‘n taai en warm toffie

Augustus 14, 2009

“Mackenzie.” Her voice now came as calm and wonderful as first he heard it. “I am only asking you to do something that you believe God does. He knows them so much deeper and clearer that you will ever know your own children. He loves each one according to his knowledge of the being of that son or daugther. You believe he will condemn most of to an eternity of torment, away from His presence and apart from His love. Is that not true?”

Dit is die woorde van Sophia, die gepersonifiseerde wysheid van die Ou Testament, in The Shack. Die woorde vat nogal raak wat ek dink die grootste probleem vir party met die hel is: Ons sukkel om in beide God en die hel te glo.

Scot McKnight het iewers Brian McLaren gequote:

How can a moral God send people to an eternity of punishment for a lifetime of sin?

Selfde storie. Dit is hierdie tipe van vrae wat agter baie van ons se ongemak met die hel lê. Dit help nogals as ons net ‘n tikkie eerlikheid het in hierdie gesprek ek dink.

  • Ek kan jou vertel dat die grootste deel van die Ou Testament geensins na die hemel en hel eers verwys nie, jy kan met my stry, maar ek het die tradisie aan my kant (Hand 23:6-9 – die Saduseërs verteenwoordig die antieke Jode).
  • Ek kan jou vertel dat die drie verdieping wêreldbeeld baie van die teologie ingekleur het, en dat ‘n direkte oorneem van konsepte na ons dag toe meer probleme as oplossings veroorsaak, en die oorspong van ateïsme is by vele.
  • Ek kan vir jou ‘n lang relaas afsteek oor die Griekse terme, hulle oorsprong, en ander moontlike verstane (of ek kan dalk eerder een van my vriende wat beter met die Griekse taal omgaan vra daarvoor).
  • Ek kan vir jou vertel dat ons idees oor die hel baie meer deur Danté se Purgetory gevorm is as deur die Bybel, maar dat gaan 10 teen een nie indruk maak nie.
  • Ek kan jou vertel dat die hel die laaste klompie jare moontlik meer prominent figureer in sekere kringe as wat dit nog ooit gedoen het in die geskiedenis van die kerk, maar dit sal net ‘n teorie wees.

Ons almal weet dat dit nie regtig polities korrek is om van die hel te hou nie. Maar kom ons face dit, ons almal ken mense baie op een of ander weird manier sekerheid vind in hulle refleksies oor die betekenis van die hel vir almal wat nie dieselfde as hulle glo nie. Somehow is die wêreld vol van mense wat werklik glo dat God se genade meer duidelik word as die default destination van alle mense die hel is, en hoe erger daai hel, hoe meer genadig kan hulle God uitbeeld.

Ek kan baie dinge vir jou sê. Uiteindelik is al my filosofiese en teologiese argumente oor die bestaan van die hel en wie daar gaan opeindig egter sekondêr, en moet ek eerlik wees: Primêr hou ek nie van die idee dat daar ‘n God is wat kom leer het dat ons ander mense oor en oor moet vergewe, maar wat self nie kan regkry om die grootste deel van mense te vergewe sodat hulle nie nodig het om te ween en te kners op hulle tande nie.


God se genade?

April 6, 2009

Ek dink baie keer dat Luther, Calvyn, of dalk spesifiek hulle fans, gans te suksesvol was. Deur die eeue het ons reggekry om die soli’s tot absolute belaglikheid te verhef. My eerste ervaring hiervan was op die ouderdom van 16/17, toe ek in my naïviteit met ‘n baie goeie vriend van my gesels het en vir hom gesê het dat ek dink iets in sy lewe sal moet verander. Goed geskool in Gereformeerde teologie, of so het beide van ons gedink, het hy my net vertel dat God hom sal vergewe daarvoor…

My universiteitsjare het my oor en oor by die punt gebring dat Jesus darem maar vrek baie gepraat het oor hoe ons moet leef vir iemand wat gekom het om ons net te vergewe as ons dit nie doen nie. Ek het begin sien hoe verkeerd die idee is dat die bergprediking (Matteus 5-7) net daar is om ons te laat sien hoe sondig ons is, sodat ons vergifnis meer kan waardeer. Meer en meer het ek besef: Jesus het gepreek oor ‘n manier van leef. Jy kan nie daarvan wegkom nie!

Elkgeval, dis nou sola gratia waaroor ons praat: Die “Gereformeerde beginsel” van alleen genade. Ek sien Zuma ken hom ook, en gebruik dit, nes my vriend van destyds, om homself teen Tutu en God te beskerm. Maak nie saak wat Zuma gedoen het nie, Tutu moet hom vergewe, en mag dus nie langer vir hom sê hy was verkeerd nie, want God het hom vergewe.

Dis asof ons hele enterprize van die laaste klomp eeue net twee vrae vir mense beantwoord het:

  1. Hoe kan ‘n goeie God mense hel toe stuur?
  2. Hoe kan ek myself in die hemel kry?

En die antwoorde? God kan nie, hy gee vir mense die hemel as ‘n geskenk, uit genade alleen. En jy kan jouself ook nie in die hemel kry nie, dit is ‘n geskenk, jy kan maar net glo. O, en om te glo is ook genade (en bitter vinnig eindig jy by uitverkiesing en ‘n hele kan wurms wat jy maar net moet glo en nie oor vrae moet vra nie).

Dalk is die vrae vir vandag bietjie anders:

  1. Het God enigsins belang by hierdie wêreld?
  2. Wat beteken dit vir my?

En die antwoord, en dis nie ‘n nuwe antwoord nie: Ja! Dis ‘n goue draad dwarsdeur die geskiedenis van die teologie, van die vroegste gedagtes oor Yahweh (die Joodse naam vir God), deur die prediking van Jesus, en deur die geskiedenis van die kerk. God het belang by hierdie wêreld. As dit niks beteken vir my nie, as dit nie verander hoe ek leef nie, dan is ek at odds met God.