Die Bybel aan die ander kant

Ek dink nogals nie dat akademiese werk sinneloos is nie. Ek dink wel die red tape van Universiteitsisteme suck, en is ‘n barrier vir intellektuele ontwikkeling. Ek dink ook dat die akademici ‘n baie kleiner invloed gaan hê in die toekoms as hulle nie bietjie hulle system oopbreek sodat die wat buite hulle akademiese bubble is ook kan deelneem aan die gesprek nie. Maar hoe ookal, ek try tog om myself te dwing om gereeld werk van “hoogstaande akademiese gehalte” te lees, maar ook blogs.

Hierdie kom uit ‘n artikel van een of ander Smit ou by Stellenbosch uit. Sy uiteensetting van skrifgesag vanuit verskillende wêredbeelde resoneer nogals met my. Wat dink jy hiervan? Sien jy dit raak by mense van verskillende generasies?

  • Premoderne: Die prediker verstaan die Skrif absoluut en lê dit dienooreenkomstig uit.
  • Moderne: Die Skrif word krities bestudeer met die oog op lering of analisering.
  • Vroeë postmoderne: Die Skrif word pragmaties bestudeer met die oog op praktiese toepassing.
  • Laat postmoderne: Die Skrif word kontekstueel bestudeer met die oog op beter insig in die getuienis oor God, waarvan gelowiges die navertellers is; ‘n herwaardering van die antieke diskoers ontstaan.

Dalk net ‘n voetnota: Toe ek begin blog het, het ek gesê ek gaan nooit terme soos moderne n postmodern gebruik nie. Iewers het ek egter uit terme gehardloop. So as ek dit gebruik, dan kies ek nie vir enige fancy filosoof se definisie nie, al het ek baie respek vir hulle, maar vir nou sê ek maar net dat ek dink iets is aan die verander, redelik ernstig aan die verander, ek ek wil my oor op die grond hou om te hoor wat dit is. Wat dink jy van wat die Smit ou skryf?

Advertisements

One Response to Die Bybel aan die ander kant

  1. Pete sê:

    Ek voel dat die “Smit ou” se definisie maar die standaard is, wel dis hoe ek dit verstaan. Ek hou nogal daarvan dat hy Postmodern op-split ek dink dit beeld die vloeibaarheid en nuanse daarvan uit. As ek dit nie mis het nie het ek iets soortgelyks in Nelus se Nuwe Drome raak gelees, net sonder die nuansering van Smit rondom Postmodernisme (dit is dalk omdat ek nou sulke sweeping statements maak – soos iewers raak gelees – dat die akademiese verkramptes dit nodig ag om ons in hulle boksies te wil druk). Tog was ek bly om te sien dan Tuks nou ‘n tipe van open source navorsing platvorm skep – dit word tans in die bib geadverteer. Om so iets te sien het sommer my hartjie bly gemaak – net om te sien dat ‘n Pre-moderne onderrigsisteem (soos ‘n universiteit) kan insien dat die behoefte bestaan om ‘n meer oop platform te he, en dat navorsing grootliks ook daarby sal baat.
    Dit laat my tog wonder wat van fakulteite se kick-backs gaan word want hierdie artikels sal sekerlik nie op ‘n breer vlak beoordeel word nie, sal maar moet kyk wat gebeur.

    NS. Verskoon die gebrek aan leestekens op letters, maar WordPress se comment-blokkie wou my nie hiermee help!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: