ek is nie oom angus nie!

OK, mag die boodskap begin deurkom. Ek is nie oom Angus nie. Ek preek nie soos oom Angus nie. Ek gaan nie soos oom Angus preek nie. En ek verstaan eerlikwaar nie hoekom ek soos oom Angus moet preek nie.

Toe die artappelboer fenomeen begin het so paar jaar terug het was die spanning oor oom Angus se sieninge rondom gebede, wonderwerke, en die plek van vrouens. Deesdae lei ek af hy probeer nogals om vrouens hulle plekkie te gee, en maak nie beloftes van massa-genesings en goed as jy na sy shows toe kom nie. Dis vir my goed.

Maar nou moet ek heeltyd hoor dat wat oom Angus so “suksesvol” maak, is die feit dat hy so eenvoudig preek, ‘n eenvoudige boodskap met ‘n praktiese toepassing. Dit is blykbaar die antwoord. Ons moet almal so preek. En dit is die ding wat nie vir my sin maak nie.

Jy sien, die Bybel is nogals nie vol van voorbeelde van mense wat eenvoudig preek en die massas bereik nie:

  • Jesus stuur die massas weg as hulle hom nie mooi verstaan nie, en werk liewers met die 12.
  • Paulus was regtig nie bekend vir sy eenvoudige prediking nie, om die waarheid te sê die mense sê hulle verstaan hom nie. En hy was ook nie bekend vir sy lysies praktiese toepassings nie, alhoewel hy tog baie van die etiek gemaak het.
  • Die Hebreërs skrywer sê reguit ons mag nie by die eenvoudige dinge vashak nie, ons moet verder gaan!

En dis my moeilikheid. Die Jesus-tradisie waarin ek staan praat van ‘n uiters komplekse worsteling met God. Die Joods-Christelike tradisie ook! Dis nie die eenvoudige traktaaitjies wat uit hierdie gemeenskappe uitgekom het wat dit in hulle Bybel ingemaak het nie, maar die teologiese bronne wat die komplekse vraagstukke oor God en die lewe aangeraak het.

So, ek weet dat daar goeie dinge by oom Angus se shows gebeur. Ek weet die manne kom met nuwe krag terug. Ek gaan nie vandag kritiek lewer op wat daar gebeur nie. Maar hoor my nou uit: Ek gaan nie daai CUM-teologie preek nie. Ek gaan nie oom Angus se teologie preek nie. Ek gaan nie die ligte goedjies wat uit elke tweede Christelike selfhelp-tydskrif uitkom preek nie. Al sê hoeveel duisend mense vir my dat dit is wat hulle soek, ek kan nie… ek mag dit nie doen nie. Ek sal ontrou wees aan my roots, ek sal ontrou wees aan die Nuwe Testament, en ontrou wees aan die Joods-Christelike tradisie waaruit ek kom, as ek waag om dit te begin doen. Ek mag nie…

5 Responses to ek is nie oom angus nie!

  1. cobus sê:

    Ek sal dit bietjie toets, maar ek weet darem nie of vrouens en vroumens dieselfde emosies losmaak nie, weet nie eens daarvan dat vrouens by enige van my vriendinne emosie losmaak nie, maar sal bietjie rondhoor.

    Ons is nie Doppers nie. Ons dink nie die Doppers is reg nie. Op 22 Maart word ek bevestig, ons is drie leraars wat bevestig word daai aand in diesefde gemeente. Twee van hulle is vrouens.

    My klas die laaste 6 jaar was amper helfte vroue, ek het nog nie een van hulle hoor kla dat hulle geslag maak dat hulle moeiliker beroepe kry nie.

    prof Elna Mouton, Yolanda Dreyer, Christina Landman en ander was baanbrekers, maar die teoloë wat na hulle gekom het vind hulleself tuis in gemeentes, nie die akademie nie.

  2. Vrouens het ‘n baie bepaalde, definitiewe argaiese negatiewe konnektasie in ‘n verwysing na ‘n vrou. Dit is soos om na haar te verwys as vroumens.

    Oor die meervoudvorm sal ek nie weet nie, nog nie daarvan gehoor nie.

    Sekerlik is dit net maar net taal . . .en sekerlik kies elkeen hoe om te praat.

    Bly om te hoor iemand veg vir die vroulike predikers, dit moet moeilik wees, as hulle nie eens mag kollektebordjies dra vir die Doppers nie. Die vroue bevind hulself steeds maar in die akademie, soos prof Elna Mouton en andere.

  3. cobus sê:

    OK goed, ek het bietjie gaan rondvra:
    So Vroue is die meervoud van die vroulike geslag, vrouens die meervoud van ‘n getroude vrou? As ek reg onthou het oom Angus maar primêr oor hierdie tweede groep gepraat, nie waar nie? Maar goed goed, ek hoor, en ek weet formulerings is belangrik, maar al wat dit is is taal, dit verwys, dit kan nie verabsoluteer word nie, of hoe?

  4. cobus sê:

    mmm, dalk volg ek nie mooi nie, maar dit klink om een of ander rede of ek iets verkeerd gedoen het? Maar ek verstaan nie hoekom nie, want volgens die woordeboekie hier in die huis (nie ‘n HAT nie) is die meervoud van “vrou” “vrouens”?

    Is oom Angus die super-besigheidsman? Dis hartseer dat ‘n taalkundige variasie jou so baie van my vertel, dalk moet jy die vroue dominees vir wie ek flippen hard fight vra waar ek staan ten opsigte van vrouens. Maar nou ja, dalk verstaan ek die bietjie kriptiese comment bietjie verkeerd.

  5. vrouens – die gebruik van die enkele woord, se vir my waar jy staan en opsigte van VROUE. presies waar daai super-besigheidsman ook staan.

    lekker preek hoor!

Lewer kommentaar