fundamentaliste en cheap ateïste

OK, so laat ek nou maar my verskriklike sonde van veralgemening publiek maak. Het dit elkgeval nou reeds genoeg in gesprekke gedoen. Universiteits-koshuise (dalk universiteit in die algemeen, maar ek los dit maar by die deel wat ek geken het) is vol fundamentaliste en cheap ateïste. Daar, ek het dit gesê. Hierdie artikel van Beeld illustreer hierdie twee groepe net weer.

Die gewildheid van Shofar en anfer soortgelyke groepe (dink bv. CRC by TUKS) was vir my nog altyd verstommend. Dit het my nog altyd verstom dat mense hulle geloof en akademie so totaal en al kan skei. Dat studente in finale jaar Ingeneursklasse kan sit, en in debatte wat ons hulle laat hou het rondom etiek amper emosioneel daaroor raak dat niemand behalwe Christene sterk positiewe morele oortuigings kan hê nie! Shofar op Stellenbosch is natuurlik nie onskuldig nie, na al die klasse rondom ewolusie wat hulle ontwrig het so jaar of twee gelede (nou nie seker hoe dinge nou daar gaan nie). Dat studente in hulle akademie gevorderde Wiskunde, Fisika en Chemie (wat ek niks van verstaan nie) beoefen, en in hulle geloof mense brandstapel toe wil stuur wat nie in ‘n 6-dag skepping glo nie!

Die ander gewilde groep wat ek op universiteit leer ken het is die cheap ateïste. Eintlik voel ek sleg om hierdie naam te gebruik, a.g.v respek vir vriende wat ateïste is. Want ek praat nie hier van die filosofiese tipe, wat d.m.v worsteling met hoe hulle die wêreld verstaan op ‘n punt gekom het waar hulle nie in enige vorm van godheid of iets soortgelyks glo nie, aan niks meer as hierdie bestaan wat waarneembaar is nie. Ek praat van die lot wat sommer net aan niks glo nie, ook aan niks meer as hulleself nie. Dit is daai cheap vorm van ateïsme (weereens met alle respek aan soveel ateïste wat nie hierby inpas nie, ek moet regtig ‘n beter woord vir hierdie lot kry) wat glo dat enige praat oor moraliteit of spiritualiteit sommer net belaglik is.

Dalk is dit waaroor Jimmy Wales (wat o.a Wikipedia begin het) in hierdie video beskryf wanneer hy sê dit gaan nie oor “right” en “left” in ons debatte op wikipedia nie, maar oor “the party of the thoughtful and the party of the jerks”. Mens sou wou hoop dat universiteit mense sou vorm om deel van die “party of the thoughtful” te word, wat ander kan in ag neem, in staat is om te luister wat ander sê, en bietjie respek kan wys vir ander. Daar is so groep ook, die wat droom oor ‘n beter nuwe wêreld, wat ons kan help om te sien hoe dit moontlik kan lyk as ons glo (of nie glo nie) in die 21ste eeu, en hoe hierdie oortuiging (wat dit ookal mag wees) tot opbou van die samelewing kan wees, en in vrede met ander kan saamleef.

O, en as iemand daai lot van Wilgenhof sien, wens hulle asseblief geluk. Want al wat hulle nou reg gekry het is om die Shofar lot die victims te maak. Enige teoloog wat sy sout werd is sou hulle kon waarsku dat as jy martelare van ekstremistiese groepe maak dan veroorsaak jy simpatie vir hulle, wat op die langduur tot versterking van die groep lei. So, vir daai 6 ouens, as julle idee wat om ontslae te raak van Shofar, geluk! Julle het presies die teenoorgestelde nou aan deelgeneem.

Elkgeval, sekerlik nou nie die bes geartikuleerde post wat ek nog geskryf het nie. Maar daar, ek het dit gesê. Ek is dik vir hierdie twee ekstreme. En ek wens die wêreld kan die ander groep studente ontmoet wat my gemaak het wie ek is.

Advertisements

3 Responses to fundamentaliste en cheap ateïste

  1. cobus sê:

    Lees weer!

    Ek sê nie hulle is ateïste nie, ek beskryf die twee ekstreme wat ek op universiteit leer ken het, sê twee keer dat die term ateïs nie die regte een is nie, en definieer die “cheap ateïste” as: Want ek praat nie hier van die filosofiese tipe, wat d.m.v worsteling met hoe hulle die wêreld verstaan op ‘n punt gekom het waar hulle nie in enige vorm van godheid of iets soortgelyks glo nie, aan niks meer as hierdie bestaan wat waarneembaar is nie. Ek praat van die lot wat sommer net aan niks glo nie, ook aan niks meer as hulleself nie.

    Ons sou ook kon praat van “praktiese ateïste”, maar daai konsep is reeds gevat en het ‘n bietjie van ‘n ander nuanse. Dit gaan hier dus nie oor of jy op filosofiese of dogmatiese vlak die bestaan van ‘n godheid van watter aard ookal erken nie, ook nie of jy ‘n religieuse byeenkoms bywoon nie, maar word jou gedrag bepaal deur iets meer, wat God kan wees, wat ook die ander kan wees. Meeste self-geproklameerde, filosofies-regverdigde ateïste wat ek ken sal nie hierin inpas nie…

  2. bluegray sê:

    Daar is baie woorde om simpel mense soos die te beskryf: kinderagtig, anargis, rebel, stupid, skobbejak, onkrities, sit-die-pot-mis, dronk, selfs tipies student en man… ens. ens.
    Geen rede om ateïs te gebruik nie – as hulle ooit is. Het nou eers van die voorval gehoor, van jou blog post af en jy weet dalk meer as ek, maar sover sien ek nog nie wat die motief was nie. Hulle kon netsowel enige ander geloof beoefen, hoekom moet hulle noodwendig ateïste wees om so iets te doen?

  3. […] student at Tukkies, already wrote an Afrikaans blog post about it earlier this week, titled fundamentaliste en cheap ateïste. The writing of this blog post was prompted by Shofar’s letter and press […]

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: