waar’t die kerk die pad byster geraak?

Ek kom net meer en meer agter dat die kerk die pad iewers byster geraak het. Jy sien, daar was ‘n tyd wat die kerk sy identiteit gevind het daarin dat Christene na armes en siekes gekyk het. Toe daar plaë uitgebreek het in die eerste paar eeue n.C was dit die Christene wat na mense gekyk het. Na elke plaag (ek dink daar was twee groter) was die Christene ‘n groter persentasie van die mense gewees, want meer het oorleef, omdat hulle opgepas is, en siek mense het net besef dat daar iets is aan Christene wat ontdek moet word.

Vandag moet ons stories hoor van hoe bedelaars Sondag by die kerk se hekke reeds voorgekeer word! Hier mag hulle nie inkom nie! Dis darem nie orals so nie, maar ek was nog nie in die kerk waar die bedelaar verwelkom word nie, hy/sy word hoogstens verdra. Iewers kan ons darem nou nie wegkom van die feit dat Jesus met die armes en die siekes gekuier het nie, so osn stel dominees aan om hospitaalbesoek te doen, en het ‘n klein sendingkommitee wat na die armes kan omsien…

Help my asseblief! Waar het die kerk haar pad byster geraak? Hoe kon dit gebeur dat die kerk wat eens op ‘n tyd haar identiteit gevind het in sorg vir armes en uitgeworpenes ‘n kerk geword het waar hulle eintlik in die pad is?

Advertisements

2 Responses to waar’t die kerk die pad byster geraak?

  1. […] het die pad byster geraak net toe ons begin het om armes en siekes uit die sentrum uit te skuif (kyk vorige post), dan het jy dit mis. Daar is […]

  2. Tom Smith sê:

    Eish! Goeie post …

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: