strome in die NG Kerk?

OK, so mens hoef nie ‘n ekspert in kerkgeskiedenis of praktiese teologie te wees om te weet dat die NG Kerk nie meer ‘n mono-kultuur is nie. Nie meer ‘n mono-teologie bevat nie. Maar oor wat die strome is, is maar moeilik om te bepaal. Kom ons kry net een ding uit die weg: dis nie so eenvoudig soos ‘n liberale en konserwatiewe spektrum, of ‘n progressiewe en behoudende spektrum nie.

Ek kuier nogals baie saam met random dominees. Vanoggend weer ontbyt gehad saam met een wat ek al ‘n paar keer gekuier het, toe gee hy vir my ‘n prentjie van hoe hy hierdie strome sien. Ek verwerk dit nou sommer vir myself ook bietjie, so dit lyk nou heeltemal anders al as wat hy dit ‘n paar uur terug verduidelik het, maar hier is dit:

  1. ‘n Stroom wat hou by ‘n ou Gereformeerde dogma, sonder-verlossing-dankbaarheid, uitverkiesing. Ons sou kon sê ‘n sterk Pauliniese stroom ek dink, lees die hele Bybel deur ‘n klassieke interpretasie van Romeine 1-6. Observasie: Ek dink hierdie lot sou die klassieke Gereformeerde Christologie en Soteriologie (leer van hoe verlossing plaasvind) as uitgangspunt neem.
  2. ‘n Stroom wat God binne die algemene sien. Party noem dit panenteïsme. Daar waar die goeie gebeur vind ons God, daar waar die bose gebeur nie.Observasie: Vermoed hier vind ons die uitgangspunt in die algemeen teologiese, met ‘n sterk klem op dit wat ons uit die ander wetenskappe, beide menswetenskappe asook natuurwetenskappe, kan leer.
  3. ‘n Stroom wat sterk op Jesus fokus, en ‘n verhouding met hom. Sou ons kon sê dat hulle die Bybel deur die bril van die Sinoptiese Evangelies (Matteus, Markus, Lukas) lees? Die koninkryk van God word ‘n interpretasie-lens vir die hele Bybel en geloofslewe. Observasie: ‘n Sterk klem op die historiese dimensie van die persoon Jesus en wat hy geleer het. Nie regtig ‘n tuisvind by die historiese Jesus debat soos dit in die Jesus seminar gestalte gevind het nie. Sterk klem op die etiese van wat Jesus geleer het.
  4. Dan so random stroom, moeilik om hulle teologies te plaas. Gebruik ‘n klomp idees van charismatiese teologie, dalk bietjie uit fundamentalistiese teologie. Observasie: Moeilik om hierdie lot te plaas. Maar ek sou sê hulle beginpunt is waarskynlik ‘n kombinasie van ‘n sterk klem op die Woord (en dan nie die Logos van Johannes 1 nie, maar die Bybel) en die werk van die Heilige Gees in die lewe van die individu.

Hierdie goed moet nie klinies toegepas word nie. Baie van hierdie kategorieë kan oorvleuel. Iemand het iewers eenkeer by Aardklop gesê dat ons veralgemeen sodat ons kan praat. Ons moet kan kategorieë maak sodat ons ‘n sinvolle gesprek kan voer, dit hoef nie as middel tot uitsluiting te dien nie. Elkgeval, hoe dink jy? Kan mens ook ander strome raaksien? Hoe kan die goed gekombineer word?

Advertisements

One Response to strome in die NG Kerk?

  1. Ronald sê:

    Cobus,

    Ek kan nie onthou of jy die Evangelicals in ‘n sekere stroom geplaas het nie? Die NG Kerk het darem ook ‘n groot klap daarvan weg, selfs al sien ons baie minder daarvan. Is hulle deel van die eerste groep, dink jy? Ek dink nou veral aan die groep mense wat dit duidelik sal stel dat ons eers moet besef hoe groot ons sonde is, dat Jesus ons sonde gedra het, en dat ons dus so verlos is?

    Hier is nog ‘n interessante vraag: waar dink jy sou kreasioniste inpas? (Ek besef natuurlik dat hulle op meer as een plek kan tuishoort. Daar is waarskynlik ‘n klomp spanninge in hierdie groepe self ook – en natuurlik tussen die groepe.) Groep 2? (Dit is immers vandag 1 April.)

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: