terug by die punt

Ek skuld ‘n groot verskoning aan die lesers van hierdie blog. Die comments die laaste paar dae het buite die gees van hierdie blog plaasgevind. Ek het die blog begin om te soek na hoe die kerk aan die ander kant kan lyk, maar die comments het gegaan daaroor om ‘n apologie te bied vir ‘n ongemak met die fundamentalisme. Ek vra dus verskoning aan jou, die leser. Ek is ongemaklik met die fundamentalisme, ek gaan nie verskoning daarvoor vra nie. Ek stel egter lankal nie meer belang in lang debatte daar rondom nie, en indien dit so sou gebeur dat ek wel myself in so gesprek vind, dan moet dit koffie involve, en nie op hierdie blog plaasvind nie.

Sou iemand dus nog wonder wat ek glo omdat hulle bang is dat ek net dalk ‘n heiden is, dan nooi ek jou uit om drie jaar se blogging te begin deurwerk, blogging is maar nie altyd ‘n mooi fyn geformuleerde genre nie, so jy sal sekerlik iets teen my kry. As jy egter begin met vra oor of ek die of daai leerstelling of Bybelversie onderskryf, dan gaan ek ongelukkig nie die gesprek hier kan voer nie, ter wille van die leser.

Wat vandag algemeen bekendstaan as die fundamentalisme (en ek gebruik die woord nie om mense sleg te maak nie, dit verwys net na jou as jy gemaklik is daarmee om na jouself so te verwys) het vir my baie pyn gekos, ek besef dat ander teologiese strome vir jou pyn kon gekos het, en is jammer daaroor. Ek sal egter steeds met jou gesels, maar dan is daar 1 reël: Dit moet koffie involve! As jy ernstig bekommerd is oor my siel, maar bereid is op ‘n rustige manier ook te luister wat ek sê, dan belowe ek vir jou ‘n beker goeie koffie. Filter koffie, Jacobs, Nescafé is op die menu hier by my. As tee eerder jou ding is, my vrou is baie lief vir teë’s, en hier is ‘n groot verskydenheid. Kom ons gesels op ‘n rustige manier daaroor, maar as jy my wil verketter… ag, moet asseblief nie.

Hierdie naweek gesels ek saam met ‘n groep vriende oor die verhouding tussen teologie en wetenskap, en het nog baie voorbereiding. Ek belowe dus geen verdere posts op hierdie blog voor dan nie. Na die naweek gaan ek aan. Die teologie wat jy hier gaan kry sou beskryf kan word as histories, en ek is gemaklik daarmee. In ‘n ander lig gesien sou dit beskryf kan word as emerging, daarmee is ek ook gemaklik. Ander woorde soos Gereformeerd sou ook gebruik kon word. Maar ek het reeds te veel tyd van my lewe wat vir goeie dinge kon gebruik geword het gebruik om myself teen allerhande vrae en beskuldigings te verdedig. Ek het ‘n baie goeie verhouding met mense op alle plekke op die teologiese spektrum van die NG Kerk, en is dus nou klaar, die goeie werk wag, Suid Afrika het ons nodig, en hier en daar is mense wat hulleself aan die ander kant bevind, en ‘n nuwe manier van praat oor God soek, dit is vir hulle wat ek skryf…

As jy jouself as fundamentalisties beskou en plek soek om te comment, Hugo het jou uitgenooi, maar net ‘n paar comments asseblief…

Advertisements

10 Responses to terug by die punt

  1. craig sê:

    Ekt ‘n paar minute gelede iets geskryf wat ek seker nie moes nie…en toe ek oorgaan na wat Cobus geskryf het oor die fundamentaliame, het ek gereken ek skuld cobus ‘n verskoning dat ek so iets gedoen het op sy blog. jammer cobus.

    Maar ek het toe nou verder gelees en wraggies, dit voel vir my dat sodra daar ‘n gaping kom, dan waai die koeëls weer in die rigting van mense wat soos ek, cobus en tiaan voel.

    Rob Bell het so nice DVD (baie beter as die Nuwe strominge twak – wel dis my opinie – en miskien moet ek cobus en tiaan tog eendag saam julle om ‘n koffietafel sit en praat oor die agtergrond van die nuwe strominge dvd, maar dit gaan net om ‘n koffietafel plaasvind en nie op ‘n blog nie). Terug na Rob Bell, wel vir ‘n paar van julle is die naam sekerlik alreeds iets wat jul afsit, en as ek luister na die goed wat jul skryf dan sal ek dit goed verstaan. Maar die dvd se naam is “Bulhorn guy”…en eintlik sê dit net eenvoudig dat daar mense is wat die heeltyd wil stry oor goed, en dink dat hulle die antwoord het, hulle gooi bybelversies in jou gesig en vertel jou dat jy jouself moet bekeer, wat beteken bekeer? Bekeer na wat? Om te wees soos wie? Lyk hulle nou ewe skielik soos Jesus? Die punt is daai mense irreteer eintlik almal, en doen dikwels meer skade, want liefde en aanvaarding word verseker nie deur die ander persoon beleef nie!

    Soms vergeet ons Jesus stap ‘n unieke pad saam met elkeen. Wie is ons as mense om ander mense se geloof in betwyfeling te bring, wie het vir ons, vir my en vir jou die reg gegee om oor iemand anders se geloof te beoordeel? Dis mos ‘n saak tussen hom/haar en God!

    Wel, sorry dat ek vir Rob aanhaal en nie die Bybel nie, eks nie lus dat mense met my moet stry oor interpretasie nie…hoe ek voel oor die Bybel, en hoe ek dit verstaan, is ‘n saak tussen my en God!

  2. Duusman sê:

    Beste Cobus- dankie vir die vriendelike woorde en verwelkoming.

    ‘n Vraag( Thomas en andere is natuurlik ook welkom om mee te doen)( Die vraag het onstaan in ‘n debat r “vrye wil” op Emil Jung se webwerf) In julle opinie, is dit moonlik om enige iets te doen, wat buite God se perfekte wil val ?

  3. cobus sê:

    Ag Thomas, jy maak my regtig moeg. Jesus het immers ook gekies vir die “heidene” eerder as die lot wat Bybelversies quote vir geselskap, nou doen ek dit ook.

  4. Thomas sê:

    Wat bedoel jy Cobus? Bedoel jy dat die arme fundamentalistiese drommels wat voortdurend versies uit die Bybel aanhaal se comments en styl benede die van ‘n erkende ateïs is? Is die aanhaal van God se Woord te indringerig?

  5. cobus sê:

    Geensins indringerig nie, inteendeel. Ek aanvaar jou styl sal van ‘n groter respek vir ander getuig as van die comments wat hier te vinde is.

  6. Duusman sê:

    Kan ek as ateis ,kommentaar hier lewer- of vind jy dit as te indringerig?

  7. cobus sê:

    Amanda… die belaglikmaak van die geloof wat vir my kosbaar is maak seer, ek reageer dus gladnie op die geloofsbelydenis nie. Ek hoop egter dat ander van buite af hierop sal reageer, vir my het dit nou te persoonlik geraak…

    My preke word ongelukkig nie uitgeskryf nie, en dus kan 25 Januarie s’n nie plaas nie. Ek werk egter daaraan dat al die preke van ons gemeente op as audio op ons webblad sal begin verskyn binne die komende maande (www.kameeldrif.org). Intussen, daar is seker al in die omgewing van 800 blog posts van my op die internet, ek is seker dit is ‘n genoegsame getuienis van wat ek glo…

  8. Amanda sê:

    Cobus
    Dit is maar moeilik vir ‘n fundamentalis en potensiële lidmaat van jou NGK, om die nuwe strominge, waarmee jy so gemaklik is, te verstaan. Jou persoonlike geloof is seker jou saak, maar sou jy bereid wees om jou preek van 25 Januarie te publiseer en daarmee die monde te snoer van die verdagmakers? Aangesien jou emergent vriende omtrent alles herdefinieer het, stel dit my nie gerus wanneer jy sê dat jy Sondag na Sondag jou geloof bely nie, want ek weet nie watter betekenis jy aan die stellings heg nie. Dalk is dit so iets?:

    Ek glo in God die Vader, die Almagtige, [een van drie manifestasies]
    die Skepper van die hemel en die aarde. [en evolusie]
    En in Jesus Christus, sy eniggebore Seun, [shamaan as dit vir jou werk]
    ons Here; [of voorbeeld van broederlike liefde wat ons navolg]
    wat ontvang is van die Heilige Gees, [of ‘n Romeinse soldaat]
    gebore is uit die maagd Maria; [jy kan ook sê ‘hoer’ as jy wil]
    wat gely het onder Pontius Pilatus, gekruisig is, [om die sonde van onverdraagsame fundamentalisme te illustreer]
    gesterf het [skuus vir die bloed. Kom ons praat eerder oor die positiewe]
    en begrawe is en ter helle neergedaal het; wat op die derde dag weer opgestaan het uit die dode; [metafories, opsioneel vir die wat dit nie kan glo nie en, so terloops, Jona is ‘n mite]
    wat opgevaar het na die hemel [moet dit net nie verstaan as ‘n plek nie] en sit aan die regterhand van God, die almagtige Vader, [metafories. Die lyk is moontlik deur honde opgevreet]
    van waar Hy sal kom om te oordeel die wat nog lewe en die wat reeds gesterf het. [oordeel beteken om verhoudings te herstel]
    Ek glo in die Heilige Gees. [wat in almal is]
    Ek glo aan ‘n heilige, algemene Christelike kerk, [en ander tradisies wat ook iets van God se waarheid het. Ons is tog almal een, kinders van dieselfde God]
    die gemeenskap van die heiliges; [en ge-muddeldes, solank hulle hul Jesus baie lief het en die koninkryk bou]
    die vergewing van sondes; [homoseksualiteit is nie sonde nie.]
    die opstanding van die vlees en ‘n ewige lewe. [Want die Here ken ons harte. Adam, Eva en erfsonde is mites.]

    Broers en susters, kom ons soek op nuwe (en ook baie ou) maniere na ontmoetings met God en dan werk werk werk ons aan daai koninkryk. Die goeie nuus is dat jy net moet lief hê.

  9. Amanda sê:

    “Wat vandag algemeen bekendstaan as die fundamentalisme (en ek gebruik die woord nie om mense sleg te maak nie, dit verwys net na jou as jy gemaklik is daarmee om na jouself so te verwys) het vir my baie pyn gekos, ek besef dat ander teologiese strome vir jou pyn kon gekos het, en is jammer daaroor.”

    So Mnr. Sarel van der Merwe was dus akkuraat met sy DVD dat daar nuwe strominge in die kerk ingebring is, al maak jou vriend Tiaan dit af as propaganda.

  10. Hugo sê:

    Amen, vriend! Amen!

    Sterkte, dis moeilik om te hou by die goeie, want die slegte trek mens so maklik in. Maar wanneer gelowiges geloof of die koninkryk afbreek met goed soos “dan is alles ‘n klug”, is dit dalk maar beter om aan te beweeg, nie te betrokke te raak met hulle gesprek nie, en eerder te fokus die konstruktiewe (die bou van die koninkryk…)

    Ek sukkel maar self om nie in getrek te word in sekere soort gesprekke nie. /me even panics a little at the link, feeling “not quite ready” 😉 , maar mens is ook maar nooit heeltemal gereed nie, en dit moet mens ook nie keer nie.

    Ek poog inderdaad om ‘n plekkie te bou waar mense daai soort gesprekke kan stuur, sodat hulle nie alle ander plekke, soos hierdie, ook moet ruïneer nie. Keep it positive/constructive!

    Amen.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: