Die politiek en ek… ek en die politiek

politiekEk noem myself partymaal ‘n wannabee teoloog. Ander noem my partymaal ‘n teoloog. Ons teoloë hou onsself besig met refleksie oor God, en refleksie oor die realiteit in die lig van ons geloof en refleksie oor God, en ek sou byvoeg refleksie oor God in die lig van ons perspesie van die realiteit. Goed, ek hoop daai’s die moeilikste sin wat jy in ‘n lang tyd op hierdie blog gaan lees, maar dit was nodig.

Party wil hê ons teoloë moet onsself net besig hou met een of ander buitewêreldse metafisiese iets, wat mense op hulle gemak stel en vir hulle vertel hoe die big man upstairs sal dink dat hulle OK is. Wel, dis darem baie min mense wat dit wil hê… maar daar is sulkes ook…

In ‘n gesprek met ‘n klompie hoërskool jongmense so jaar terug het ek hulle gevra: “Waaroor mag die dominee nie preek nie?”, hulle kon vinnig vir my opnoem dat die dominee nie oor geld moet preek nie, ook nie politiek moet praat nie. Een van my dosente het so mooi lysie goed gehad waaroor dominees nie mag praat nie: Geld, politiek, seks… daar was nog so twee ander, en dan het hy altyd nadat hy die lysie opgenoem het gesê: “Dan is daar niks interessant meer oor om te preek nie!”.

Maar jy sien, daar is ‘n inherente probleem hieraan verbonde! My probleem is dat ek myself in ‘n teologiese skool tuisvind wat die Bybel baie ernstig opneem, meer nog, wat sal sê dat as teologie homself nie met die Bybel, hetsy as Woord van God of as woorde oor God of as beide, besig hou nie, dan is dit nie teologie nie. Die Bybel en mense se verwagtinge clash vir my bietjie met mekaar. Jy sien, die profete het politiek gepraat, en ekonomie, en allerhande ander dinge.

Die profete van die Ou Testament het gesê dat hierdie koning was ‘n slegte koning, en het nie binne God se wil opgetree nie, en daardie koning was ‘n goeie koning (gewoonlik meer die eerste as die laaste). Hulle het sterk gepraat as konings nie sorg vir die arm mense en die wat uitgestoot is nie. Hulle geloof in God, hulle denke oor God, hulle verstaan van God, het hulle gedwing om nie net deel te neem aan die politiek van die dag nie, maar om dit op ‘n hoogs publieke wyse te doen.

Jesus maak dit vir my nog moeiliker. Kom ek stel dit baie bluntly: Mense is nie gekruisig in die 1ste eeu n.C om vermaak te verskaf nie. Hulle is nie gekruisig vir my en jou sondes nie (hier moet jy mooi volg anders gaan iemand my weer van allerhande goed beskuldig). Hulle is gekruisig omdat hulle ‘n politieke gevaar iewers ingehou het. In Jesus se geval wil dit lyk asof dit die Jode was wat Jesus wou stilmaak, en hulle kon met die Romeine praat oor hierdie ou sakie, omdat Jesus na homself as Koning verwys het! Ek dink Jesus was goed bewus daarvan dat sy woorde politieke implikasie gehad het.

Die ander kant van die saak is dat ek ‘n Suid Afrikaner is. En ons as Suid Afrikaners, veral ons NG domineetjies, het nie ‘n baie goeie rekord met ons hande met die politiek vuil maak nie… wel ons het ook ligpuntjies, dink maar aan Beyers Naudé? Dink aan Desmund Tutu! En net op die sideline, Piet Meiring vertel my noudiedag wie Desmund Tutu vir hom gesê het die grootste invloede op sy teologie gehad het, meeste van hulle was politici gewees! O.a oud-president Nelson Mandela.

So, wat maak arme ekke, klein teologie in Suid Afrika vandag? Ek mag dalk nog sê jy moet geld weggee, maar mag ek praat oor of mens ‘n kapitalistiese of sosialistiese ideologie moet navolg, of een of ander blend of weergawe daarvan? Mag ek praat oor die Vryheidsfront en hulle aparte ontwikkeling ideologie wat hulle wil terugbring? Mag ek sê dat ek dink daar is partye wat ek as teoloog meer gemaklik is om voor te stem as ander? Mag ek sê of mens moet stem of nie? My Christelik-teologiese tradisie sê ek mag. My samelewing en kerk is bietjie ongemaklik daarmee. Enige raad?

Advertisements

2 Responses to Die politiek en ek… ek en die politiek

  1. […] Wel, sou nou nie kon raai wat COPE gister sou doen nadat ek daai post van noudiedag geskryf het oor kerk, teologie en politiek nie. Volgens Beeld is daar ‘n 10 ure lange verandering gehou waarna nie Lekota of Shilowa […]

  2. Jy preek waaroor jy wil, wanneer jy wil en sê wat jy wil.

    Want frankly – enige dominee wat vandag nog aan die geite en grille van ‘n gemeente probeer voldoen, het nie die reg om meer in sy amp te wees nie. Jy sê jou sê, jy maak jou punt – op jou eie – of jy fuggeroff van daai kansel af. Die gemeente hoef nie daarvan te hou nie. Dis nie die punt nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: