die ander kant

anderkant Margate. Respek vir ‘n oorgang
Die jeugwerker in my wou sien wat Beeld toe nou te sê het oor Margate vanoggend. Maklik om te vind, gaan na www.beeld.com, en jy het vandag hierdie skerm gekry (screenshot). Afrikaanse lesers wil weet wat gebeur by Margate. Beeld verkope en besoeke aan hulle website sal opgaan as hulle vertel wat by Margate gebeur. Daai boodskap is duidelik.

Die materiaal gaan met massas waarskuwings gepaard”

“Ouers wat nié wil weet wat hul kinders op matriekvakansie aangevang het nie, moet eerder nié hierdie berig lees nie.”

“Hierdie video bevat taalgebruik en beelde wat mag aanstoor gee.”

Wat verkoop is nie tieners nie, wat verkoop is “skokkende” gedrag. Die “skokkende” gedrag is natuurlik nie so skokkend nie. Wel, die skokkende gedrag is vir die van ons wat lank genoeg stilgebly het om na jongmense te luister nie skokkend nie, want ons moes hierdie stories lankal hoor. Maar die gedrag is veral nie skokkend nie, omdat dit is wat volwassenes daagliks mee besig is – ons maak dit skokkend omdat hierdie mense 18 is.

Moet my nie verkeerd verstaan nie, die van ons wat jongmense deur een deel van hulle oorgang na volwassenheid (belydenisklas) begelei sit met ‘n vrees elke jaar as daardie selfde jongmense op matriekvakansie gaan. Nie in die eerste plek oor die eksperikante wat op die Beeld video uitgebeeld word nie, maar oor dit wat nie uitgebeeld word nie: die feit dat daar iewers ‘n ongeluk gaan wees waarin daar waarskynlik ‘n 18-jarige gaan doodgaan. Die feit dat morning-after en kondome ten spyt daar ‘n jong meisie voor die bitter moeilike besluit gaan staan of sy ‘n aborsie moet kry en of sy met die swangerskap moet deurgaan, en beide kante toe gaan met ‘n ongelooflike stuk trauma gepaard.

Maar wat is Beeld se video anders as om ‘n klomp jongmense op die voorblad te sit en te vertel dat “hulle mag nie doen wat ons doen nie”. Is hulle sonde dat hulle strippers kry vir hulle partytjie? Is hulle sonde dat hulle hulleself onkapabel drink? Natuurlik nie! Wat nuuswaardig is, is dat hulle 18 is. Dit is dat 18-jariges strippers betas. Daai sonde is genoeg om Beeld se website te cover.

Die Youth, Church and Culture Podcast met die titel “Rights of Passage” kyk na ‘n soortgelyke storie. Panama City in Amerika. In ‘n gesprek vroeër die jaar het ek en die navorsers (wat hier praat) bietjie oor die ooreenkomste met Margate gepraat, en alhoewel ek nie vinnige lyne tussen Amerika en Suid Afrika wil trek nie, vermoed ek daar is ‘n soortgelyke konteks vir die jongmense wat aan Margate deelneem (eintlik maar ‘n baie klein persentasie van matrieks) en die wat by Panama City bymekaarkom. Ek dink egter veral dat Micheal, Wendy en Todd met baie meer respek omgaan met hierdie oorgangsritueel as Nadine Theron (maar dan weer, hulle werk is nie om te skok of nuus te maak nie, maar om te verstaan en te begelei).

Hier stop ek vir vandag. Ek gaan nie probeer verduidelik nie. Ek hoop maar net dat Margate meer kan word as ‘n moment wat ons gebruik om te vertel hoe skokkend “die jeug van vandag is”, en eerder ‘n plek waar ons respekvol kan luister na hoe jongmense probeer sin maak van ‘n oorgang in hulle lewens. ‘n Poging om self sin te maak van ‘n oorgang, binne ‘n konteks van ‘n wêreld wat vir hulle gesê het “figure self uit”.

So, wie is die jeug-navorsers wat volgende jaar op Margate gaan sit?

Los die Bybel en praat met die gays
Tot ‘n groot mate was ek ‘n unlikely kandidaat om my mond groot oop te maak oor die onderdrukking van mense op grond van seksualiteit. Vir die eerste 18 jaar van my lewe vermoed ek het ek nooit regtig daaroor gedink nie. As jy my sou vra of of homoseksualiteit sonde is, sou ek sonder twyfel gesê het “ja”, maar niemand het my gevra nie, en ek het nie nodig gehad om daaroor te dink nie. Ek het nie die 7 bybelversies op ‘n ry afgeken wat daaroor sou praat nie (ek sou moontlik nie een hier uit my geheue kon haal nie, en in alle eerlikheid, as ek dit nou moet doen sal ek dit maar moet google, ek weet steeds nie waar almal is nie), dit was bloot ‘n non-issue.

Diep in my matriek-jaar in, ek was al oppad om te gaan teologie swot, het ‘n baie goeie vriend aangedui dat hy graag met my sal wil praat. Hy het iemand nodig gehad om aan te vertel dat hy met homoseksualiteit worstel (ek gebruik sy woorde), maar dat hy tot die oortuiging gekom het dit is verkeerd, en dat hy sy lewe wil verander. Laaste keer wat ons gepraat het was hy baie gelukkig met sy keuse, in ‘n heteroseksuele verhouding sover ek onthou, en het die lewe vir hom aangegaan.

‘n Jaar later was ek ‘n jong teologie student. Oor die algemeen redelik konserwatief. Een van my beste vriende is aangeraai dat hy moet begin praat oor die feit dat hy homoseksueel is, en ek en hy het begin praat. Hy het nie gevra hoe ek hierdie of daardie teks interpreteer nie, hy het nie gevra wat my siening is nie, hy het bloot gevra of ons vriendskap van so aard is dat ons mekaar vertrou. Ons het laat aande gepraat. Ek onthou hoe hy my toestemming gegee het om enigiets te vra, en ek het. Stukkie vir stukkie moes ek besef dat hierdie mens wat hier langs my sit nie inpas by die prentjies van gays wat vir my geteken is nie. Een dag het ek hom gevra oor Romeine 1. Sy antwoord wat dat hy nog nooit wanneer hy daardie teks gelees het verstaan het dat dit praat oor hom nie, vir hom het homoseksualiteit immers niks met onnatuurlikheid of seksuele verhoudinge wat nie binne ‘n vertrouensverhouding geskied nie te make nie. Laaste keer wat ek gehoor het was hy gelukkig in ‘n homoseksuele verhouding.

Daar was nog stories, en deurlopend kom daar nog stories. In verhoudinge is ek gevorm en word ek steeds gevorm.

Ek het nog nooit die 7 tekste in detail bestudeer nie. Ek het gesien hoe ons dit as ‘n tipe litmus toets gebruik om te kyk of jy in of uit is (na alle kante van die teologiese spektrum toe), maar dit het vir my maar half vreemd gevoel. Ek het nog nooit iemand ontmoet wat die Bybel slaafs navolg rondom seksualiteit nie. Iewers, of dit nou by Levitikus of Paulus is (ek bedoel come-on, wie van ons dink regtig dit sou beter gewees het as ons almal liewers selibaat geleef het?) besef almal van ons dat die Bybel in ‘n ander tyd geskryf is, en dat dinge anders werk. Ons forseer nie ‘n vrou wat deur ‘n man verkrag is om met hom te trou nie. Ons gebruik klippe om huise te bou, eerder as om mense daarmee te gooi. So waarom moet homoseksualiteit anders wees?

Dalk was die Bybel vir my belangriker as wat ek ooit sal besef. Party van my minder godsdienstige vriende in die koshuis het my diep verhouding met my gay vriend maar vreemd aangekyk. Maar ek kon nie anders as om om te gee nie. Nie omdat ek oortuig was dat homoseksuele verhoudinge Bybels aanvaarbaar was nie (ek was op daai stadium nie), maar omdat dit ‘n regte mens was. En jy sien, as vroom Christen (vir die wat wonder, daar was so ‘n stadium) is ek geleer mens gee om vir ander. Jy probeer om vir ander respek te hê. En die waarheid is dat ek ‘n paar keer gesien het hoe vroom konserwatiewe Christene met meer respek omgaan met gays as party van die wishy washy liberals wat vertel dat jy maar kan spyker wie jy wil (om Steve Hofmeyr se woorde te gebruik) maar nog nooit die moeite gedoen het om by iemand te gaan sit en hulle storie te luister nie.

Hoe ons die Bybel lees is belangrik, en ek het waardering vir die Bybelwetenskaplikes wat fyn die tekste bestudeer. Maar hierdie debat gaan nie oor die Bybel nie, en hoe vinniger ons dit besef hoe beter. Dit gaan oor mense. As jy die Bybel in die prentjie wil inbring, dan wil ek aanbeveel dat jy dit saam lees. In die NG Kerk het daar op verskeie plekke ‘n gewoonte begin ontstaan om saam die Bybelteks te lees, ‘n gewoonte wat ons by die Algemene Sinode sterk gesien werk het. Die gewoonte dryf my partymaal die mure uit, maar in hierdie geval dink ek moet ons daar begin. Kom ons begin deur Johannes 4 te lees in gemeenskappe waar mense wie se seksualiteit nie dieselfde is nie saam luister. Ons kan nie een dag langer hieroor debat voer sonder om saam met die gay community op reis te gaan nie. Dit is immers hoe ons in die kerk van Jesus Christus moet werk. En dalk sal hierdie reis, om saam met mense wat vir baie van ons partymaal vreemd voel (ja, ook vir baie van ons wat hard sal baklei dat daar ruimte gemaak moet word vir gays, ook ons het nog ‘n lang pad om te stap met ons eie homofobie) meer vir die kerk beteken as die om die regte besluit op papier te neem.

(eintlik dink ek daar is ‘n stap wat hierdie een vooafgaan, maar kom ek stop vir eers hier)

Was #blacktuesday dalk te maklik?
‘n Groot deel van my dag is in ongemak spandeer. Ek vermoed ek skryf dalk nou meer vir myself as iets anders, maar hier is wat in my ongemaklike gedagtes omgaan.

Eerstens is ek ongemaklik met ‘n samelewing wat te maklik in twee groepe opgedeel kan word. As ‘n regering oor ‘n stuk wetgewing stem, en vir alle praktiese doeleindes is die uiteinde dat alle ANC MP’s een ding stem, en alle opposisie MP’s iets anders stem, dan gaan daar rooi ligte aan! Dis immers ‘n illusie dat MP’s se eie opinie 100% met hul party s’n ooreenstem, en in ‘n gesonde debat sal daar altyd momente wees waar individue na alle kante toe verskil van die dominante idee in hul party. As sulke verskille toegesmeer word vir ‘n eenvoudige argument waar partye teenoor mekaar staan, dan moet ons besef ons het nie meer met ‘n intellektuele debat te doen nie. Maar vandag was dit nie net die regering wat in twee gedeel was nie. Die publiek het gedeel in die ANC anti-ANC verdeling, met geen grys gebied nie. Vandag moet jy standpunt inneem. Vandag is #blacktuesday. Dit is judgement day. ‘n IOL News tweet vat dit saam: “Are you For or Against the #POIB? Tweet only “Yes” or “No” #IOLpoll“. Geen “abstain (soos in die parliment) nie, geen “ek weet nie”, geen “ek stem grotendeels saam, maar het ‘n probleem met sekere punte”, geen “dankie dat 1982 se wetgewing uiteindelik aangespreek word, maar ons kan beter doen as wat op die tafel is”. Vandag was dit “ja” of “nee”, en enigeen wat nie duidelik en volledig “nee” gesê het nie, is onder verdenking.

Maar ek is ook ongemaklik met die Protection of Information Bill. Pierre de Vos verduidelik van die probleme daarmee. Maar daar is vir my meer daaraan. Die hele idee dat lande geheime het ter wille van “nasionale sekuriteit” pla my. Die stand van “nasionale sekuriteit” in Amerika is maar net die mees algemene voorbeeld. Die idee is gebou op ‘n wêreld waarin lande en hul regerings absolute gesag het, en waar die omgang met mekaar wesenlik geweldadig is. Die model sal altyd sy slagoffers hê, en moet in geheel ondergrawe word. Die beste alternatief blyk vir my te wees dat inligting (alle inligting) ge-open-source word.

Maar ek is ook ongemaklik daarmee dat die middel-klas publiek die vergrootglas vandag alleen op die regering (en per implikasie op die ANC) geplaas het. Alhoewel party dalk met een of ander ideaal werk dat die plaaslike nasie ‘n tipe absolute sowereiniteit het, is dit ‘n illusie. Daar is ekonomiese magte wat vandag in my nederige opinie meer die septer swaai as ‘n regering. Ek vermoed meeste van ons ongemak met die betroubaarheid van hoë profiel politieke leiers (beide in Suid Afrika, asook in ander lande) tot ‘n groot mate daarmee gepaard gaan dat dit wil voorkom of hulle optrede eintlik maar ekonomiese magte dien, eerder as die politiek wat die burgers van ‘n bepaalde land moet ondersteun. Ek dink dit is ook hoekom ons bang is vir hierdie POIB, want die vrees bestaan dat politieke leiers hulle persoonlike belange in ‘n ekonomiese sisteem nog verder sal versteek. In kort: ek dink die kritiek op die wetgewing is te min, ons het vandag ‘n stem nodig wat eis dat rolspelers in die ekonomiese magspel nie langer inligting mag versteek nie. Ons het nodig om te weet wie waar belange het en hoe groot die belange is, daar lê moontlik ernstiger struikelblokke vir ‘n oop en vrye samelewing as in die kantore van regeringsamptenare (tot ‘n groot mate soek ons vandag ‘n regering wat instaat is om die nog groter magte ter wille van die land se burgers in toom te kan hou).

Die publieke reaksie, waarvan die media onlosmaaklik deel was het my ongemaklik gelaat. Uitsprake soos dat hierdie die “einde van demokrasie” is, of dat dit “dieselfde as apartheid” is, is uiters problematies. Alhoewel die vryheid van die media nie die alfa en die omega is nie (die media praat immers ook maar hoofsaaklik vir ‘n middel-klas groep, en selfs al voel die media hulle is vry om te sê wat hulle wil, kan die meerderheid se stemme steeds doodgedruk word), vaar Suid Afrika relatief goed in terme van media vryheid (en ons moet werk om dit nog beter te laat gaan). Soos reeds genoem, ek dink nie vandag se besluit is ‘n positiewe skuif nie, maar die keuse om die vergrootglad hierop te plaas as ‘n tipe nekslag vir demokrasie in Suid Afrika los my baie ongemaklik. Die skokkend hoë werkloosheid syfer onder jongmense, en die massas armes wat nie kan “saamspeel” binne die reëls van hoe ‘n moderne samelewing werk nie, is ‘n veel ernstiger probleem! Ek wil nie ontken dat ons nie elke dag aan die ernstigste vrae kan aandag gee nie, en dat daar dae kom wat ons ook aan die fyner detail moet aandag gee nie, maar ons mag nooit toegelaat word om ons eie agenda onkrities te aanvaar nie. Die grootste gevaar is natuurlik dat ons swart dra vandag ons ‘n valse gerusstelling gegee het dat ons besig is om te veg vir demokrasie, terwyl ons more voortgaan met wat Zizek noem die “catastrophic consequences of the smooth functioning of our economic and political systems” juis omdat ons gewete gesus is dat ons vandag ons deel gedoen het vir vryheid. Ons moet vir ‘n oomblik stop en raaksien dat die vraag hoekom die POIB so hoog op ons agenda is en ander sake so laag belangriker is as ons “ja” of “nee” vandag (sonder om ons stem vandag totaal te relativeer).

Die media het my ongemaklik gelaat. Die media laat my gereeld ongemaklik. Ek dink nie ons koerante doen buitensporig sleg nie. Die Afrikaanse koerante stel my wel nogals gereeld teleur, maar dalk is dit maar net omdat dit “myse mense” is jy weet. Wat my ongemaklik laat met die media (en vandag weer gepla het) is die indruk wat geskep word dat die media ‘n tipe “objektiewe stem van die mense” is. Wat te min gehoor word is dat die media erken dat dieselfde magte wat selfs hoë profiel politici met tye na marionette laat lyk, ook in spel is in die joernalistiek. Die vraag is ook maar “wat verkoop”, en die stemme wat verkope laat val word uitgesny, die stories wat verkope laat styg word ingesit. Ons het nodig dat beide regering en media (en ook akademie en kerk) eerlik raak oor die feit dat ons in die moeilikheid is, omdat ons almal in rigtings gedruk word deur magte wat sekere stemme stilmaak, en die agenda verdraai om sekeres te bevoorbeeld. Om die regering as die vark in die verhaal te skets en onsself op die morele hoë grond te plaas is ‘n oorvereenvoudiging wat ons op die lang termyn duur gaan kos.

En laastens (vir die oomblik) het my eie kerk my ongemaklik gelaat. Want wat het ons as kerk nou eintlik gesê wat anders is as die breë populêre middel-klas diskoers wat vandag afgespeel het? Ons het nie eens gepoog om dit in kerklike taal te omskryf nie (wat ek baie waardeer het), maar het meer belangrik die persepsie gelaat dat die konstitutionele demokrasie ons “hoogste goed” is, en onsself verbind om ‘n spesifieke politieke vorm te verdedig. Alhoewel ek dink die kerk in sekere tye ‘n stem moet wees wat ‘n “beter” politieke bedeling te ondersteun (om byvoorbeeld te pleit vir ‘n demokrasie i.p.v ‘n Nasionalistiese regering), en met ander tye haar stem kan byvoeg om te sê dat ‘n sekere rigting beter as ‘n ander is, is daar ‘n stuk geweld aan die verbintenis tot die verdediging van ‘n konstitusionele demokrasie wat nie by die kerk hoort nie. Ek is bly dat my eie kerk binne die konteks van wit afro-pessimisme probeer om mense positief te stem oor ons land, maar ek dink die kerk het ‘n ander tipe kritiese stem nodig as om bloot soos die FW de Klerk stigting onsself te verbind tot die beskerming van ‘n vorm van regering wat op ‘n spesifieke moment in ons geskiedenis seëvier het. As kerk kan ons so ‘n politieke beleid slegs voorlopig ondersteun solank as wat ons oortuig is dat dit bydra tot geregtigheid. Dalk is dit wat ons bedoel, dat ons oortuig ‘n dat ‘n konstitusionele demokrasie (eerder as een van die ander vorme van demokrasie) “God se wil” is, maar ek word ongemaklik gelaat, en wonder of ons nie maar bloot hierdeur dieselfde politieke stemme wat ons nog altyd ondersteun het net verder ondersteun nie… maar dit is ‘n gesprek wat ons hier onder mekaar ernstig sal moet voer.

Ek voel nou beter. Die skryf was vir my goed. So kom ek sê wat ek dink nou kan gebeur.

Ek dink dis sleg dat daar vandag “ja” gestem is vir die POIB. Ek dink egter ‘n “nee” stem sou bloot ‘n troosprys gewees het, want dan sou ons maar net teruggeval het op ouer wetgewing wat ook nog te veel beskerming vir hulle wat reeds in posisies van mag is gee. Ons moet wegkom van ons 1982 wetgewing lyk dit my (ten spyte van die pogings wat al gemaak is om dit te verbeter). Ons gesprek moet dus eerder val op die proses waarin daar oor wetgewing gekonsulteer word (IDASA se versoek gister), en om vir konkrete voorstelle rondom spesifieke veranderinge te argumenteer (byvoorbeeld die Nelson Mandela Centre of Memory se voorstelle). Dit gaan ons nie by ‘n ideale samelewing uitbring nie. Dis waarskynlik onmoontlik vir Suid Afrika om in die konteks van ander lande se wetgewing wette te maak wat ‘n radikaal oop samelewing in die korttermyn sal help vorm (alhoewel dit nogals nice sou gewees het). Die toets vir die publieke stemme wat vandag geveg het vir vryheid, is of hulle more gaan voortgaan om ‘n konstruktiewe bydra te maak, en of #blacktuesday maar net gegaan het daaroor om vingers na die regering te wys. As die kerk praat, dan beteken dit ons herinner dat die toets van ‘n konstruktiewe bydra lê in die lewens van die armstes, gemarginaliseerdes en uitgeworpenes in die samelewing, nie bloot in liberale waardes soos “media vryheid” ter wille van media vryheid nie. As ons as kerk praat, dan weet ons ook dat ons voorstelle vir beter wetgewing voorlopig is, en binnekort weer bevraagteken moet word, want hierdie is nie die Koninkryk nie.

In hierdie kerk mag jy twyfel… maar hou net by die reëls
Dit het half populêr geword om deesdae positief te praat oor twyfel. Ek dink dis ‘n goeie ding. Ek dink dis gevaarlik.

Daar word stories vertel van ‘n kerk, lank lank gelede, waarin geen vrae toegelaat is nie, waar onsekerheid veroordeel is. Ek dink ek het so stukkie van daai kerk nog gevang, maar jou doodsteek vandag is om met daardie kerk identifiseer te word. Vandag soek ons kerke wat omgee, kerke wat jou verwelkom as jy ‘n twyfelaar is.

En nee, dit is nie net die Anglikane en die “liberale” Gereformeerdes nie, dit is die normale posisie van ‘n kerk wat wil “blybly met die tye”. Daar is ‘n band, ‘n projektor, en ‘n dominee wat vir jou vertel “dit is goed om vrae te vra”. En hierin dink ek is die gevaar.

Een teken (alhoewel nie die een wat my werklik pla nie) is wanneer ons “twyfel” en “ongeloof” te vinnig teenoor mekaar plaas. Alhoewel ek dink dit is ‘n sinvolle onderskeid, is dit ‘n gevaarlike onderskeid. Die waarheid is dat vir party wat twyfel, is ongeloof die beste woord om hulle twyfel te beskryf. Hulle is nie bloot besig om vrae te vra oor hierdie of daardie dogmatiese idee nie, of om te worstel deur die dood van ‘n geliefde nie. Wanneer hulle sal waag om eerlik te wees, dan moet hulle sê: “ek dink nie daar is ‘n God nie”, “ek dink God is goed nie”, “die Bybel is vir my ‘n struikelblok”. Hulle is ongelowig… maar partymaal kies hulle om in gesprek met die kerk, met die kerklike tradisie, en met God ongelowig te wees.

‘n Meer algemene vorm hiervan is wanneer ons sê: “natuurlik mag jy twyfel, solank jy net die Bybel as die Woord van God erken” (of een of ander saak wat na die “solank” moet kom). Dis asof die kerk dan sê: “jy mag twyfel, maar twyfel net binne die reëls wat ons vir jou sal maak”. Of dalk is nader aan die waarheid dat die kerk sê: “jy moet twyfel, maar hier is jou jy moet twyfel”.

Wanneer ‘n ma ‘n kind verloor omdat iemand teen 180km/h gejaag het en ‘n ongeluk gemaak het, en by die begrafnis opstaan en vertel hoe seker sy is dat God se goeie hand hierin sigbaar is, dan beskou ons die kerk waar sy opgehemel word as ‘n geloofsreus as siek, so gemeenskap is bykans patologies. Twyfel is goed. Mens moet twyfel. Die lysie van waaroor jy moet twyfel verskil net van gemeenskap tot gemeenskap.

Maar twyfel is wesenlik om die reëls van die gemeenskap te breek. Om te wonder of die gemeenskap op die regte pad is, maar om dit te doen terwyl jy op een of ander manier nog deel van die gemeenskap is (anders is jy nie ‘n twyfelaar nie, maar ‘n apologeet vir ‘n ander gemeenskap). Die toets vir ‘n gemeenskap se ruimte vir twyfel is nie of jy een van die vrae op die lys van “gewonde twyfel” vrae mag vra nie, maar wat hulle maak wanneer jou worsteling jou na “gevaarlike terrein” neem.

Dit bring ons dalk by ‘n derde probleem met die twyfel taal. Wanneer ons ruimte laat vir twyfel, maar vooraf bepaal waarheen die reis van twyfel jou moet neem, dan wonder ek oor hierdie veilige ruimte. Wanneer een of ander geestelike leier jou aanmoedig om hierdie of daardie kontroversiële boek te lees, maar vooraf bepaal wat die oplossing vir vrae wat genoemde boek op die tafel sit moet wees, dan is dit nie werklik ruimte vir twyfel nie, maar ‘n poging om die eie posisie te versterk.

Ek raak opgewonde wanneer ek hoor dat selfs in kerke wat binne die teologiese sprektrum as uiters fundamenteel beskryf sou moet word, die taal van “twyfel” begin gebruik. Maar ek raak ongemaklik wanneer kerke (en hier dink ek maar net aan die kerk waarvan ek deel is) dit laat blyk dat twyfel beheer kan word, vasgevang kan word, en die uitkoms daarvan bepaalbaar is. Hier is die waarheid: twyfel kan ongeloof veroorsaak. Partymaal kies diep gelowiges om as ongelowiges (nie as twyfelaars nie) deel van die gelowige gemeenskap te wees.

Wat is dus my toets? Wel, ek wil net weet of jy deel wil wees van hierdie hermeneutiese gemeenskap, hierdie gemeenskap wat worstel met ‘n sekere teks – die Bybel (‘n teks wat baie probleme op ons tafel sit), ‘n sekere tradisie (waarvan die grootste deel deur die tradisie self onderdruk is, stilgemaak is, en op ‘n manier in herinnering geroep moet word). Daarmee wil ek nie vir ‘n bevoorregte posisie vir twyfelaar roep nie (dit is ‘n argument vir ‘n ander dag), die gemeenskap is immers met tye fundamentalisties, rassisties, chauvinisties. Maar as jy deel wil wees van hierdie gemeenskap, met al ons massas probleme (onder andere ons onverdraagsaamheid teenoor mense wat vrae vra), dan dink ek mag jy deel wees. Dan vorm jy saam aan wie hierdie gemeenskap is, een stem in die koor.

Dit is om ruimte te maak vir twyfel… en dalk is dit onmoontlik…

Oor Malema en NG Kerk Missionêre Teologie
Ek dreig nou al ‘n paar dae om bietjie in Afrikaans ‘n paar opmerkings oor David Bosch en Missionêre Teologie te maak. Ek dink dit het baie te sê oor Julius Malema. Een deel hiervan is om bloot ‘n klompie belangrike verwysings in Bosch se werk te lys (kyk die voetnotas), en die ander om te pleit dat ons die gesprek oor ‘n Missionêre Teologie (en op ‘n ander dag sal ek argumenteer dat ons dieselfde idees kan bespreek sonder die woord “sending”, “missionêr” of “missionaal”, maar tans is dit taal wat baie gebruik word) in die NG Kerk in ‘n ander rat plaas. Ek het ‘n soortgelyke uiteensetting hier gemaak, wat die punte korter saamvat, maar sonder die spesifieke verwysings en die refleksie op die NG Kerk. Die argument kon gemaak word deur na ‘n verskeidenheid van ander stemme te verwys, maar ek ken Bosch se werk, en dit is tans belangrik in die NG Kerk, so ek gebruik hom. Hier is waaroor ek dink ons moet praat, wie praat saam?

Hier is my (een) super-simplistiese opsomming van waar ek dink ons in die NG Kerk is met die gesprek rondom Missionêre Teologie, ek probeer ons gesprek bietjie plot aan die hand van Bosch se werk. Hang net bietjie aan met Malema.

Die dominante idee oor sending was vir ‘n lang tyd dat ons heidene in die hemel moet kry. Heidene was diegene wat swart was. Ons het die swaar verantwoordelikheid gehad om hulle siele vir ewig te verlos. In die vroeë twintigste eeu met die arm-blanke vraagstuk het die NG Kerk nogals vir ‘n oomblik die sosiale vraagstukke van hierdie een groep ernstig op die agenda geplaas1, maar oor die algemeen was ons gevorm deur ‘n piëtistiese teologie wat gemaak het dat ons ontrek het van die vraagstukke van “hierdie wêreld” (versus die “volgende wêreld”, wat belangrik was)2.

Die ontdekking wat die laaste paar jaar in die NG Kerk plaasgevind het, was grotendeels dat die Koninkryk van God toe nou nie met die hemel gelykgestel kan word nie. Dit was natuurlik ‘n herontdekking wat baie moet maak (alhoewel almal se herontdekking nie noodwendig gepaardgegaan het met ‘n herontdekking van die vertaling van die “Koninkryk van God” nie), en hierdie proses het vir eindelose spanning deur die loop van die 20ste eeu gesorg3. Een oplossing vir die wat voorheen gewerk het met die idee dat die eintlike taak van die kerk in die wêreld was om die heidene in die hemel te kry, was om soos Lausanne by 1974 te verklaar dat al hierdie sosiale verantwoordelikhede van die kerk inderdaad belangrik is, maar dat evangelisasie (om mense Christene te maak) die primêre verantwoordelikheid bly. Bosch was nie gelukkig met so ‘n benadering nie4. Hierdie is steeds ‘n belangrike lyn binne die NG Kerk se gedagtes rondom wat die rol van die kerk in die wêreld behoort te wees.

Bosch het ‘n komprehensiewe benadering5 voorgestel, waar hierdie verskillende dimensies nie teen mekaar afgespeel mag word nie, maar waar dit in ‘n kreatiewe spanning geplaas word, en deel uitmaak van ‘n groter prentjie van die sending van die kerk. Maar, voor Bosch sy komprehensiewe benadering uitspel, is daar 7 belangrike waarskuwings wat eers gehoor moet word6. Die waarskuwings wat Bosch lys is gemik teen die Verligting paradigma wat hy vroeër beskryf het. As ons daardie bladsye mis lees, dan vermoed ek ons lees Bosch mis. Maar hier is die probleem, ek dink ons lees Bosch mis hierso. Een lyn wat Bosch deur die 20ste eeu trek loop soos volg:

Vroeg in die 20ste eeu is die kerk betrokke by liefdadigheidswerk: basiese gesondheidsorg, sorg vir weeskinders, jy weet, daai tipe ding, maar as ‘n tipe ambulans-diens. Die kerk moet inklim en fix waar mense swaarkry.

Later ontwikkel ‘n tipe “konprehensiewe benadering”, waar die kerk besef hulle kan nie net fix waar daar nood is nie, maar moet betrokke raak by die rekonstruksie van gemeenskappe.

Na die tweede wêreldoorlog ontwikkel die groot ontwikkelingsplanne. Die “Derde Wêreld” moet net gehelp word om te ontwikkel, dan sal almal in die vrugte van die ekonomie deel. Die kerk val by hierdie patroon in, en glo die wêreld gaan opgelos word deur die groot ontwikkelingsplanne.7

Dit is nou al baie genoem dat Suid Afrika, die Afrikaanse gemeenskap, en die NG Kerk, “die Verligting gemis het”, weens die manier waarop Apartheid ons van die internasionale gemeenskap afgesluit het. Dis dus dalk nie vreemd dat ons die patrone van die Verligting herhaal nie. Alhoewel ek vermoed (en ek wil nie vir ander kerke praat nie, want ek ken nie ander kerke nie, so ek noem dit versigtig) dat baie ander kerke in praktyk maar nog iewers vasgevang is in benaderings wat reeds in die 20ste eeu sterk kritiek gekry het. Maar iewers tussen hierdie drie stappe vermoed ek is die konsensus in die NG Kerk besig om te vorm.

Maar, jy kan Bosch net verstaan as jy hoor dat hy uiters skepties is oor hierdie ontwikkelingsmodel. Dit verduidelik hy in Transforming Mission, waar die kritiek op so ‘n “sending as ontwikkeling” gelees moet word saam met die ander 6 punte van kritiek op die Verligting. Dit word verder uitgepak in Believing in the Future8, waarin van sy laaste gedagtes neergeskryf is.

So, wat kom na hierdie ontwikkelingsmodel? Dit is nie heeltemal so eenvoudig om te antwoord nie. ‘n Bevrydings-model (hier verwys Bosch nie na Bevrydingsteologie nie) is waarskynlik die duidelikste lyn wat Bosch uitwys na die ontwikkelingsmodel. Maar hy is nie volledig positief oor Bevrydings-model nie. Een van sy eerste punte van kritiek daarteen was dat die Bevrydings-model te veel vertroue plaas op net ‘n volgende groep leiers, wat te veel keer in die geskiedenis misluk het (sy voorbeeld kom uit Frankryk van die 18de eeu).9

Ten spyte van die bad press wat Bevrydingsteologie by die laaste Algemene Sinode gekry het in van die opmerkings, moet ons hoor dat ‘n belangrike deel van wat Bosch beskryf as die Missionêre Teologie van ‘n post-moderne of ekumeniese era10 oor Bevrydingsteologie gaan (ook hier het hy sy kritiek). Bosch wys reeds in 1991 uit dat Bevrydingsteologie deur fases gegaan het, nooit ‘n finale produk kan wees nie, maar telkens opnuut moet dink oor onderdrukking11. Om Bevryding uit te sonder is wel ‘n reduksie van Bosch, maar een wat ek dink onder die huidige omstandighede belangrik is om uit te sonder.

Wanneer Bosch uiteindelik vir die “kerk in die Weste” skryf, dan maak hy o.a die volgende opmerking:

“It belongs to our missionary mandate to ask questions about the use of power in our societies, to unmask those that destroy life, to show concern for the victims of society while at the same time calling to repentance those who have turned them into victims, and to articulate God’s active wrath against all that distorts and diminishes human beings and all that exploits, squanders, and disfigures the world for selfishness, greed, and self-centered power”12

Kort hierna wys hy uit hoe die Weste skuldig staan aan die onderdrukking van die Derde Wêreld13.

En hier kom Malema in die storie in. Malema was oor een ding reg: Daar is ernstig fout in ons ekonomie, en ekonomiese mag is wat uitgedaag moet word (of hy enigsins inhoud kon gee is ‘n debat vir ‘n ander dag, en oor of hy hierdie kritiek enigsins met integriteit kon lewer is iets waaroor SARS en ander wat met ondersoeke besig is moet uitspraak lewer, so kom ons ignoreer dit). As hierdie dan die einde van die Malema era was, dan het ons nodig dat ander opstaan en nog moeiliker vrae vra oor ekonomiese ongeregtigheid, ekonomiese ongelykheid, globale ekonomiese transformasie en Suid Afrika se plek binne dit en oor hoe ‘n toekoms gaan lyk waar beide armoede en die dreigende ekologiese krisis aangespreek gaan word. Bosch se suspisie was dat ons dit nie gaan regkry deurdat groot maatskappye en ryk kerke inkom en wonderlike ontwikkelingsplanne vir arm gemeenskappe en lande uitdink nie, dit gaan vra dat ons ernstige vrae vra oor die magsverhoudinge in die samelewing.

Dit is egter hier waar die moeilikheid inkom. Bosch skryf oor kritiek op die ontwikkelingsmodel:

Even more important was the entire area of power. It became clear that, deep down, this was the real issue, and that authentic development could not take place without the transfer of power. The Western developers appeared, however, to be either unwilling of unable to transfer power to poor third-world peoples.14

Mag is ‘n uiters komplekse ding, en ons het meer mense nodig wat fyn magsanalises doen in ons samelewing. Die NG Kerk (of meer presies, die Christene wat deur die NG Kerk verteenwoordig word) se rol is egter die bykans onmoontlike: om te doen dit wat die ontwikkelaars van die vorige eeu nie kon regkry nie: om krities oor ons eie mag te wees, en toe te laat dat mag van ons weggeneem word. As ons ‘n etiese stem wil wees in hierdie tyd, dan is een van die belangrikste komponente daarvan dat ons self-krities oor ons magsposisie moet raak, wat beteken ons sal moet stil raak, op ons tande byt, en die kritiek op ons eie magsposisie (in die huidige dan veral ekonomiese magsposisie). Dit is ‘n pynvolle proses. Van ons kant af hoop ek ons sal begin deur ‘n eerlike analise van ons bevoorregte ekonomiese posisie te maak, en toe te laat dat daar kritiek op gelewer word.

Bosch het natuurlik nooit Bevryding los van ander elemente gesien nie. Dit moet gesien word saam met die deurlopende oproep dat die kerk ‘n alternatiewe gemeenskap moet wees15, sy soeke na ‘n komprehensiewe verstaan van verlossing16, en sy versigtige waarskuwing dat ons nie die nuwe wêreld finaal tot stand gaan laat kom nie, maar dat ons permanent besig is om tekens op te rig17, om maar van die punte te noem wat ek dink in spanning moet staan met wat ek hierbo geskryf het.

PS. As jou eerste reaksie is om my te wil herinner waarom Malema verkeerd was, dan het jy waarskynlik iets gemis…

Bosch, D J. 1986. Ethics in Contexts of Transition in Journal of Theology for Southern Africa, pp17-23.

Bosch, D J. 1984. The roots and fruits of Afrikaner civil religion In New faces of Africa, by J W Homeyr and W S Vorster, 14-35. Pretoria: University of Pretoria.

Bosch, D J. 1986. The Afrikaner and South Africa in Theology Today, pp203-216.

Bosch, D J. 1979. Heil vir die Wêreld. Pretoria: NG Kerkboekhandel.

Bosch, D J. 1984. The Scope of Mission in International Review of Mission, pp17-32

Bosch, D J. 1991. Transforming Mission. New York: Orbis. p368

Transforming Mission, p349-367

Transforming Mission, p356-357

Bosch, D J. 1995. Believing in the Future. Valley Forge: Trinity Press.

Transforming Mission, p358

Transforming Mission, p531, voetnote 1

Transforming Mission, p447

Believing in the Future, p34

Believing in the Future, pp36-40

Transforming Mission, p357

Massas verwysings, ek dit in hoofstuk 3 van hierdie dokument beskryf, en die verwysings kan daar opgevolg word – pp24-36

Transforming Mission, pp393-399

Transforming Mission, pp498-510

grondwetlike fundamentalisme?
Wat hier staan is klein bietjie tong in die kies.

Dit voel asof ons in die wit gemeenskappe (wat maar is wat ek die beste ken) ons fundamentalistiese verlede gaan opgrawe om oor die land se grondwet te praat.

Die groot vrees, verkiesing na verkiesing, is dat die grondwet verander gaan word, iets wat as ‘n doodsonde gesien word. Amper asof geen jota of tittel hiervan weggeneem of bygevoeg mag word nie.

As ons oor die grondwet sou sê “ja, daai was belangrik vir die tyd waarin dit geskryf is, maar ons het intussen meer geleer”, dan is die reaksie bykans soos wat party aangaan oor geloof en wetenskap. Asof die grondwet ‘n tipe bonatuurlike wysheid openbaar wat bo kritiek verhewe is.

As ons sou vra “wie is die outeurs, en wat was hulle vooroordele?”, en daarmee vir ‘n oomblik sou wonder of die grondwet moontlik blinde kolle bevat, dan gaan die rooi ligte aan dat hier moontlik kettery oppad is.

Moet my nie verkeerd verstaan nie. Ek het ongelooflike respek vir die grondwet. Die waarheid is egter dat ek die grondwet nog bitter min gelees het. Ek het ‘n vermoede dat dit waar is vir meeste van ons. Moet ek dit uitwys? Amper soos die Bybel, wat mense oor baklei in plaas van om dit saam te lees… daarom dalk dat dieselfde mense wat die grondwet as onaantasbaar beskryf in een gesprek, in ‘n volgende gesprek sal moan omdat die menseregte van kriminele beskerm word…

Ek loop seker nou die gevaar om die grondwet en die Bybel te veel met mekaar te vergelyk, en dit het natuurlik potensiaal om weer ‘n ander groep vies te maak, maar laat ek nog een stap verder gaan.

Die Bybel is ‘n ongelooflike dokument, wat oor eeue heen ontstaan het, en wat die diep wysheid wat ontstaan het uit ‘n godsdienstige tradisie se wandel met die transendente, met “wat ons God noem”, verwoord. Die aanhaal van die Bybel buite konteks loop egter altyd die gevaar om lynreg in stryd te wees met die einste tradisie waaruit dit ontstaan het. Die aanhaal van die grondwet vermoed ek loop dieselfde gevaar.

Laat ons nou die kwasi-godsdienstige taal los met die grondwet. Dit meer bespreek en minder bloot aanhaal.

ateïsme in ‘n kinderlike gebed
Dankie Here vir die kos wat ons nou mag eet, gaan (ook) met die wat nie so bevoorreg soos ons is nie, Amen

Ek weet nie hoeveel keer ek hierdie gebed met die grootste opregtheid gebid het nie.

Hoe sal ons die gebed lees? Dalk moet ons eers die gebed probeer red. Die gebed kan gebid word vanuit die diepe worsteling met die bykans onmoontlike taak om iets aan die ongeregtighede in hierdie wêreld te doen. So gelees is dit ‘n kinderlike erkentenis dat ek in ‘n bevoorregte posisie is a.g.v die daaglikste brood wat op my tafel lê, en ‘n noodkreet dat die koninkryk mag kom – ‘n noodkreet dat slegs die een wat ons God noem, die een wat ons as almagtig beskryf, hier kan ingryp. Dit is ‘n uitroep dat die bo-werklike werklikheid wat ons God noem, die een wat natuurlik hoofsaaklik geinkarneer word in die vorm van mense se deelname aan die geskiedenis, in ‘n wêreld van brutale onreg moet inkom en saam met die armes (aan die kant van die armes?) moet wees sodat hulle die daaglikse voorsiening wat op my tafel kom ook op hulle tafel sal kom.

Maar ek dink nie dit is hoe ek dit gebid het nie. Ek dink ek het dit gebid met die stille hoop dat hierdie God nie in die vorm van mense se betrokkenheid in die geskiedenis inkarneer nie, maar dat God op een of ander bonatuurlike wyse troostend teenwoordig moet wees by hulle wat ly. Die gebed het nie die wesenlike probleem van die feit hierdie aarde nie die tekens van die koninkryk vertoon wanneer slegs party kan eet op die tafel gesit nie. In gebed wou ek moontlik bevoorregting aan die voorsienigheid van God toeskryf, en God dan stuur om te troos waar God skynbaar nie kon voorsien nie. Die gebed het maar net vertel wat ons instinktief geweet het: party is bevoorreg, en ander nie; dit is die wêreld waarin ons leef. God gee vir party kos, en vir ander nie.

Maar dit word ‘n ateïstiese gebed wanneer die gebed maar bloot die status quo in stand hou. Wanneer God se voorsiening hier en God se betrokkenheid daar geen effek het op die koms van God se koninkryk nie. Wanneer my geloof in dit wat ons God noem nie meer ‘n herinnering is daaraan dat die feit dat ek ‘n bord kos het en ‘n ander nie iets is wat verander kan en moet word nie, dan is dit immers die gebed van ‘n ongelowige (nie die eerlike gebed van ‘n twyfelaar nie, maar die oneerlike gebed wat sê dat ek nie die wêreld hoef te verander nie, omdat God dit sal doen, maar impliseer dat ons kan ontspan want God gaan elkgeval ook maar die status quo in stand hou).

Ons leef in ‘n wêreld met genoeg kos. Maar ‘n wêreld van ongelooflike ongeregtigheid rondom kos. Ek weet nie of ek dit sal waag nie, maar dalk moet ons kinderlik bid:

Here ons weet dat party honger is, droom dat u koninkryk sal kom, en dat almal genoeg sal hê op aarde, soos in die hemel. Gee vir ons ‘n ete wat dit sal laat waar word en maak ons los van eetgewoontes wat bydra tot die boosheid in hierdie wêreld.

Ek moet darem net as ‘n voetnota byvoeg dat die herhaling van die gebed heel bo tog ‘n konstante herinnering aan ongelykheid is/was, en iewers baie diep in my godsdiens tog goed losgemaak het.

Paulus se voorstel vir ‘n post-ras wêreld
Deur hierdie geloof in Christus Jesus is julle nou almal kinders van God, want julle almal wat deur die doop met Christus verenig is, het nou deel van Christus geword. Dit maak nie saak of iemand Jood of Griek, slaaf of vry, man of vrou is nie: in Christus Jesus is julle almal één. En as julle aan Christus behoort, is julle ook nakomelinge van Abraham en erfgename kragtens die belofte van God.

Galasiërs 3:26-29

Ek sal nie die eerste een wees wat hierdie gedeelte aanhaal in ‘n gesprek oor ras en rassisme nie. Net in hierdie week het twee mense in gesprekke na hierdie teks verwys. Ek wil die teks dus lees as ‘n teks wat relevant vir vrae oor rassisme is.

Om dit te doen moet ons begin deur te sê hierdie teks gaan nie oor ras nie. Paulus se “Jood of Griek” is nie verwysings na “ras” nie. “Ras” soos ons dit vandag ken is ‘n idee wat iewers tussen die laat middel-eeue en die vroeë verligting ontstaan in Europa. Dit verwys na verskeie pogings om mense te kategoriseer op grond van uiterlike merkers soos velkleur, wat partymaal met geografiese oorsprong saamgaan. Ani Rattansi het ‘n baie nice kort oorsig oor hierdie geskiedenis in Racism in die A Very Short Introduction reeks. Jood en nie-Jood is nie soveel ‘n hierargie van wie is bo en wie is onder nie, die eerder dit twee groepe is wat teenoor mekaar gestel word nie (en wat beide natuurlik dink hulle eie groep is die belangrikste). Ras werk anders. In ‘n ge-rasde samelewing weet almal dat wit bo is, en swart onder. Ja, ook hulle wat swart is weet dit, en hou dit baie keer in stand (dink maar aan Tutu se verwysings oor swart reaksies op geweld as ‘n onlangse voorbeeld).

As ons die teks egter vir ons eie tyd lees, moet ons dit tog as ‘n rasse-teks lees. Een van die sterkste lyne in die ontwikkeling van rassisme staan immers as “anti=semitisme” bekend. Dit was ‘n tipe “interne rassisme” (albei groepe het immers saam in Europa geleef), waar hulle wat “wit” was en hulle wat “Jood” was teenoor mekaar gestel is. Jode was lelik en skelm, wittes was mooi en nederig. In hierdie proses word die oorsprong van die Christelike tradisie daar Oos van die Middelandse See vergeet en word dit moontlik om “Christelikheid” direk aan “witheid” te koppel. Paulus se herinnering dat daar ‘n nuwe tyd aangebreek het deur Christus, is ook ‘n herinnering dat ons eie geloof in wese een is wat sy ontstaan het in die oorkom van die spanning tussen die een wat Jood is en die een wat heiden is. Ek is ‘n heiden, wat deur Christus, deur ‘n Joodse Jesus, een wat nie ‘n ligte pigmentasie gehad het nie, maar een wat ook nie die “wit” identeit wat ons in die afgelope paar honderd jaar geskep het deel nie, deel gemaak is van hulle wat “kinders van Abraham” genoem word.

Terug by ons eie konteks moet ek net eers een punt benadruk: daar bestaan nie iets soos ras nie. Ten minste, tegnies bestaan daar nie iets soos ras nie. Daar is geen wetenskaplike gronde vir die idee dat daar wesenlike verskille tussen mense bestaan op grond van die kleur van hulle vel nie. Geneties speel verskille in die kleur van jou vel baie minder van ‘n rol as vele ander aspekte. Dit wat ons ras noem is sosiale konstrukte wat kwasi-wetenskaplik begrond is. Dit beteken dat ons geleer is dat mense aan hierdie groepe behoort wat op grond van velkleur bepaal is, en wat bepaal wat hulle plek in die wêreld is, maar hierdie idees is gebou op sogenaamde “wetenskaplike” navorsing wat ons later sou leer geen begronding het nie.

Vandag sit ons dus met hierdie ding wat ons ras noem, wat ons geleer het bepaal wie ons is, en wat in rassisme omvorm het. Rassisme gaan nie bloot daaroor dat ek lelike goed oor ander sê nie, dit sluit in dat mense op maniere wat nie verwoord word nie, en waarvan ons partymaal nie eens bewus is nie, geleer word om op ‘n sekere manier teenoor mekaar op te tree, en verder dat die plek van hulle wat as “swart” ge-ras is oor die algemeen onder in die samelewing gehou word. Daar is uitsonderings, maar dit is uitsonderings. Ons maak vordering (en ek dink dit is belangrik om te onthou), maar dit beteken nie die probleem is op ‘n einde nie (wat ook belangrik is om te onthou). Dit gaan nie bloot oor kulturele verskille nie, maar oor die manier waarop die samelewing georganiseer word, en oor ‘n hierargie van wie is die “meeste mens”, en wie die minste. Wie se lewe is van die meeste belang, en wie s’n die minste.

As ons Paulus lees, dan gaan sy voorstel egter oor meer as bloot dat ons nie meer lelike goed vir mekaar moet sê nie. Paulus stel voor dat hierdie kategorië geen gewig meer dra in hierdie nuwe era wat deur Christus begin is nie.

As ons gedagtes wees na Paulus draai, dink ek ons lees Paulus verkeerd as ons van hierdie verklaring ‘n tipe “geestelike  ideaal” te maak. Paulus is nie besig om bloot te vertel dat ons “geestelik” nou ‘n merker het wat swaarder weeg as alle ander merkers nie. Paulus is bewustelik besig om ‘n nuwe politieke era in te lei, ‘n era wat hy glo gestalte gee aan dit wat Jesus kom leer het.

In kort, ek dink ons moet Paulus lees as een wat ‘n teologiese oortuiging uitspreek wat polities gestalte kry.

Polities vind dit vir Paulus gestalte in die kerk, die “ekklesia” (Griekse woord wat ons gewoonlik as kerk vertaal). Paulus het mos hierdie gebruik om Romeinse politieke terme oor te neem in sy eie werk. So byvoorbeeld is die “Christus Jesus is Here” ‘n direkte sinspeling op die uitspraak van die Romeinse ryk van sy dag wat gesê het dat “Caeser is Here”. Vir Paulus bring Christus Jesus dus ‘n nuwe stel reëls vir hoe die samelewing georganiseer behoort te word. Moontlik steeds die Romeinse ryk (ek dink nie Paulus breek hiermee nie), maar vir Paulus moet daar radikaal anders gedink word oor die plek van Caeser, en oor die plek van mense oor die algemeen in hierdie nuwe era wat deur die kruis en opstanding begin is.

Ekklesia is egter nog ‘n woord wat Paulus by die politieke wêreld van sy dag gaan leen. Ons vertaal dit vandag as “kerk”, maar dit verwys eintlik na ‘n byeenkoms, ook ‘n politieke byeenkoms. Wanneer die manne van die stad bymekaarkom om die sake van die stad te bespreek, dan is dit ‘n “ekklesia”. In Paulus se ekklesia geld daar egter hierdie nuwe stel reëls. Hier maak dit nie saak of jy Jood of Griek, slaaf of vry, man of vrou is nie. In Paulus se ekklesia moet slawe en hulle meesters saam praat.

Paulus se ideaal is een wat polities gestalte kry in die plaaslike gemeente. Volgens Lukas, wat lank na Paulus se dood skrywe, het basies in gevangenisskap ingeloop ter wille daarvan om mense te help om in hierdie ideaal in te koop.

Ras is nou wel ‘n mite (maar moenie die krag van mites vergeet nie), en die verskillende “rasse” wat geskep is het nogals ‘n wye verskeidenheid van klassifikasies openbaar deur die geskiedenis. Wat egter grotendeels konstant gebly het (net grotendeels, daar is ‘n uitsondering of twee) is dat wit bo aan die hiërargie is, en swart onder. Wit is die naaste aan God, swart die verste. Wit is hoe God wil hê ons moet wees, swart gaan baie harde werk moet doen om deel van God se ideaal te word (indien dit enigsins moontlik is). So al kan ons vandag sê dat ras nie bestaan nie, is dit verstaanbaar dat die veral hierdie twee oorblyfsels uit ‘n ge-rasde geskiedenis is wat ons pla.

Vanuit ‘n Christelike tradisie herhaal ons Paulus se woorde dus graag deur te sê “daar is nou nie meer wit of swart nie”. En alhoewel Paulus oor iets anders gepraat het, dink ek inderdaad dat ons Paulus so kan lees. Gewoonlik klink dit of ons die “Jood of nie-Jood” met wit of swart vervang (wat verklap hoe diep die idee dat ras maar net kulturele verskille is), in die eerste weergawe van hierdie blogpost het ek dit self gedoen. Dit sal dalk help as ons onthou dat Paulus se “vry of slaaf” egter moontlik sterker ooreenkomste toon met ons “wit of swart” vanuit die moderne era.

Een manier waarop hierdie gedeelte interpreteer word is om te sê ons moet nou ophou karring aan ras. Daar is immers nie wit of swart nie, so ons moet ophou verwys na wit en swart, en eerder fokus op hierdie nuwe mensheid wat ons saambind. Interessant genoeg hou Paulus nooit op om die kategorieë te gebruik nie. Die aanhaling hierbo kom uit een van Paulus se eerste briewe uit. In Romeine, een van Paulus se laaste briewe, herhaal hy die aanhaling, en gebruik boonop ‘n groot deel van sy boek om oor die Jode te skryf. Efesiërs, een van daai boeke wat deur Paulus se volgelinge geskryf is, sit hierdie gedagtelyn voort, en Lukas, wat nogals moeite gedoen het om Paulus se storie as ‘n belangrike deel van die storie van die vroeë kerk neer te skryf, verwys jare later steeds na die probleme tussen Jode en nie-Jode, en hoe Paulus gewerk het om dit te oorkom.

Ek dink tog ons moet Paulus navolg. Maar om Paulus na te volg, soos wat hy geglo het hy Jesus Christus navolg, beteken egter nie om die bestaande kategorieë bloot te ignoreer nie. Dit beteken om ‘n wêreld te skep waar hierdie kategorieë nie meer saakmaak nie. Nie meer tel nie. Waar hierdie kategorieë van “wit” en “swart” nie bepaal met wie ek in verhoudinge is nie, nie bepaal wie ‘n stem het nie, nie bepaal waar my kinders skoolgaan of wie my dokter is. Wat veral nie bepaal in watter gemeente, ekklesia, ek is nie.

Ek dink ek sou Paulus tog navolg deur te droom van ‘n tyd wanneer dit werklik sinneloos sal wees om na wit en swart te verwys. Maar as ek Paulus so kyk, dan lyk dit vir my dit is nie ‘n wêreld wat maar bloot in-gepreek word nie. Dit is nie ‘n wêreld wat maar bloot geestelik aangekondig word nie. Dit is ‘n wêreld wat geskep word wanneer mense werk om ‘n politieke en sosiale omgewing te skep waar die lewe saam die getuienis is dat “dit maak nie saak of iemand swart of wit is nie”.

In kort: wit en swart maak nie saak nie, daarom werk ons vir ‘n wêreld waar dit werklik waar is dat wit en swart nie saakmaak nie. So vir nou praat ons oor ras, hierdie kwasi-wetenskaplike kategorie, in die hoop dat ons eendag nie meer oor ras hoef te praat nie (wetend dat Paulus se frase dan moontlik met nuwe spanninge gevul sal word).

My teleurstelling in die FW de Klerk Stigting
@FWdeKlerkFoun het ‘n paar uur terug gevra ek moet vir hulle skryf hoekom ek teleurgesteld is in die Stigting. Hierdie was my vinnige reaksie.

Irené

Kom ons begin maar by die begin. Ek is 27. Afrikaans. Manlik. Predikant (of was ten minste gewees tot onlangs toe, tans is ek weer bietjie terug by die universiteit). Ek het in Swaziland grootgeword, en het van kleins af geweet dat apartheid verkeerd is.

Ek kan uiteraard nie sê dat my politieke bewussein ten volle ontwikkel was teen die tyd wat president de Klerk die bekende toespraak gemaak het op 2 Februarie nie. Maar ek onthou weld at dit vir my ouers belangrik was om te gaan stem tydens die referendum. Dit was vir hulle belangrik dat apartheid moet eindig.

Selfs teen die verkiesing van 1994 het ek nie regtig geweet wat aangaan nie. Kort daarna het ons Suid Afrika toe getrek, en jare later, toe ek op hoërskool was, het ek uitgevind van pas-wette. Die Nasionale Party het tot ‘n einde gekom, en in my onskuld het ek seker gedink dit was ook maar een van daai dinge wat moes gebeur. Maar FW de Klerk het tog ‘n tipe “hero” vir progressiewe wittes gebly. Na wie sou ons terugwys? Ons geskiedenis is besaai met leiers wie se besluite veroorsaak het dat ons onsself moet skaam. Maar FW de Klerk, so het ons geglo, het apartheid gestop. Hy het ‘n nobel-prys vir vrede gekry vir die manier waarop hy die oorgang help bestuur het. Hier was ‘n man wat ons maar in internasionale geselskap oor kon sê: “hy is een van ons mense”.

Iewers het ek van die FW de Klerk Stigting gehoor, maar nie regtig altyd fyn gevolg waarmee hulle besig is nie. Die reaksie op Samantha Vice deur Stewerd en Du Preez onlangs onder die titel “Skuld oor witlikheid werk rassisme in hand” was die eerste plek waar ek teleurgesteld was. Dis natuurlik aan die een kant onregverdig om ‘n artikel wat in ‘n koerant verskyn op akademiese gronde te beoordeel, siende dat daar eerstens nie genoeg plek is om jou standpunt volledig te verduidelik nie, en tweedens omdat jy beperk word in die taal wat jy gebruik. Ek het in my lewe al redelik gewerk in die veld wat as “whiteness studies” etiketteer word, waaruit baie van Vice se opmerkings kom. Dat daar van Vice verskil word is natuurlik aanvaarbaar, ons het konstruktiewe debat nodig in Suid Afrika. Maar dat ‘n reaksie deur die stigting haar argument afskiet sonder dat die argument eers verstaan word was vir my teleurstellend.

Dit het veral gegaan oor die woord “voorreg”, wat Vice op ‘n redelike tegniese wyse gebruik, en wat in die artikel bloot afgeskiet word. Voorreg by Vice gaan nie bloot oor jou bankrekening nie, maar oor die hele sisteem waarin jy jouself bevind, en gaan tweedens ook oor dit wat oor generasies opgebou is. Hierdie is natuurlik nie die plek om op tegniese konsepte in te gaan nie, maar ek wil maar net noem dat vanuit daai kort artikel het ek die idee gekry dat die outeurs nie enigsins kennis gedra het van die bronne waaruit Vice gewerk het en wat die terme beteken wat binne hierdie vakgebied gebruik word nie. Vice se artikel was in ‘n akademiese joernaal gepubliseer, waar sekere reëls geld. Natuurlik het baie wat haar artikel in die hoofstoom media bespreek het ook soortgelyke tegniese foute gemaak, maar ek sou gehoop het dat die stigting se reaksie nie in sulke slaggate sou trap nie.

Wat die huidige reaksie op die uitsprake van aartsbiskop Tutu betref lê dit so bietjie op ‘n ander vlak.

Daar is weer die foute. Ek dink byvoorbeeld aan die stelling “Those fortunate people who earn more than R585 000 pay 40% their incomes to the state to fund” – ek is geen ekonoom nie, maar soos ek my eie belasting kyk, dan werk Suid Afrikaanse belasting op ‘n glyskaal. Mense wat meer as R585 000 verdien sal 40% van hulle inkomste bo R585 000 aan belasting moet afstaan, nie 40% van hulle inkomste nie. Dit is ‘n ou fout, wat onder andere maak dat party mense simpel opmerkings maak soos dat hulle meer belasting moet betaal omdat hulle in ‘n hoër kategorie val. Dit is natuurlik nooit waar nie. Daar is egter ‘n groter punt.

Irené, my eerste kind is twee dae gelede gebore. Sy geboorte, en ons drome oor sy toekoms, maar dit weereens duidelik dat die mooi opmerkings oor “nie-rassigheid” bloot mooi teorie is, maar ons nie op die grond help nie. Indien daar egtheid aan die opmerking was, dan sou dit vir ons moontlik gewees het om te kan sê dat ons gemaklik sal wees met enige skool waarheen ons kind eendag gaan. Ons sou graag wou. Maar in Suid Afrika is die skole wat tydens apartheid as “swart skole” geplaas is steeds op ‘n standaard waarheen ek sal sukkel om my kind te stuur.

Apartheid dra natuurlik die skuld dat die “beginpunt” van ‘n demokratiese Suid Afrika so ‘n ongelyke sisteem gehad het. Die vraag onder bespreking is egter oor wat daarna gebeur het. Die afgelope 17 jaar is natuurlik ‘n moeilike geskiedenis. Dit vra natuurlik dat ons ernstig krities moet wees op van die prosesse wat in ons regering geloop het, ook op individue se besluite. Maar dra ons vandag nog die tekens van dekades se apartheid, eeue se kolonialisme, en ‘n nasionale (en ook internasionale) sisteem wat wittes bevoorreg?

My antwoord is ja.

Nou moet ek darem eers ‘n stappie terug neem. Ek is ook oortuig, soos ek aflei julle by die stigting is, dat ras-kategorieë ‘n onding is. Ons weet vandag daar is geen wetenskaplike begronding om mense op grond van ras in te deel nie. Daar is geen begronding om op grond van uiterlike kenmerke waardeoordele te maak nie. Meer nog, daar was nog nooit so ‘n begronding gewees nie. Die pogings om dit te doen word vandag as ‘n kwasi-wetenskap beskryf. Ons het mense op grond van ras ingedeel, en ons moet ophou om dit te doen.

Maar, ons sit met ‘n hele paar eeue se geïnternaliseerde oortuigings oor dit wat ons ras noem, en hierdie oortuigings moet gedekonstrueer word. Ons sit met ‘n sisteen wat volgens hierdie rasse-kategorië wat nie veronderstel is om te bestaan nie ingedeel te word. Ons moet ophou om oor ras te praat, maar eers moet ons die feit dat waar ons nog statistieke op grond van ras bymekaarmaak, toon die groepe wat ons gekonstrueer het nog ernstige verskille in hulle omstandighede.

As ons oortuig is dat ons nie oor ras moet praat nie, omdat ras nie bestaan nie, maar dit is nog duidelik dat wit kinders oor die algemeen in beter skole kom as swart kinders, wit volwassenes oor die algemeen groter salarisse kry as swart volwassenes, en wit families oor die algemeen toegang tot meer kapitaal het as swart families, dan beteken dit tog dat iets ernstig verkeerd is! Hoe kan kategorië wat geen begronding het nie nog so ‘n effek op dei materiële werklikheid van mense in hierdie land hê?

As die konstitusie wat julle so beskerm dit nie kan verander nie, is daar nie dan fout met die konstitusie nie? As die ANC regering dit nie kan verander nie, beteken dit nie dan dat daar fout is in hulle bestuur nie? En as die FW de Klerk stigting veg teen pogings om hierdie ongeregtigheid radikaal reg te stel, hoe moet ek dan oor hierdie organisasie wat ‘n naam dra waarvoor ek op ‘n stadium in my lewe die ongelooflikste respek gehad het dink?

Pierre de Vos het my gevoel weergegee. Ek is nie ‘n regskenner nie, maar sy konklusie dat die FW de Klerk Stigting maar net die ekonomiese belange van wittes probeer beskerm resoneer met hoekom ek die tweet geplaas het. Nie-rassigheid impliseer vir my veel meer as net ‘n paar mooi sinne wat belowe dat ons nie sal diskrimineer nie (al is die mooi sinne ook belangrik). Nie-rassigheid beteken dat my seun, en die swart kinders wat twee dae terug reg oor Suid Afrika gebore is dieselfde geleenthede, dieselfde kyke van alle mense, en dieselfde persepsies oor hoeveel waarde hulle het sal hê. Ons is nie daar nie. Ek pleit saam met julle vir ‘n wêreld waar ras nie meer sal bestaan nie, maar ek glo ook dat ons nie gaan wen deur “nie-rassigheid” te skreeu voor dit ‘n werklikheid geword het nie, en dit gaan ‘n hele paar generasies neem.

Vandag kan ons nog as wittes praat, en enige eenvoudige analise van Suid Afrika sal wys dat wittes steeds oor die algemeen baie sterk bevoordeel is en word. As die FW de Klerk ‘n stem vir geregtigheid wil wees, soos ek altyd gedog het die Stigting is, dan sal dit vra dat daar erns gemaak moet word met die vraag wie vandag die onderdruktes van Suid Afrika en die wêreld is, en wie aan die onderkant van die steeds bestaande rasse-idees lê. Eers wanneer ons hieroor gepraat het, en dit verander het, kan ons met trots praat van ‘n nie-rassige Suid Afrika.

Cobus

Wat ons nie gehoor het nie: Tutu praat oor swart moorde
As dit nie vir die gemoan op twitter oor Tutu wat “wittes kap”, of meer spesifiek, vir die kritiek op mense wat moan oor Tutu wat “wittes kap”, was nie, sou ek nie eens geweet het van Desmond Tutu se toespraak die 11de Augustus nie. Maar dit is die wêreld waarin ons leef. Iemand ruk ‘n sin uit verband uit in Tutu se speech, en die wat regtig belangstel gaan kyk die hele speech op youtube.

Jy kan in Beeld lees waaroor die gemoan gaan. Maar daar is ‘n deel van sy toespraak waaroor Beeld nie skryf nie. Sy argument loop soos volg:

11 minute: “black-on-black” geweld moet teen die agtergrond van ‘n totale gesprek aan selfbeeld gesien word.

12 minute: Apartheid het die oortuiging dat ek “gemors” is onder swart Suid Afrikaners gevestig.

13 minute: Ons trek ons skouers op oor swart politieke leiers wat doodgemaak word.

14 minute: Ons trek ons skouer op oor swart kinders wat doodbrand.

(die opmerkings oor wit Suid Afrikaners kom by 15 minute in)

As ek Tutu reg hoor, dan moet ons sy opmerkings lees teen die agtergrond van die verskynsel dat die onderdrukte die beeld wat die onderdrukker oor haar/hom het internaliseer, en dus hom/haarself sien deur die bril van die onderdrukker. Ons kry dit nie net rondom rassisme nie, ook die verhouding tussen vroue en mans toon hierdie verskynsel.

Die een ding wat dit my lyk die media nie oor gepraat het na Tutu se toespraak nie, is hierdie “indifference ” (Tutu se woord) waarmee die dood van swart Suid Afrikaners vandag nog hanteer word. Hoe dra die media by tot die idee dat die dood van wit Suid Afrikaners op ‘n manier “erger” is as die van swart Suif Afrikaners? Binne die konteks van Tutu se toespraak sou ons egter twee verdere vrae kon byvoeg: Hoe herstel ons ‘n wêreld waar die onderdrukking van swart Suid Afrikaners veroorsaak het dat ook hulle skouers optrek oor die dood van swart leiers en kinders? En vir myself, steeds in navolging van Tutu, moet ek nie erken dat ek ‘n stuk van my menslikheid kwyt is as ek steeds die dood wat wittes as ‘n groter tragedie as die dood van swartes sien nie?

Kyk gerus die hele toespraak, dis die moeite werd: