om te “glo soos ‘n kind”?

Hierdie frase het om een of ander manier (dalk is hier iemand wat weet hoe, waar en hoekom) deel van ons Afrikaanse taal geword. Dit is ‘n gunsteling antwoord van menigte Christene wat hulleself in die “ons lees die Bybel letterlik”-kategorie wil plaas. Meer spesifiek dink ek dit is ‘n gunsteling van menige Christene wat hullesels in die “ons glo, anders as ons ongelowige Christen-medegelowiges”-kategorie wil plaas.

Kom ek verduidelik net eers. Daar is baie wat die Bybel letterlik lees, so is hulle geleer, so doen hulle dit nou maar, as hulle iemand teekom wat anders met die Bybel omgaan, dan intrigue dit hulle, vra hulle ‘n paar vrae, pas hulle eie siening dalk bietjie aan, dalk nie, en neem kennis van die kerk wyer is as hulle eie verstaan. Maar dan is daar die paar wat glo dat hulle alleen die Bybel reg lees, en dat almal wat van hulle verskil met dwaalleer besig is en van die pad af is. Dit wil voorkom of hierdie kategorie Christene baie meer tyd daaraan spandeer om te verduidelik teen wie hulle is, as hoe hulle nou eintlik glo. Wanneer hulle die gunsteling frase “glo soos ‘n kind” gebruik, dan is dit by uitstek ‘n manier om aan te dui dat die ontvanger van die verbale aanval deel van die “uit-groep” is, dus nie deel van die groepie “ware gelowiges” nie. Waar hierdie sê-ding vandaan kom is vir my duister.

Een plek waar dit nie vandaankom nie is die Bybel. Jesus het hierdie woorde nooit gesê nie! Matteus 18:4 is waarskynlik die plek waar ons groot-gelowige vriende dit frase gaan haal het, dit lees min of meer iets soos volg: “Hy wat homself onbelangrik ag soos ‘n kindjie, hy is die belangrikste in die koninkryk van die hemel“.

Dit het niks te doen met nis vrae vra nie.

Dit het ook niks te doen met nuuskierig wees en juis vrae vra nie (soos party ander dit wou interpreteer nie).  

Dit het baie te doen daarmee om jouself nie belangriker as ander te ag nie. Dit het baie te doen daarmee om nie beheer oor ander te wil vat nie. Dit het veral baie te doen met die feit dat kinders glad nie belangrik was in die tyd van Jesus nie. As ‘n kind gebore word, en ‘n pa besluit dat hy hierdie kind nie wil hê nie, was dit sy burgerlike reg om die kind dood te maak. Dit het niks te doen met watter vrae jy vra of nie vra nie, niks met watter tradisie jy dink reg is nie, en niks te doen met watter metode van Bybel-interpretasie jy kies nie (behalwe vir die feit dat sekere lese van die Bybel regkry om hierdie heeltemal te verdraai).

Dit het alles te doen met ‘n manier van leef.

Dit het alles te make met hoe jy met ander mense omgaan.

Dit het alles te make met wie jy as minder belangrik sien. Want om soos ‘n kind te word, beteken daar is niemand wat minder belangrik is as jyself nie, daar is niemand oor wie jy mag baasspeel nie. Dit het alles te doen daarmee om van tyd tot tyd (en almal van ons moet dit maar doen) bietjie introspeksie te doen en ons eie arrogansie raak te sien.

As daar een frase is wat ons liefs moet verloor in ons Christelike woordeskat is dit “glo soos ‘n kind”, mag ons dit vervang met “word soos ‘n kind”, en dan verstaan wat daai kindjie wat Jesus nader geroep het gesimboliseer het…

Advertisements

2 Responses to om te “glo soos ‘n kind”?

  1. Retha sê:

    Ja, Anderkant, die verkeerde glo-soos-‘n-kind-konsep doen twee slegte dinge:
    1)Dit maak dat ons nie oor die regte betekenis van Matteus 18:2 en 4 oordink nie.
    2) Dit maak ‘n yslike struikelblok op die pad van ongelowiges. Ek het al hoeveel keer gehoor hoe ongelowiges beweer: “‘n Dnkende mens soos ek kan net nie soos ‘n kind glo nie. As die kerk dit verwag, wil ek nie deel wees van die kerk nie.” Ek het self al oor die tema geskryf: http://gelowigenondersoekend.wordpress.com/2008/09/05/glo-soos-n-kind-jy-hoef-nie/

  2. Hans Matthysen sê:

    Anderkant, ek is hierdie keer op jou kant en wil net die volgende byvoeg; dit is juis kinders wat die domste vrae vra, wat so moeilik is om te antwoord. Ons kan God nie met verstand dien, as ons nie bevraagteken wat ons nie verstaan nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: