Afrikaners aan die ander kant en die politiek

Baie het al gesê dat witmense (spesifiek dan Afrikaners, wat maar is wat ek ken), veral die jonges, nie ‘n clue het wat in die politiek aangaan nie, en nie ‘n saak nie. Jy moet met die swart ouens praat as jy wil politiek praat. En dit is nogals so. Ons het oor baie dinge gesels in die koshuis, maar bitter selde regtig oor die politiek van die dag. Niemand het geweet wat in die ANC aangaan nie (en as jy politiek gesels sonder om oor die ANC te gesels in Suid Afrika dan fool jy jouself), niemand het eers geweet wat in die DA of op enige ander plek aangaan nie. Die enigste politiek wat gepraat is was ver-regse politiek, die res het net nie gepraat nie.

Maar hierdie Lekota Shilowa storie het dit verander! Skielik hoor ek weer jong Afrikaners wat politiek praat. Ons moet weer opvang, en try bykom, maar ek hoor meer en meer van 20-something Afrikaners wat hierdie lot volg. Gisteraand het ‘n klompie van ons gekuier, en toe kom dit iewers uit dat meeste van ons al baie sterk oorweeg om vir die breakaway lot te stem. Ja, ek self ook.

Ek is nog nie seker wat hulle gedoen het om dit reg te kry nie, maar hulle het, en ek dink dis ‘n goeie ding. Ek het nogals gewonder of mens die naweek se storie in Sandton sal kan bywoon, ek is seker ek sou in ‘n japtrap ‘n klomp jong werkendes gekry het wat sou gaan.

Advertisements

7 Responses to Afrikaners aan die ander kant en die politiek

  1. […] is aan die gebeur, soos ek ook hier reeds vroeër begin vermoed het! In die IT wêreld sê hulle dat die twee groot magte is die […]

  2. Ek dink nie dis so vreemd nie.

  3. cobus sê:

    Iemand moet iewers vir my verduidelik hoekom hierdie reaksie by jong Afrikaners uitkom, behoort ‘n interessante studie in sosiologie of something te maak. Enige iemandd aar buite wat belangstel???

  4. vreemd, ek het gister met ‘n vriend met meer melanien as ek aan die etenstafel gesit en chat oor hoe ons positief is oor SA se toekoms – en hoe great die ANC-split vir ‘n gesonde demokrasie is.

    Nie een van ons twee is eers halfpad deur ons 20’s nie.

  5. Jy moet as lid van ‘n organisasie gaan en hulle laat 2 lede per organisasie toe maar volgens http://www.novemberconvention.co.za het registrasie reeds gesluit. Lyk my ‘n mens sal moet wag vir ‘n streekskonsultasie.

    Hulle sê: “Regional consultations, post the convention, for mass participation will be convened in Regional Consultative Summits which will feed into the party launch on December 16th . Please continue to return to this site for regular updates.”

    Nog ‘n berig is by http://www.politicsweb.co.za/politicsweb/view/politicsweb/en/page71627?oid=107888&sn=Detail

    Lyk my die party se grassroots manier van kommunikasie op die web gebeur by http://www.friendsofdemocracy.co.za/
    Daar is al meer as ‘n maand ‘n lewendige en driftige gesprek aan die gang onder Have your say.

  6. cobus sê:

    As jy enigiets kan uitvind oor hoe mens daar kan inkom ens laat weet, ek sal dieselfde doen as ek iets uitvind.

  7. Lekker post hierdie! Gaan kyk ‘n bietjie na my FB groep wat ek 24 Sep begin het (die dag toe daar 2 provinsiale ANC vergaderings in die Wes-Kaap gehou is).
    http://www.facebook.com/group.php?gid=26084334827

    Jy laat my nou terugverlang na my studentedae, koshuislewe en politiek op kampus. In die vroeë negentigs het ons die voorsitter van ANC Tuks en die voorsitter van die Vryheidsfront in die koshuis gehad. Om dinge verder op te spice was daar ook ‘n paar ultra-regses o.a. een ou wat later vir die Boeremag verhoor in die tronk was (nog steeds is?) Die “founding fathers” van Orania was ook saam met my in die koshuis, o.a. twee van prof Carel Boshoff se seuns.

    Die Vryheidsfront voorsitter, Willie Spies, nou ‘n VF+ parlementslid is loshande die regse politikus vir wie ek die meeste respek het.

    Ek oorweeg self om dalk Saterdag een of ander tyd Sandton toe te gaan maar probeer nog uitvind hoe dit werk en het eintlik ook moontlik ander planne. Laat weet my as jy gaan.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: