dominees kan ook vriende hê

Ek was 16, en het ‘n skoolverwisselingskamp as leier bygewoon, en die dominee het nogals ‘n indruk gemaak. Later jare het ek om minder gelike, nadat ek agtergekom het dat hy het grotendeels indruk gemaak d.m.v skokteurapie (soos om die hele kamp vol 13 jariges te oortuig die wederkoms is die volgende week). Maar een ding wat niks met skokteurapie te doen gehad het nie, het gebly. Hy het gesê dat die mense op die plek waar hy bly neem hom kwalik omdat hy vriende het…

Ek weet nie wat was die storie agter die storie nie, of hy vertroulike stuff uitgeblaker het nie (wat ek glad nie ten gunste van is nie), maar dis maarsy saak. Tog het dit indruk gemaak en het ek dit onthou. Dalk omdat my pa ook dominee was, al was ons situasie so bietjie uniek, want hy was die sending dominee in Swaziland en ons het op Piet Retief gebly, waar ons goeie vriende gehad het, maar dit was dalk maar anders. Toe is ek koshuis toe en teologie geswot. Ons koshuis mense kon nie regtig anders as om ook ander vriende te hê nie, in die 5 jaar wat ek in die koshuis was was ons heeltyd tussen 2 en 3 teologie studente in die koshuis, en behalwe vir ek en die Wynand wat vir 2 jaar lank op dieselfde gang gebly het, het ons dwarsdeur die koshuis versprei gebly.

So aan die een kant verstaan ek nie wat die issue is met dominees en vriende nie, aan die ander kant maak dit vir my sin. Soos ‘n medic vriendin gisteraand oor die medics sê, hulle is heeltyd in mekaar se geselskap, en die toelogies studente ook, bly saam, swot saam kuier saam… so dan het mens seker maar net dominee vriende uiteindelik. Maar dit wil vir my so al voel of daar iets anders ook is, asof dominees sulke ongeskrewe reëls maak oor sekere dinge wat nie met mense buite die guild bespreek mag word nie, ek praat nie van persoonlike vertroulike stuff nie, dit mag jy ni eers met jou mede-dominees bespreek nie!

Maar as dominees tensions met die kerk beleef dan vertel hulle dit vir mekaar (o vrek, jy moet die koffie-tye by kerkvergaderings en goed beleef), maar nie vir ander mense nie (of is ek verkeerd?). As dominees sommer net moeg is, dan vertel hulle dit vir mekaar, maar sit hierdie helse smile op vir ander mense (nog ‘n oorblyfsel van die proffesionalisasie (Johan, is dit ‘n woord?) van die dominee-werk).

Dalk is ek net lucky met my vriende, maar daai goed maak nie vir my sin nie. As ek moeg gewerk is, dan weet my vriende dit. As ek nie lus het vir ‘n vergadering nie, dan dit ook. As ek lank voorberei het vir iets, dan weet hulle dit baie keer (al luister hulle gewoonlik nie as ek preek nie). Ek’s maar net ‘n mens, het ‘n job, en vriende, en dis die lewe, nes enige iemand anders… of ek dink altans so.

NB! Jammer vir die oorgebruik van die term dominee, ek like dit eintlik nie. Kyk gerus hierdie post van ‘n vriend van my vir meer oor hierdie tipe terme, asook die kommentaar vir my opinie.

Advertisements

2 Responses to dominees kan ook vriende hê

  1. Daar is een groot gevaar (en jy weet uit ondervinding dit is ongelukkig die realiteit) dat sekere dominees “uitgesoekte” vriende het wat verhewe is bo kritiek en teenoor wie so ‘n dominee eintlik nie meer profeet kan wees nie. Hierdie vriende “kan niks verkeerd doen nie” (en selfs al sou hulle iets verkeerd doen sal die dominee hulle beskerm.) Dan raak so ‘n vriendskap ongesond.

  2. Ronald sê:

    Cobus

    Ek is nou nog nie ‘n “dominee” nie, maar ek is bly jy verwys darem na my as ‘n vriend.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: