Hillsongs hype

Gisteraand was Hillsongs United bietjie in my face. My bacholers was net so paar honders meter van LC af, waar hulle open-air show gehou was (al moet ek dit nou self sê, dit moet nogals geloof vat om in November in Pretoria ‘n opelug show te hou vir 8000 mense, die reën het hulle amper gevang). Ons kon nie regtig hoor nie, maar hulle het orals gepark daar rond waar ons was, en ons het 15 minute gevat om van Arkadia straat tot by die Duncan-South robot te kom, 12uur in die nag.

Elkgeval. Iemand skryf op facebook:

WOW!!!<UNITED> was amazing…if that was just a taste of how heaven is gona be…I will give up everything to be with God!!!!! I am siked!!!!! One way! JESUS!!

Ek was so 14 rond toe Louis Brittz, die Jubeljaar en al die jeugfeeste die land vol getoer het. Ek was daar, ek het op en af gespring… op en af… op en af… ons het geworship. Dit was ook die tyd toe C-kruis nog baie gewild was, en Pneumatix, en TLP, en allerhande diensjaar groepe, ek het darem na die 2de of 3de bekering besef hierdie storie van elke kort-kort tot bekering kom in een of ander hype is dalk nou nie heeltemal the one way to go nie. Ons was siked!

‘n Vriend van my sê dit altyd so mooi:

We are more western middle-class than Christian…

I will give up everything to be with God? Ek like nogals die persoon wat hierdie geskryf het, en het geen twyfel daaraan dat sy dit waarskynlik bedoel het nie. Maar iewers is iets fout. Want hier sit ons in Pretoria, hiper-godsdienstige Pretoria, met Moreleta se 8000 mense elke Sondag, 8000 by ‘n Hillsongs show in November wanneer dit dreig om te reën, met ons 100 NG Gemeentes, en nog talle van elke kleur en geur om die spektrum te voltooi, ‘n stad wat Johan Rossouw mooi beskryf het, waar ons gospel liedjies in Menlyn speel… ‘n stad met 150 duisend VIGS weesies, waar die spanning tussen arm en ryk van die mees ooglopendste in die wêreld is (ry gerus bietjie Hans Strydom, die hele Hans Strydom, tot waar hy eindig anderkant Mamelodi, en kyk hoe ryk en arm in skrille kontras staan). Ongelukkig lyk dit my nie of Hillsongs, en for that matter wonder ek of dit kerk dit regkry, ons help om everything op te gee nie.

Maar nou ja, my eie spanning leef maar voort. Dit was goeie tye daai, op en af… op en af… terwyl Louis ons vermaak, of MIC of wie ookal in town was. En aan die ander kant die Cobus van vandag, wat meer Polisiekar as gospel luister, en daardeur gechallenge word. Wat worship meer in die labirint as die kerk beleef, en shows beleef as net dit… shows. So binne hierdie spanning weet ek nie wat om vir almal te sê wat by Hillsongs was nie, behalwe dat ek verstaan, maar dat ek dink jy moet bietjie by PEN of TLF ook gaan kuier.

Advertisements

9 Responses to Hillsongs hype

  1. […] Ons praat vanmiddag oor my bachelors van so klompie maande terug. ‘n Goeie aand saam met vriende, paintball en ‘n braai (ja, ek het regtig goeie vriende, niks stupids aangevang nie). So paar honderd meter van die braai af was Hillsongs besig om vir Jesus te getuig met musiek, maar ek het nie gevoel ek mis iets nie. […]

  2. tiaan sê:

    een keer te bekeer en klaar te kry…

  3. tiaan sê:

    Wel…okay goed, jy ken my storie en weet ek was net daar, soos jy, en voel dieselfde oor die goed, soos jy, en was ook deur so +/- 3 of 4 bekerings, soos jy. Hehe :D!
    Maar hierdie afgelope week het ons vir 13th Floor (C-Kruis met ‘n nuwe naam) hier in Vryheid gehad. Nie my aanvanklike plan nie, maar ons glo hulle is hiernatoe gestuur (I know!).
    Nou, ek weet nie of ek dalk iets verwag het uit my tienerjare nie, maar ek was…mmm…mildly disappointed. Nie in hulle shows nie – die scripts en teologie is regtig goed en veral die een oor hoe letterlike en ook figuurlike kanker ‘n mens kan opvreet, was genuine brilliant. ‘n Mens kan sien Flaps van der Merwe doen dit al lank!
    Maar hulle manier van operate was, om die minste te sê, bevraagtekenbaar. Ek gaan nie te veel uitbrei hier nie, maar dis genoeg om te sê ek het ‘n hoër vlak van professionaliteit verwag.
    Die barometer bly vir my wat hulle vir die kinders beteken het en ek en die onderwysers by die skole het baie positiewe terugvoer gekry. Die altar calls was nie hierdie keer vir my die groot ding nie, want dankie tog hulle het nie elke keer aangehou en aangehou totdat die hele saal met elke liewe show hulle harte alweer vir die Here gegee het nie. Die goed was fine gedoen, sonder om dit op mense af te dwing.
    Die ding vir my was dat baie van die kinders se issues net aan die lig gebring is, soos ‘n blikkie wurms wat nou oopgemaak is en net so gelos is – “Jesus is die antwoord…”
    Ek bedoel, sê mens regtig vir hoërskoolmeisies: “Ek was anoreksies, toe stel my broer my aan Jesus voor en toe is alles beter”?
    Nee, die issue is die “vraag” en nou moet ons dorp se predikante die “antwoord” verskaf…
    Daar is meriete in diensjaarspanne, maar samewerking met predikante/jeugwerkers/die mense wat daagliks met die tieners te doene het, sal almal baat. Dan hoef ons regtig net een keer te beker en klaar te kry!

  4. roer sê:

    Ek’s ‘n Kapenaar en was hierdie naweek in Pretoria en meer spesifiek Garsfontein, maar voor dit het ek deur Pretoria Wes gery om daar te kom van Brits se kant af… Praat van skrille kontras. Anyway, ek dink ek sal hiped wees by bv. ‘n Pink konsert ook, maar die verskil is seker in die boodskap.

  5. duskant sê:

    Ek stem saam met jou…maar ook nie. Yes mens sien ‘n diep ironie in die feit dat daar honderde plakkershutte en armes letterlik loopafstand van Moreleta se R100 miljoen gebou staan. Maar ontneem dit Moreleta sy bestaansreg en kan ‘n mens werklik hierdie maatskaplike krisis op ‘n welaf kerk blameer?
    Ek is self by Pen betrokke, maar het nie juis enigeiets teen die Hillsongs en die Moreletas nie omdat ek weet dat baie van die vrywilligers wat baie aande saam met my sop uitdeel deur instansies soos hierdie aangevuur is / word.

  6. Dagse Cobus

    Ek stem heeltemal saam met die gedeelte wat jy na verwys as die hoeveelste keer wat mens tot bekering kom.

    Ware bekering is nog nooit bedoel vir ‘n tyd van massa “histerie” deur mense wat opgesweep is met emosie belaaide optrede deur een of ander “band” en dan ‘n uitnodiging en die bid van die “sinner prayer” nie. Dis nonsens.

    Waarlike bekering is ‘n lewens veranderende gebeure wat jou begin punt is van Geestelike pad en groei. Jy weet as jy waarlik wedergebore is want die Ware God se Gees getuig saam jou gees van die werklikheid van die gebeure. Dit gaan nie weg na ‘n dag of ‘n week, maand of self ‘n jaar nie, dis permanent.

    Groete

  7. cobus sê:

    Nou’s ek flippen nuuskierig! hierdie kant… ander kant??? “judeo-christian hedonist”? Jy’t honderd vrae? Wel, ek’t nou ook!

  8. Cara Meintjes sê:

    Sjoe, ek ken al die name wat jy genoem het – Jubeljaar, C-kruis, TLP (bietjie minder bekend dog ek?), Moreleta. Op en af ja 🙂 Die – okay, jeugdige, kleinlike, muisnes-gevulde – begin van ‘n verhouding met God. Ek’s nou hierdie kant… en jy anderkant.

    Belydenis: dis so tempting om jou te “other” en ek het dit al baie met intellektuele Afrikaners gedoen. Maar hierdie keer het ek en jy baie in gemeen en ek’s damn nuuskierig oor jou. My variasie op die “western middle class” tema is “judeo-christian hedonist”. aKing praat way vinniger met my as Hillsongs. Ek dink ook meta, maar ek’s anderkant. Honderd vrae!

    Damn nuuskierig. Dink jy’s ‘n leser ryker.

  9. ja wel, daai lirieke is nie altyd te wonderlik om mee te begin nie. face rym altyd met grace – en hulle wil dit altyd sien. dan, twee reëls ondertoe, is God onsigbaar soos die wind.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: