorheen oor TGIF geblog in by hierdie posts:

 


alternatiewe erediens???

Maart 13, 2009

Ek sien almal is besig om alternatiewe eredienste te begin. Vir my interessant. Ons het dit gedoen. Einde laas jaar besluit, en nou loop hy al vir so paar weke. Iets van die inhoud kan jy hier meer oor lees (en ek sal nou nog comments maak), en hier is die event vir Sondag.

Universiteitsoord het een begin, die event van die eerste geleentheid is hier. Iemand beskryf dit egter vir my maar as “‘n klompie studente wat net soos Doxa wil kerk hou”, ek hoop inniglik nie dit is waar nie, maar sal iewers bietjie by my ou gemeente gaan kuier as ek ‘n Sondag aand kan wegkom. 

Vryheid het een begin o.l.v my vriend Tiaan van Niekerk. Die group is hier.

Universiteitsoord noem dit “Alternatiewe kerk”… gevaarlike woorde vir ‘n gemeente gekies het vir ‘n klassieke erediensstyl in hulle mainstream erediens, ek bedoel, gaan hulle in daai erediens op ‘n Sondag aand werklik ‘n alternatief op kerk soos ons dit leer ken het bied?

Vryheid noem dit KRUISVUUR/MELO, en Tiaan sê dis ‘n geselsdiens. Hulle group hier.

Vryheid praat ook van ‘n alternatiewe erediens, dis vir my beter as Universiteitsoord se alternatiewe kerk. Dit kommunikeer vir my weer dat kerk daai ding is wat op Sondae gebeur, plus dat ons ‘n alternatief op kerk bied deur klein veranderings aan ons musiek en prediking styl maak (dalk is my bron verkeerd en is hulle skuif meer ingrypend).

Wat ek oor wonder is of die mense weet waar die alternatiewe erediens vandaan kom? Ek weet nie of ek weet nie, “alternative worship” is in die laaste 10 jaar bekend gemaak deur ouens soos Jonny Baker en ander van die Fresh Expressions beweging in die Anglikaanse kerk in Engeland. Dit is ‘n spesifieke approach tot die liturgie wat baie beweging en kreatiwiteit insluit. Universiteitsoord spesifiek lyk of hulle hierby wil aansluit deur van “alt.kerk” gebruik te maak, wat enigeen wat die alternative worship gesprek gevolg het sal erken as die tag wat gebruik is op blogs, alt.worship. Maar weet hulle dit? Sluit hulle hierby aan?

Ons het al gewonder of ons nie die naam moet verander na iets anders toe nie, omdat alternatief te sterk kontras op ons oggend eredienste kommunikeer, maar in hoe dinge gebeur… wel dis maar ‘n alternatief ek dink. Ek wonder of in ons Afrikaanse taal die gebruik van alternatief sal aansluit by die alternatiewe musiek (dus kies jy vir Koos en nie vir Bles nie) beweging van die 80’s?

Weet jy van nog mense in die Afrikaanse gemeenskap wat van alternatiewe eredienste praat? Hoe word dit aanmekaargesit?


waar’t die kerk die pad byster geraak (3)

Maart 10, 2009

My akademiese teologiese studies fokus op ‘n veld met die naam “publieke teologie”. ‘n Vreemde veld, sou baie sê, want is teologie dan nie supposed om inherent publiek te wees nie? ‘n Kort geskiedenis-lessie is in orde: Vanaf ongeveer 325 n.C tot iewers in die 20ste eeu wat die Christelike geloof in die weste die norm, en een of ander kerk staatskerk, partymaal amptelik, ander kere nie-amptelik. Ons noem hierdie tyd “Christendom”, waar die kerk in ‘n groot mate beheer gehad het oor hoe baie dinge in die wêreld in die Weste gewerk het.

Toe ons egter aan die ander kant uitkom, post-Christendom, kom ons skielik agter dat die kerk sy publieke stem verloor het! Ons weet nie hoe om oor publieke vraagstukke iets te sê as ons nie in een of ander bevoorregte posisie is nie. Maar die pre-Christendom kerk en teologie was inherent publiek gewees. Dit was deur en deur besig om te praat oor die issues van die dag, die politiek, ekonomie, sosiale vraagstukke. Jesus se prediking was publiek gewees.

Iewers in die tyd van Christendom het die kerk die pad byster geraak. Ons het ‘n private godsdiens geword. Dominees moes praat oor private sake, en vir wie ek stem of wat ek met my geld maak het niks met my mede-gelowiges uit te waai nie. Baie glo dis hoe dit hoort, ek dink die kerk het sy pad byster geraak, ons moet weer ons roots ontdek…


waar’t die kerk die pad byster geraak (2)?

Maart 5, 2009

So, as jy gedink het ek dink die kerk het die pad byster geraak net toe ons begin het om armes en siekes uit die sentrum uit te skuif (kyk vorige post), dan het jy dit mis. Daar is meer:

Waar het ons ‘n dominee’s kerk geword? ‘n Priester kerk? Daar’s daai fliek van die Rabbi en die Katolieke priester (wat se naam ek nie kan onthou nie) waar die Priester vir sy Rabbi vriend sê: “Catholics pay their priests to be the good catholics they can’t be”, en die Rabbi reply: “Jews pay their Rabbi’s to be the cosher Jews they can’t be”.

Ek sê nie daar mag nie leierskap in kerke wees nie, daar was nog atyd, en sal nog atyd wees. Maar dit moet weer geestelike leierskap raak! En ek blame beide die dominees en die “lidmate” daarvoor. ‘n Vriend van my noem dit ‘n ko-afhanklikheid. Dominees hou hulleself in ‘n posisie van mag (al kla hulle heeltyd oor lidmate wat nie genoeg initiatief neem nie) en lidmate hou hulle dominees in ‘n posisie van alleen-verantwoordelikheid (al kla hulle heetyd oor dominees wat alles wil beheer).

Hoe het ons hier gekom? Hoe het ons ons identiteit as ‘n gelyke gemeenskap verloor? Hoe het ons geestelike leiers beweeg van leiers wat mense geestelik moet bemagtig na leiers wat mense geestelik moet in toom hou?

Daar is darem ligpuntjies hierop, maar dit is baie diep in ons ingewortel…


katedraal of kommunitie

February 21, 2009

As jy Garsfontein van daar na die Ooste van Pretoria toe, en ‘n regs vang in De Villa Boa, dan kry jy op links die katedraal van die gnossies. Die hoofkwartier, soos Johan Rossouw dit beskryf. NG Moreleta. Ek onthou vroeër jare, toe NG Moreletta nog ‘n senior pastor gehad het, toe Dirkie van der Spuy nog Moreleta se voice was. Hulle het steeds een, maar mens hoor nie baie van haar nie. Nee, vandag hoor mens net van die Katedraal. Die R50,000,000 se gebou (of was dit so min), en ek hoor daar word steeds aangebou!

Maar wanneer ek hierdie paadjie ry dan is dit nie Moreleta toe nie. Oor hulle wil ek nie te veel sê nie, daar is genoeg daaroor gesê. Verder af in De Villa Boa, oor Wekker, iewers by ‘n volgende straat regs, dan links (ek het verdwaal oppad soontoe laas keer) kry jy ‘n winkelsentrum, agter die sentrum is daar ‘n stoorkamer. Daar is nie regtig parking nie, ons was so 15 mense  noudieaand daar, en die parking was maar min. Maar hier hou Pierre kerk vir ‘n klompie mense.

Third Place is die plek se naam, so algemene naam, vir so ‘n klein kerkie, dan ek nou nie eers kan link nie want ek kan nie die url ontdek nie, en google help nie. Hulle noem die stoorkamer “white space”, want dit is wat dit is. Dis net ‘n wit ruimte, wit mure en dak, met ‘n paar ou tuinstoele, maar eintlik moet jy jou eie bring, en koffie in die hoek. Geen naambord. ‘n Aircon wat water op jou mors voor jy by die deur kan ingaan. Hulle is ‘n community sal baie sê, maar Pierre verduidelik vir hulle dat dit ‘n kerk is, en dat ons daai woord moet gaan herontdek, opnuut gaan vul met betekenis, en nie weggooi en verruil vir woorde soos “kommunitie” nie.

Pierre vertel Woensdag dat mense partymaal vir hom sê hulle wil betrokke raak by Third Place – die droom van enige dominee, dat mense hulleself kom aanmeld! Maar, sê hy, daar is niks om by betrokke te raak nie! Ag, jy kan seker koffie ingooi as jy wil, maar daar is nie events of aktiwiteite of dinge wat gedoen moet word nie. As jy wil betrokke raak, leef dan die lewe wat anders is, sê hy…

Net die tyd sal leer of dit die katedraal of die kommunitie is wat die kerk van die toekoms gaan word, maar vir nou maak die katedraal my moedeloos, en die kommunitie gee my hoop…


hoe praat ons oor die kerk aan die ander kant…

November 18, 2008

My een kollega kry elke Dinsdag oggend so klompie mense, meeste pensionarisse, by sy huis bymekaar. Hulle lees Nelus Niemandt se Nuwe Drome vir Nuwe Werklikhede, en gesels daaroor. Ek was al so paar keer daar, heel oulike bunch. As enige iemand wonder of “ouer mense” uit die boks kan dink, dan moet jy saam hierdie lot kom kuier.

Elkgeval, ek is ook besig om saam met Noordelike Sinode te gesels oor die moontlikhede daarvan om mense te stuur om bietjie explore-werk te doen oor hoe die kerk aan die ander kant kan lyk. Party noem dit Emerging Churches, party iets anders. Punt is, ek glo ons moet uiters vloeibare ruimtes begin skep waar mense wat bietjie anders begin dink oor die kerk, kerk met betekenis kan begin skep. Ek dink daar gaan iets kreatiefs uitkom, en ek dink do gaan ons gehelp word om te sien waarheen vorentoe met die kerk.

My kollega vertel die mense toe van die idees, en hulle sit met ‘n klompie vra (ons het ‘n paar bad afstigtings gehad in die verlede, so hulle sien rooi ligte), en ek word genooi om te kom antwoord. Wel, ek het al baie gesê dat dit nie so maklik is om werklike alternatiewe te verdedig nie. Bestaande idees het ‘n baie lang geskiedenis, en jare se formulering en verdediging agter hulle. Al wat ek het is ‘n gutt feel en ‘n klompie random boeke om my te help. En hulle vra moeilike vra!

Maar dit was ‘n great gesprek! Ek het baie vanuit die geskiedenis gewerk, hoe dinge ontwikkel het, hoe dinge hier en daar screwd-up ontwikkel het, hoe sekere kern-goed herdink moet word, en wat ek sien vir die toekoms. Van die tannies het na die tyd baie positief kom gesels, oor ekologie, teologie, en kerk hou onder bome. Ek love die mense regtig! Hulle gee my hoop vir die kerk, en maak dat ek partymaal sommer net wil dominee word en saam met hulle gesels oor God (ja, daar is natuurlik oorgenoeg wat maak dat ek partymaal net wil gaan ander werk soek ook).

Elkgeval, ek wonder nogals baie oor die goed. Wat gaan die unieke feel wees wat die Afrikaanse gemeenskap (nie Afrikaner nie, Afrikaans) aan die kerk aan die ander kant gaan gee? Wat gaan die unieke feel wees wat ons klomp gereformeerdes, wat ‘n lang, en ek dink nogals nie ‘n te bad nie, teologiese tradisie agter ons het, daaraan gaan gee? En op hierdie stadium vir my belangrik: Is daar actually Afrikaans sprekendes wat reg is om aktief alternatiewe te begin soek???