ten minste sal die witmense Pretoria red

December 23, 2010

“(e)nterprise, order, leadership: these are the gifts to the developmentally, perhaps evolutionary, challenged. Part of the “white” role is to prevent the country from becoming increasingly “third world” Steyn, p88

Dis weer tyd om te trek vir my en my huismense. Ek dink ons begin so bietjie soos gypsies raak, want trek het nie meer net blote pragmatiese motiverings nie, so teen Oktober dan begin ons interne klok net vir ons sê dat dit tyd is om te trek, en eindig ons ons kontrak al weet ons nog nie waarheen nie. Maar teen hierdie tyd weet ons waarheen: Arkadia. In ‘n woonstel waar die polisie en ambulanse lawaai, waar mense nie almal karre het nie, maar party blink Audi’s ry, en waar ek nou al seker ‘n goeie 6 verskillende groepe mense raakgeloop het. Wit, swart, Afrikaans, Engels, Portugese, Indiërs, en die lysie gaan aan. Dis daar naby die 224.

Ek moet erken dat Telkom ‘n hoofpyn is elke keer wat ons so trek. Ons was nooit seker of hulle betyds gaan kom om ons nuwe ADSL lyn aan te skakel nie, en om ‘n week sonder internet te moet leef is nie regtig vir ons ‘n opsie wat ernstig oorweeg word nie. Hierdie jaar was anders. Diens was goed toe ek gaan navraag doen, beloftes was mooi, en hulle het daarby gehou. So vanoggend sit ek en die Telkom technician toe nou daar op die vloer terwyl hy my internet regkry (wat nou werk, so wanneer ek volgende week intrek is die internet reeds uitgesort). Gelukkig weet hy nie ek’s ‘n tipe van dominee nie, so ons praat lekker, en hy gee my ‘n kykie in sy wêreldbeeld.

Op ‘n punt loop ons dialoog min of meer soos volg (italics my woorde):

“Ek sit partymaal lyne in hierdie woonstel in. Daar is nogals ‘n klompie witmense wat weer hier intrek”.

“Ja, daar is nogals mense wat weer terug trek stad toe”.

“Ek sal dit nie doen nie. Dis seker nie te gevaarlik nie, maar te gevaarlik vir ‘n vrou”.

“Ag, ek weet nie. Mens moet die stad net ken. Daar is dele en tye wat gevaarlik is, en ander weer nie”.

“Dis waar ja, maar mens moet niks verder wes beweeg as hier nie, en ook niks Suid nie” – (Suid bring jou by Sunnyside uit)

“Daar is nogals nice dele in Sunnyside, dis nie so bad nie”.

“Ja, maar dis net omdat daar nog witmense oor is. Hulle hou dinge darem nog reg”.

Jonathan Jansen skryf oor die kennis wat aan kinders oorgedra word (spesifiek binne ‘n kerk konteks):

“it is a knowledge of a glorious past of struggle and achievement against all odds, a knowledge of a troubling present that still threatens families and faith, and an absent knowledge about the horrors of Apartheid”  Jansen, p73


Ek praat by TGIF

Maart 16, 2009

 

Ek praat Vrydag oggend 6:30 by TGIF. Moet nog werk aan die aanbieding, maar die tema en info is klaar uitgestuur, so sal maar daarmee moet gaan:-) Hulle kom by Seattle Coffee Company in Brooklyn bymekaar. So kom maak ‘n draai as jy wil.

Inligting oor waaroor ek gaan praat:

The future of church and world?

 

The relationship church/world has aways been at the heart of the Judeo-Christian tradition but has become of particular concern in the past decades, and it would seem like a our understanding of this is being transformed in this time. As the realization grows that the the church, Christian theology and the Christian faith should be active in the world, the question of how this should happen is also growing.
Drawing from the recently emerging field of Public Theology and the work of eminent South African theologian David Bosch, Cobus van Wyngaard will attempt to point to some of the changes that is happening concerning the above, some of the challenges that need to be faced, and some thoughts on how this might look today and in the future.
Ek het al voorheen oor TGIF geblog in by hierdie posts:

 


alt.diens@kameeldrif

February 3, 2009

Ons het hierdie jaar begin met ‘n alternatiewe erediens by die gemeente waar ek tans werk, NG Kameeldrif. Dit is ons jeugdiens, maar dit is ook ‘n diens waar ons ruimte maar vir ‘n “anderste” belewenis van God. Hier probeer ons om al ons sintuie te gebruik vir aanbidding, en ‘n informele “geselsruimte” te skep vir die preek. Ons het nog ‘n lang pad om te gaan, maar alreeds begin daar iets moois ontwikkel.

Ons het die diens gisteraand begin deur vir almal kans te gee om deur die saal te loop en te kyk na die verskillende stasies. Ek open die diens met die bid van die Onse Vader, dan die lees van die aand se teks, en daarna begin daar musiek speel en kan almal rondbeweeg. Gisteraand kon hulle gaan briewe skryf, skryf of verf op ‘n groot vel papier wat die aand se teks op gehad het, of stop by ‘n gebedstasie van kerse. Tussendeur kan hulle na die musiek luister, wat ook op een plek gelink was met ‘n prent, op ‘n ander plek met ‘n video, wat alles inpas by die preek wat kom, alhoewel die konnektasie nooit eksplisiet gemaak is nie. Maar elkgeval, hier is ‘n paar foto’s van ons erediens:

Skryf en luister, en sien en praat

Skryf en luister, en sien en praat

In die agtergrond is ‘n klomp mense besig om briewe te skryf, voor sit party en kyk na die video’s of images terwyl die musiek speel, op die regterkant verf en teken ander aan interpretasies van die teks.

Die gebedstasie

Die gebedstasie

Sommer net ‘n plek om stil te word, dalk die onse Vader te bid, dalk te bid wat in jou kop aan die gang is, of dalk dankie te sê.

Gebede by die gebedestasie

Gebede by die gebedestasie

Ons het die teks van die Onse Vader by die gebedstasie geplaas. Toe ek weer sien toe begin jongmense hulle eie gebede neer te skryf en daar by te sit!

Ons jeugvoorsitter, oom Kobus, wat verf langs die aand te teks

Ons jeugvoorsitter, oom Kobus, wat verf langs die aand te teks

By hierdie stasie verf en skryf ons eie interpretasies of gedagtes na aanleiding van die teks wat die aand gepreek gaan word.

Steve Hays het ook die erediens bygewoon en daaroor geblog, lees hier.


Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 1,567 other followers