the end of the church as you know it…

So, hierdie ‘n die groot week! Na 6 jaar se swottings, word on gelegitimeer. As jy wil weet hoe ek voel, gaan kyk Patch Adams. Daai introductory lesing wat die dean vir hulle gee: “We’re gonna make docters out of you medical scum!”. Uit ons lot quazi-charismatic, quazi-fundamentalistiese jong naïwe gelowiges, het daar ‘n klompie teoloë gekom. Tiaan sê noudiedag vir iemand hulle moet die foto wat ons more gaan neem mooi oppas, dit gaan nog baie geld werd wees. Dan sal hy na die tyd vir my sê: die mense verstaan nie, hy is ernstig! Ons gaan nog groot dinge doen!

Wel, bitter min van ons wil regtig dominee-dominees word. Is dit ‘n goeie ding? Ek weet nie. Die shrink sê vanoggend vir my die pla hom nie, mens is tog meer as net ‘n dominee. Elkgeval, ons koppe staan in alle rigtings. Ons is die nuwe lot predikante. Wat 6 jaar swot, en dan nie regtig wil dominees word nie. Ek dink baie van ons het nogals ons studies gelike, goeie tye gewees, baie geleer, wil nie graag teruggaan na voor dit toe nie. Maar hier sit ons, steeds naïef, glo ons gaan die wêreld verander, na 6 jaar sukkel ons om te verstaan presies waaroor die “church as we know it” gaan. Maar ten spyte daarvan hou baie van ons nogals van die kerk.

Ek self? Wel, ek sal dominee word seker. Ja-ja, julle ken my, ek sal maar een of ander emerging tipe ding try doen. Ek belowe meer inligting soos wat ek dit kry, op hierdie stadium praat ek lang gesprekke met die kerk, want ek wil kyk of mens dit nie onder die vaandel van ons geliefde moeder Nederduits Gereformeerde Kerk kan doen nie. Elkgeval, as jy gewonder het hoe lyk die dominees aan die ander kant… kom kyk na ons klas. Een wil gaan flieks maak, een wil aanhou met sy metal-band, een gaan in besigheid in, en daar is ‘n klompie ander moontlikhede, en almal glo werklik hulle moes 6 jaar teologie swot, en gaan dit nou gebruik in watter rigting hulle ookal gaan. Hulle het nie die Ds. nodig om geroep te wees nie!

Elkgeval, more is dit die kuratorium (as jy nie weet wat dit is nie… ag, moet nie te veel worry nie) en eksamenkommissie. Ons gaan seker meer dominees sien as wat meeste mense in ‘n leeftyd mee praat! Maar nou ja, sal laat weet hoe dit gegaan het.

Advertisements

One Response to the end of the church as you know it…

  1. Bra, sterkte met die legitimasie!Daar is darem ‘n hele paar survivors aan “die ander kant” van die kuratorium gordyn…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: