Afrikaanse blogs

Die Afrikaanse blogosphere bly maar vir my ‘n vreemde verskynsel. Nie dat ek hierdie verskynsel baie goed ken nie. Volg so klompie Afrikaanse blogs (seker 10 of wat, dalk word dit meer noudat ek weer Afrikaans skryf). Maar dit lyk my altyd asof dit sulke hubs is wat almal na mekaar to link, sulke clusters vorm. ‘n Vriend van my sê dit lyk vir hom asof van hierdie clusters nie altyd weet van ander clusters nie. Elkgeval, van die Afrikaanse wat ek al iewers in my lewe gelees het:

Johan Swarts se ou blog, ek’t nooit vir sy nuwe een opgesign nie, dalk moet ek?

Annemarie, wat ek ken van my way-back dae in Piet Retief af (O, en net vir interessantheid, hierdie blog is lank uit Amsterdam uit ge-publish, net so klipgooi van Piet Retief waar ek grootgeword het, en daar is NIKS op daai plekkie nie!).

Attie Nel, dominee van Rustenburg. Sy blog is heel stil deesdae.

Sonkind op ‘n stadium bietjie gelees, so ook Dorings en Rose.

Een of ander Freddels ou blog by Kinekansel, nog altyd gewonder wie hy is, maar lees nogals wat hy skryf.

Dan was daar ‘n Boerinballingskap ou wat nogals vies vir my was oor comments wat ek op ek dink Pienk Zuit se blog gelos het toe ek die Afrikaanse lot meer gevolg het.

Daar was nog, maar deesdae lyk dit my die feeds wat ek voor opgesign het het opgedroog, of deelgeneem aan die skuiwe na eie domains toe. Dalk moet ek weer opsign vir Afrikaanse blogs, maar watter is die moeite werd? Lyk of baie maar net steeds online dagboeke hardloop, of random gedagtes neerskryf, interessant vir die wat ‘n verhouding met die blog en blogger al opgebou het, maar vir die random ou wat van buite af kom, en reeds ‘n magdom ander blogs volg… wel, dit maak half min sin.

Intussen sal ek maar aanhou soek na hoe die stem van die ander kant moet klink, maar vandag was hy stil, so toe skryf ek hierdie totally random post nadat ek die Afrikaanse dashboard gesien het.

Advertisements

15 Responses to Afrikaanse blogs

  1. cobus sê:

    funny, my spam-blocker werk nie meer nie… 🙂

    OK, OK, ek’s opgesign…

  2. daar is geen promosie soos selfpromosie nie.

    lees my blog! lees my blog! lees my blog! lees my blog! lees my blog! viagra advertensie! groter penis! huislenings! porn porn porn!

    😉

  3. tiaan sê:

    Hey,ek blog ook in Afrikaans, hallo…! Meestal, anyway.

  4. cobus sê:

    ai, en dit na soveel wonderlike memories… 🙂

  5. Pikkelik sê:

    /me fluister saggies dat niemand anders kan hoor nie…. Die veldskool bestaan slegs in naam… Daar gaan niks meer aan nie!

  6. cobus sê:

    en ‘n veldskool! moenie die veldskool vergeet nie! 🙂

  7. Pikkelik sê:

    Haai, jy kan mos nie sê daar gaan NIKS op Amsterdam aan nie!! Daar is dan bome, en sampioene en, hmmmm, ja wel, daar is bome en sampioene! 😆 😆

  8. aventer sê:

    ag oulik. julle sien seker baie uit

  9. cobus sê:

    Troureëlings vorder goed. Kaartjies besig om uit te gaan.

  10. aventer sê:

    daar is ook ‘n paar mensies op my blog. gaan kyk maar gerus, mnr muller lees nogals lekker.

    hoe vorder die troureelings??

  11. Adrie sê:

    Litnet het ook Afrikaanse blogs.

    He He He

    Glorified Chatsites – Skuldig. Ek probeer darem (meeste van die tyd) sinvolle posts skryf.

  12. Soms verskil ek maar en kom dan seker bietjie kragdadig oor 😉

    Ek dink meeste blogs is seker by WordPress, maar daar is ook ‘n hele klomp by Blogspot en dan die Litnet-spulletjie, Die nuutste gier is om jou eie domein te registreer. Dis bepaald ‘n interessante klomp en dit sal baie interessant wees om dit te kategoriseer. Party is werklike dagboeke waar mense van hulle daaglikse ervarings vertel, ander is uitsluitlik religieus (of anti-religieus) van aard. Party is glorified kletskamers en ander leesbare joernale oor ‘n verskeidenheid onderwerpe. Mens kan inderdaad kies en keur. Ek dink wat ook ‘n geweldige toestroming na WordPress veroorsaak het, is al die oud Steve Hofmeyr blog-kommentators wat hulle eie blogs begin het na Steve se blog gesluit is.

  13. cobus sê:

    oor iets verskil, kan nie onthou waaroor nie 🙂

    Ek sign op vir almal van hulle, dalk kan ek beter begin verstaan wat aangaan onder Afrikaanse blogs. Wil vir my lyk almal gebruik WordPress? Interessant, alhoewel WordPress waarskynlik die grootste server internasionaal is, word ‘n hele verskeidenheid gebruik.

  14. Ek kan nie onthou van die tyd wat ek vies was nie…. 🙂

  15. Adrie sê:

    Sterkte met die nuwe blog.

    Ek hoop jy lees nog steeds dorings. Ek self het nie ‘n blogroll nie, maar ek gebruik graag die volgende mense se blogrolls as ek verveeld is.

    http://onderdiemaanensterre.wordpress.com/
    http://kruidjieroermynie.wordpress.com/
    http://delliesedinge.wordpress.com/
    http://sonkind.co.za/

    Met al daardie links gaan ek lekker in die Spam boks moet wag vir redding. In elk geval, tussen daardie 4 dames gaan daar nie juis ‘n afrikaanse blog wees waarvan jy nie weet nie. Al 4 is ook beslis die moeite werd om te lees en daar is baie meer waar hulle vandaan kom.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: