ons hou weer begrafnis…

Dis die view uit my kar uit na so omtrent die eerste 90 minute se werk vanoggend. OK, ek’s nie die enigste een nie ek weet. Word 4:15 wakker gebel deur my kolega, wonder-bo-wonder dat ek wakker word, aangesien my foon op vibrate was. Een van die kids wat nogals sterk leiding neem onder die kerk se jeug is geskiet, en sy pa ook. Hy is in die hospitaal en sy pa is dood.

Ek’s na hulle huis toe, daar rondgehang en vir die polisie gewag om klaar te maak, goed gekry, hospitaal toe gegaan, en toe terug huis toe. Dit was die derde rooftog vir die aand, en hierdie keer is iemand dood. Dis nie wit teen swart nie! Vroeër die aand is daar op swart ouens geskiet. Nie arm teen ryk nie. Die swart ouens was bouers gewees, gewone handarbeiders sou ons sê. Wat maak mens hiermee?

Ek druk die Lord of the Rings cd in die speler oppad terug van Montana hospitaal af. Naas die verhale van die Bybel is Lord of the Rings die verhaal waaruit ek die meeste betekenis put. Die stryd tussen goed en kwaad? Is dit waaroor dit gaan? Nee, ek praat nie van daai metafisiese stryd teen die bose magte wat hier om ons rondfladder nie, dis ‘n gesprek vir ‘n ander dag. Ek praat van die evil in die samelewing. Dan skop 6 jaar se teologiese opleiding in, en ek herinner myself dat ek ook deel van die evil is, elke keer wat ek stilweg ‘n sisteem ondersteun wat rykes ryker maak en armes armes, wat party marginaliseer en ander tot absolute mag verhoog. Ja, dis nie so maklik om te sien wie’s good en wie’s evil nie.

Ek sukkel nog om te verstaan hoe dit gekom het dat ons lewe so kan minag. Nee, dis nie alles Apartheid se skuld nie, maar ek wonder wat dit gedoen het… nee, dis nie alles VIGS se skuld nie, maar ek wonder wat dit gedoen het… nee, dis nie alles die Afrika-wêreldbeeld se skuld nie, maar ek wonder wat dit gedoen het… nee, dis nie alles die kerk se skuld nie, maar in ‘n land waar meerderheid sê hulle is Christene wonder ek soms ook wat die kerk gedoen het… hoe het dit gekom dat ons niks van lewe dink nie!?!

Maar nou ja, Rudiger is fine, haelgeweer skoot deur die skouer, patroon deur die long, maar hy is jonk en uiters fiks, en hy gaan dit maak. Iewers moet ons begrafnis hou. Iewers is daar nog ‘n gesin sonder ‘n pa.

PS! Kan ek sê wat ek al soveel keer in die verlede gesê het. SAPD het ‘n flippen goeie job gedoen rondom die toneel en in die opvolg!

Advertisements

6 Responses to ons hou weer begrafnis…

  1. cobus sê:

    dankie.
    SAPD doen dit nie altyd nie, dit was nogals ‘n lang paadjie in hierdie omgewing gewees… maar met die laaste vlaag begin dinge weer uitrafel…

  2. wildebees sê:

    ‘n Baie goeie inskrywing.

  3. Jy is baie gelukkig (geseend) dat die SAPD so ‘n goeie job gedoen het. Dis ongelukkig nie my eie ervaring nie. Die feit dat menselewens in SA so ‘n goedkoop kommoditeit is, bly betreurenswaardig.

  4. tiaan sê:

    Ja, ek glo ook nie in die strepie-getrek-wishwash nie.
    Maar wat ek eintlik wou sê, toe Roelene vir ons hiervan by produksie oefening vertel, was my eerste gedagte, ‘n ou een, die volgende: dit is nie hoe dinge veronderstel is om te wees nie! ‘n Mens moenie die aand gaan slaap en in die middel van die nag geskiet word nie.
    Ons het self by die produksie vroeër ‘n soortgelyke situasie gehad toe Nico-hulle in hulle huis aangeval en aangehou is. Hulle het gelukkig almal lewendig daarvan afgekom.
    Maar wat flippen sad is, is dat ons so blazé raak oor die goed. “Gelukkig is hy net deur die long geskiet!” Ek meen, wtf? Dit moes van die begin af nie so gewees het nie. Niemand moes geskiet gewees het nie. Dit maak my maar net hartseer.
    Laat ons nooit tragedie afwater nie…

  5. Cobus sê:

    twak. ek glo dit nie vir ‘n dag nie. dis nie jou tyd as jy vermoor word nie. Lees gerus The Shack.

  6. aventer sê:

    as dit jou tyd is, is dit jou tyd

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: