entoesiaste en die kerk

Ek het iewers op die begrip “entoesiaste” afgekom: Dit verwys na sekere ouens in die vroeë kerk wat… hoe sal mens dit anders sê?… uiters entoesiasties oor die Christelike geloof was. Beste voorbeeld is Paulus se eerste brief aan die gemeente in Korintiërs. Ek weet nie veel oor die lot nie, maar soos ek verstaan het hulle uitermatig baie op ekstatiese geloofsbelewenisse en “bonatuurlike” verskynsels gefokus. Die Nuwe Testament beskou hulle nie noodwendig as soveel van ‘n aanwins nie, en as ‘n groep wat heeltyd “in check gehou moet word. Paulus herinner hulle baie mooi dat dit eintlik oor die “gewone” van die geloof gaan, die liefde. En Matteus dat dit oor die navolging van Christus (weereens die liefde, maar ook geregtigheid) gaan.

Kon dit anders in die vroeë kerk? Ek dink nie so nie. Ek dink dit is maar ‘n sosiologiese din, alhoewel ek dit nog nie lekker verstaan nie. Maar dat mense tot geloof kom en die geloof dan op hierdie “entoesiastiese” manier beleef. Met die komende uittog na Greytown waar die land se Magtige Manne gaan bymekaarkom is dit natuurlik weer ‘n vraagstuk hoe ons oor hierdie goed moet oordeel. Ek dink daar is nogals ooreenkomste met die entoesiaste van die vroeë kerk.

Die vroeë kerk het hulle natuurlik nie weggejaag nie, maar het wel gepraat van ‘n groei na iets meer, van melkkos na vastekos, van die eerste dinge wat ons geleer het aangaande Christus na iets meer. Ek wonder of ons hierdie groei na iets meer in Suid Afrika gaan sien, en of die geestelikheid wat ons rondom ons raaksien net gaan verdwyn iewers?

Advertisements

2 Responses to entoesiaste en die kerk

  1. cobus sê:

    O, maar ek betwyfel nie dat van die veranderde lewens wel so bly nie, en dat dit uitloop op baie goeie goed nie.
    Die vraag vir my op hierdie stadium is of dit ‘n soortgelyke verskynsel as die entoesiaste van die eerste eeu was? En indien wel, wat leer ons by die NT en vroeë kerk aangaande hierdie tipe tye (indien enigiets)?
    Ek dink nie persoonlikhede is genoegsaam om die Angus Buchan followers fenomeen te verklaar nie.

  2. Ek dink dit het nogal iets te doen met persoonlikheidstipes. Sommige persoonlikhede voel hulle meer tuis by sulke geleenthede as ander. Tog het ek die gevoel dat ons baie versigtig moet wees om nie te veralgemeen nie. Ek weet van ‘n hele paar mense wie se lewens drasties verander het na verlede jaar se Mighty Men konferensie en wat nog steeds anders leef as vroeër en wat hierdie nuwe lewenstyl in hulle gesinne, in hulle werk en in hulle sosiale lewens probeer uitleef. Dit is positief.
    Ek weet natuurlik ook van mense wat daar was aan wie dit geen verskil gemaak het nie, selfs van een wat nou erger is as vroeër. Maar het Paulus nie juis in 1 Kor 12 ruimte gelaat vir alle tipe mense en ander belewenisse nie? Ek is nie gemaklik daarmee nie, maar as 200 van die verwagte 200,000 mense se lewens deur daardie geleentheid radikaal verander word (en ek het nogal die gevoel dat dit meer kan wees) dan het daar meer gebeur as wat in Pretoria op ‘n Sondag-oggend gebeur (of is ek dalk nou te krities?)

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: