‘n biskop vir ‘n president?

Wel, sou nou nie kon raai wat COPE gister sou doen nadat ek daai post van noudiedag geskryf het oor kerk, teologie en politiek nie. Volgens Beeld is daar ‘n 10 ure lange verandering gehou waarna nie Lekota of Shilowa gekies is as presidentskandidaat vir COPE nie. Biskop Mvume Dandala van die Metodistekerk is benoem as die Congress of the People (Cope) se presidentskandidaat in die verkiesing op 22 April.Biskop Dandala was reeds president van die SARK (Suid Afrikaanse Raad van Kerke) gewees en was vir vyf jaar die hoofsekretaris van die All African Conference of Churches.

Ek moet eerlik wees ek hou my hart vas! Lekota en Shilowa het reggekry om laas jaar baie van ons se verbeelding aan te gryp, om weer te begin droom oor ons jong demokrasie. Daarvoor moet ons hulle ewig dankbaar wees, en sekerlik het hulle nog ‘n belangrike rol te speel. Dis egter nie hoekom ek my hart vashou nie. Suid Afrika het nie ‘n goeie rekord rondom teoloë wat die politiek join nie, almal van Malan tot Boesak het maar half teleurgestel…

Ek verwag nie dat Dandala gaan president word nie, alhoewel ek saam hoop en bid dat die ANC se mag gebreek gaan word glo ek nie dit sal al hierdie verkiesing gebeur nie, maar hy gaan uiteraard ‘n belangrike rol speel. Vir hom wil ek net sê sterkte! Baie van ons jong teoloë se oë sal op hom gerig wees, ‘n laaste hoop dat die kerk wel sy vingers met die politiek kan vuilmaak en daarna nog die wêreld in die oë kan kyk. Ek smeek u net, Biskop Dandala, luister tog na jou mede-kerkmense! Luister na Emiritus Aardsbiskop Tutu, wat nog altyd regkry om ‘n belangrike politieke stem te wees, maar altyd “aan die regte kant” te wees.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: