‘n vry en regverdige verkiesing?

Ek het nou al vroeër geskryf oor my nuutgevonde worsteling met die politiek in ons jong demokrasie. In werklikheid, as ek nou ‘n search hardloop, was die politiek maar van die begin vanaf konsepsie van hierdie jong blog deel van die DNA gewees. Die kompleksiteit van die verhouding tussen teologie en politiek, en kerk en politiek moet egter nie onderskat word nie, so die worsteling duur maar voort…

Sit toe noudiedag saam ‘n ou wat vir COPE werk en kuier, en hy deel hulle frustrasie met die ANC se korrupsie rondom die verkiesingsproses. Is dit waar, is dit nie waar nie? Ek kan natuurlik nie sê nie, maar ek, soos baie ander, is baie dik vir die korrupsie rondom die ANC, wat al amper as ‘n gegewe aanvaar word, en nie eens meer snaaks is nie. Die probleem met die verkiesingsproses is dat daar ‘n magdom kies-stasies is. Mpumalanga het byvoorbeeld oor die 1300. Nokeng, die Noord-oostelike hoekie van Gauteng waar ek werk het 50. Vir ‘n kleinerige party (en dit beteken vir enige party buiten die ANC) om party officials by elke stasie te plaas raak ‘n bykans onmoontlike taak, en waar die enigste party officials die ANC officials is… wel, kom ons sê maar net dat dit nie gesond is vir ons jong opkomende demokrasie nie…

Die partye is egter op hierdie stadium ernstig besig om vrywilligers bymekaar te maak, en dus kan jy nog maklik opsign. Die DA vorms het gisteraand in my inbox beland van een of ander email lys waarop ek is, en ek hoop om ten minste nog een party s’n vinnig in die hande te kry. Mens sou ook onafhanklik kon betrokke raak hierby, so klink dit my, maar ek sal nog meer inligting daaroor moet kry. As jy deur ‘n party aangestel word, is jou kleredrag egter neutraal.

Dalk is hierdie my manier om deel te neem aan ons demokrasie hierdie verkiesing, om iets meer te doen as om net te stem.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: