kerk vergaderings

Ek sit toe nou vandag by nog een van ons grootte kerk se groot kerkvergaderings, hierdie keer die van JONK, dis nou die ou Algemene Jeugkommisie, of in kort, die “grootbase” van jeugbediening in die NG Kerk. Ek help so bietjie met die website, om die community daar aan die gang te kry en bietjie admin en stuff.

Vergadering was by Achterberg, flippen nice kampterrein daar in Krugersdrop. Ons kry elkeen so botteltjie gebottelde water as jy daar is vir ‘n funksie of ‘n ding, nogals mooi proffesioneel, maar toe ek myne so oopmaak onthou ek ‘n twitter update van Len Sweet van noudiedag waarin hy mention dat dit meer water vat om ‘n bottel gebottelde water te maak as wat jy water in hom kry. Voeg nog al die besoedeling by om dit te vervoer, en dan wonder ek, hoekom kon ons nie maar ‘n beker water en ‘n paar glase op die tafel gesit het nie?

As ons kerk wil wees aan hierdie nuwe kant van die wêreld, dan sal ons moet begin dink oor die goed! Dit help nis ons vlieg mense van heinde en verre in vir ‘n vergadering om te praat oor allerhande mooi goed (en party sommer sinnelose goed baie keer), ry mense aan van duisende kilometers, en claim ons doen dit vir die koninkryk van God nie! Dalk gaan ons verder te kom deur te sê dat ter wille van die koninkryk kan ek maar ‘n telefoonvergadering hou, bietjie my email-skills opskerp om minder rond te vlieg, of die admin minder maak sodat ons minder daar agter hoef rond te ry…

Ja, vergaderings en bymekaarkom is baie keer goed, baie keer nodig, maar partymaal kommunikeer ons dalk net presies die teenoorgestelde deur hoe en hoeveel ons vergadering hou as wat die agenda van die vergadering sê…

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: