web 2.0 dominees

Was vandag op Kruisrivier gewees, ‘n kampterrein naby Middelburg waar ek baie van my tyd op skool spandeer het. Moes met die ring van Middelburg se dominees gesels, dis nou al die NG dominees in en om Middelburg, oor die internet en rekenaars ens. Meeste van ons gesprek, en dankie tog dit was ‘n dialoog en nie ‘n monoloog nie, het oor Web 2.0 goed gegaan, facebook, twitter, flickr, youtube… ons het nog nie by friendfeed of RSS readers uitgekom nie, anders dag dalk. Oor die gesprel net dit: Dit was ‘n lekker gesprek, sal dit enige tyd weer doen!

img_2342Wat sal ek sê oor hierdie redelik standaard groep NG dominees, op ‘n redelike standaard gemiddelde ouderdom vir NG dominees (so 45), van ‘n redelike standaard geslag (almal mans), op redelike standaard gemeentes (ek dink Middelburg is ‘n goeie barometer vir die land, nie die groot stad nie, nie heeltemal in die boendoes nie)? Dink jy NG dominees kan deel word van hierdie wêreld? Daar is tog voorbeelde, dink maar aan Attie.

img_2345Ek hoor Jakaranda 94.2 het nou een of ander pothole hotline of ‘n ding. Dalk moet iemand hierdie een gaan rapporteer! Dit is die hele linkerkant van ‘n brug oppad Kruisrivier toe. Dat ek vandag nie in die ding in is nie dink ek is net genade! Die hele wêreld was vol water vanoggend, en toe ek so oor die bult kom oppad na hom toe het ek gedog dit is nog water. Hoekom ek uitgeswaai het weet ek niedit was genade, en ek sê dit nie ligtelik nie! Toe ek langs die ding verby ry toe besef ek eers wat gebeur het, en wat baie amper gebeur het! Nie ‘n cool gevoel nie…

Advertisements

One Response to web 2.0 dominees

  1. attie sê:

    Ek dink ook dat daar ruimte is vir predikante om meer gebruik te maak van die beskikbare bronne om te kommunikeer. In tradisionele sou ons kuberruim as ‘n sendingveld beskryf het.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: