post-Christendom Suid Afrika???

Dit is nog popular deesdae om van ‘n post-Christendom wêreld te praat. Ek self doen dit gereeld, en het ook deel van my skripsie daarop gebou laas jaar (kyk 2.2.1) . Die kort daarvan is dat die kerk nie meer bepaal hoe dinge moet gebeur in die samelewing nie. As die flieks wil oop op Sondae, en mense wil krieket speel, gaan die kerk nie ‘n wet gemaak kry wat dit keer nie. Die era waar die kerk in die sentrum van die samelewing gestaan het is supposed om verby te wees!

Ons sit toe noudieaand in Greenfields daar op die hoek van Jean en Lenchen in Centurion, en hier speel die plek gospel! Gospel in ‘n koffiewinkel? En ‘n vriend van my vertel hulle speel dit in Menlyn ook deesdae. En nie hierdie gospel wat iemand anders gister vir my oor vertel wat “regtig goed is! Mens kom nie eers agter dit is gospel nie” nie, nee, regte praise & worship van die Hillsongs kind! In ons shopping malls! Ek bedoel, kan jy dink dat Psalm 100 Dinsdag aand oor Springbok Radio, of sommer by die plaasdans of waarookal die public places was, gespeel sou gewees het 30/40 jaar terug???

Maar ek like die goed nie. Die volgende punt van die skripsietjie (2.2.2) was die feit dat ons godsdiens na die private sfeer geskuif het, meaning, godsdiens het niks meer te sê gehad vir publieke issues nie, vir hoe ek my besigheid run ens nie. Maar hier is die gospel nou weer in die public sphere, besig om uitgeblêr te word in die koffiewinkels van die dag! Ek het ‘n stuk ongemak hiermee. Dalk moet ek nie nou meer daaroor sê nie, dalk later, maar something is missing in ‘n wêreld waar die kerk niks te sê het oor die ekonomie, politiek ens nie, waar die kerk veronderstel is om net op die private religious issues te fokus, maar waar mooi gospel orals uitgesaai word! Dalk is my issue daarmee dat ek nie juis kan dink dat daar mooi prentjies van Jesus met musiek wat vertel oor sy wonderlike woorde op die markplein van Rome in 50 nC gespeel sou geword het nie… daarvoor het Jesus op te veel tone getrap!

Advertisements

7 Responses to post-Christendom Suid Afrika???

  1. Miss Sias sê:

    Ja ou Wolf,

    In die goeie ou dae mog wit & swart mos ôk nie VERMENG het nie, of hoe…?

  2. wolfbenjamin sê:

    Nee, daar is geen, maar geen verskoning vir taalvermenging nie. Nee, die feit dat dit ‘n blog is, regverdig nie taalvermenging nie. Taalvermenging pas in GEEN genre nie, ook nie in ‘n blog nie. Ook ‘n dagboek regverdig nie taalvermenging nie. Waar het jy al gesien dat Franse of Russe ‘n “genre” gebruik as ‘n verskoning om hulle taal te besmet met uitheemse woorde uit ander tale? Taalvermenging is bloot swak smaak. As dit dan in die mode is, is dit steeds nie geregverdig nie, en daar is geen verskoning voor nie.

    Jy is iemand na wie die gemeenskap opsien en van wie hulle verwag dat jy die onderskeie tale wat jou erfenis is, ordentlik en suiwer sal gebruik. Jy is ook ‘n persoon wat in ‘n professionele hoedanigheid jou familie en volk verteenwoordig. Jy is nie op universiteit om dinge af te breek nie, maar om op te bou. My en die volgende persoon se erfenis is aan jou gegee om te bewaar. Hou dit suiwer, asb, soos dit aan jou toevertrou is.

  3. cobus sê:

    Ek is steeds onseker waar die probleem in my skripsie gelê het? En waar die swak argument? Is ‘n blog nie ‘n uniek genre nie? Sou daar geen genre wees wat wel die vermenging van taal regverdig nie? Waarom die groot klem op professionaliteit? Sou dit nie kon gebeur dat professionaliteit en eerlikheid teenoor mekaar kom indien die genre nader aan die genre van ‘n dagboek as die van ‘n publiekasie (hetsy van akademiese of populêre aard) kom nie?

  4. wolfbenjamin sê:

    Nee, Cobus, dis ‘n swak argument. Inderwaarheid is dit geen argument nie.

    ‘n Blog is ‘n advertensie. Hierdeur adverteer jy ook jou professionalisme, nie jou vermoe om Akademiese taal (wat dit ookal mag wees) te kan gebruik nie, maar wel om beskaagde taal te kan gebruik in jou vakgebied. As ‘n professionele persoon behoort jy seker te maak dat jou blog ook ‘n professionele gesiggie in die taalgebruik vertoon, anders kan mense jou nie ernstig opneem nie.

    Afrikaans word tans reeds totaal verniel. Jy hoef beslis nie mee te doen nie.

    Wanneer jy jou volgende graad kry, maak maar seker dat jy ‘n keuse maak uit die taalversorgers. Daar is ‘n hele paar waaruit jy kan kies. Almal doen goeie professionele werk, en dit is ons spesialisrigting.

    Maar pos gerus nog goeie blogs soos hierdie een. Jy kan goeie Afrikaans gebruik, soos jou kommentaar getuig. Dit sal waardeer word as jy in goeie Afrikaans kan skryf. Dit sal ook baie meer professioneel lyk.

    Groetnis,

    Wolf

  5. Duusman( Wize guy wat SNERT praat) sê:

    Die kerk het volledig se^ gehad oor alles- politiek,sosio-ekonomie, en was ook regter en teregsteller – dankie daai tyd is verby. Die kerk verdien nie die respek wat dit so gretig wil he^ nie.

  6. cobus sê:

    Vriend wolf (is dit van dieselfde wolf as die wolf lot wat taaldienste op TUKS kampus doen?)

    Dalk moes jy eers my skripsie gelees het voor jy opmerkings maak. Gaan hom gerus deur. Nee, ek het nie ‘n taalversorger gehad nie, ek het vriende. Mense met goeie vriende het skynbaar nie taalversorgers nodig nie. Maar hierdie is nie ‘n skripsie nie, as jy wil hê die blog moet soos ‘n skripsie lyk dan gaan daar voorde soos transsubstansiasieleer en fenomenologie op gereelde basis begin verskyn. Mens moet jou genre ken. Hierdie is ‘n blog. ‘n Blog is ‘n uiters persoonlike ding. Hier meng ek my taal, want dit is wie ek is. Die link is na my skripsie. ‘n Akademiese dokument. Daar is my taal suiwer, maar dit is nie so persoonlik nie.

  7. wolfbenjamin sê:

    Baie goeie blog, maar kan jy nie Afrikaans praat nie?
    Hoe kry jy ‘n skripsie ingehandig met so ‘n gemengde taal?
    Het jy nie ‘n taalversorger nie?
    Ag nee, man, praat tog Afrikaans of Engels, as dit moet, maar hierdie mengeltaal is onaanvaarbaar in beskaafde kringe.

    Wolf.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: