Ek’s terug!

Na meer as twee maande is ek terug. Ek het groot dele van Kaapstad platgery met die trein, getrou, getrek en gesukkel met Telkom, my landlord en Suid Afrika se informele ekonomie. Oor Telkom sal ek nie uitbrei nie, suffice to say dat ek in lang rye gestaan het, lank op die foon aangehou het, gesukkel het om info te kry, maar uiteindelik wel internet gekry het. Oor my landlord nog minder, suffice to say dis vir my ‘n teer sakie. En oor die informele ekonomie…

Wel, ek is versoek om my selfoon (HTC S710, serial number 355257017441221 sou jy hom dalk opspoor) saam met R220 vir die informele ekonomie te skenk, ek wil eintlik sê swart mark, maar dit sal rassisties klink, en dit is glad nie waaroor dit gaan nie. Die versoek het met ‘n mes gepaard gegaan, maar ek is sonder ‘n merkie daar weg. Sunnyside polisiestasie is baie stadig, maar Pretoria Sentraal impress my nogals, noudiedag ‘n oproep van ‘n speurder daar gekry… ek verwag nou nie juis dat die foon ooit gaan uitkom nie, maar hy het oor die foon geklink of hy weet wat hy doen, dis nice om te hoor.

Ek werk nou by NG Kameeldrif, en so bietjie by die sentrum vir Publieke teologie by TUKS, en van volgende maand af so bietjie vir die www.jonk.co.za, en dalk binnerkort begin ons bietjie prakties soek na hoe kerke aan die anderkant van ons NG-kerkie kan lyk… meer daaroor in die weke en maande wat kom.

OK, ek moet weer eers weer bietjie in die blogging ding inkom, so vir nou is dit oor en uit, tot more toe ek hoop…

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: