bietjie Buchan humor

Ek is nie ‘n groot Buchan fan nie, daai fliek oor hom het my ongemaklik laat voel. My lewe is skynbaar meer kompleks as syne, en God gaan bietjie meer misterieus met my gebede om as met syne. Ag, daar is natuurlik die genesings ding ook, wat ek nie trust nie, en ja, selle as met Benny Hinn en al die ander geloofsgeneesheerprofete, het Buchan ook al mense gesond gemaak wat toe dood is… hulle hou natuurlik op medikasie gebruik…

Elkgeval, ek spreek selde kritiek uit teen die omie, mense like dit nie baie nie. Ek gaan ook nie hier nie. Wou jou eintlik maar net wys na hierdie storie in Beeld. Gewoonlik kry Buchan die wind van voor van die liberales wat issues het met sy geloofsgenesings-claims en veral sy interpretasie van die rol van vrouens en mans in huwelike (ook hieroor is daar al bad stories, van hoe mans Buchan se woorde misbruik om hulle onderdrukking van hulle vrouens te regverdig). Maar in die storietjie kry die arme omie dit van voor omdat hy skynbaar nie slegs in die bloed van Jesus wat sondes wegwas vertrou nie (ek moet dit vir Buchan gee, ek dink wie ookal hierdie artikel of brief of watookal in Beeld geskryf het weet niks van metaforiese taal nie, maar siende dat ek nie weet wat Buchan presies gesê het nie, sal ek nie weet nie), en omdat hy ‘n pluralis is (hy glo dat mense uit alle godsdienste hemel toe gaan).

Wel, ek smile maar net. Soos ek gereeld vir my een baie goeie vriendin sê: net die tyd sal leer of oom Angus reg was of nie. Ek is nie gemaklik met hom nie, maar nou ja, ek gaan nie te veel daaroor karring nie. Ek hoop iemand sien darm die humor in die Beeld artikel raak…

Ek het baie lank terug ‘n paar posts oor Faith Like Potatoes geskryf. Jy kan hulle hier, hier en hier lees.

Advertisements

3 Responses to bietjie Buchan humor

  1. cobus sê:

    sorry, is nou gefix

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: