‘n teologie van kerk

Ek lees op die oomblik Craig van Gelder se the ministry of the missional church. Hy skryf ‘n hoofstuk oor die konteks van die Amerikaanse kerk. Ja, wel Amerikaanse, maar nogals parallele met ons. Kyk hierdie quote: “Largely the denominational, organizational church was the pragmatic result of a variety of circumstances and events. Although some historical precedents were available, these developments were usually rationalized biblically and theologically after the fact, if at all.

Is dit nie maar ons storie ook nie? Ek los die ou tradisionele kerk nou maar vir mense wat dit ken, ek doen nie. Maar min van ons is nog in sulke kerke. Ons kerke het heel verander in die laaste paar jaar, so vandat ek gebore is omtrent soos dit vir my lyk. Maar dit lyk my maar soos sulke grype na enigiets wat net dalk sal werk, wat net dalk weer mense in die kerk gaan kry, en ons net gaan laat voel die kerk het nog ‘n rol in die samelewing. Ja, daar het baie goeie dinge gebeur in hierdie tyd ook, maar die manier hoe ons kerk is, is maar net pragmaties aanmekaar gesit. Of is ek nou sinies?

Piet Naudé het mos noudiedag iets daarvan gesê toe hy gesê het hy gaan vas liewers vir 3 dae saam sy Charismatiese broers op die berg om te hoor wat sê die Here as wat hy die tipe strategiese beplanning sessies wat die kerk uit die besigheidswêreld oorgekoop het en nou op kerkbestuur toepas bywoon. Of het ek nie mooi geluister nie?

Ons het nodig om te stop! Ons het nodig om teologies oor die kerk te dink, en dinge van daar af aanmekaar te sit. Hoe sou dit lyk as ons dit doen? Hoe sou so ‘n teologie lyk? Hoe sou so ‘n kerk lyk? Ja, ons kan nie wegkom van ons baggage af nie, maar ons moet try! Ophou om maar net te try survive, en die goed dan teologies te motiveer, en ernstig ons teologie herdink, en dan dit gaan deurwerk na die konteks waarin ons is. Maar wat as dit ons lidmate kos? Of geld kos?

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: