Hoe ek gaan stem

Ek weet nie hoekom ons politiek, net soos godsdiens, na die private sfeer toe verskuif het nie, dat mense nie sê vir wie hulle stem nie. Maar ek gaan ook nie vandag nie. Het in die laaste week toe ek gedink het of ek dit sal bekendmaak besef dat die belangrike is nie vir wie ek gaan stem nie, maar hoe ek besluit vir wie ek gaan stem. So, hier is ‘n paar riglyne wat vir my belangrik is. Ek skryf dit vir enigiemand wat sal belangstel, maar ek skryf dit ook omdat ek graag ‘n beter keuse sal wil maak, so as daar inligting is wat jy dink ek nog moet in ag neem, of prosesse wat jy dink ek misverstaan, los gerus ‘n comment.

  • In ‘n demokratiese bestel is opposisie ‘n goeie ding. Daar is seker min slegter modelle as ‘n multi-party demokrasie wat in effek ‘n eenparty staat word nie. Ek het met die ANC sie policies nie sulke ernstige issues nie, maar ek dink nie om vir hulle te stem sal vir die land goed wees nie. Dit vermoed die ANC sal beter kan regeer met ‘n sterk opposisie, en dink hulle moet dit eintlik verwelkom as hulle werklik ons demokrasie ernstig opneem. Goed, die feit dat die ANC lyk of hulle bietjie sukkel om van hulle goeie policies te implementeer het ook ‘n invloed op my keuse, ek moet erken. Maar OK, eerste ding is, ek dink in 2009 is dit belangrik om vir die opposissie te stem.
  • Pieter Mulder se raad wanneer jy wil stem is dat jy moet soek vir die party wat die naaste aan jou persoonlike oortuigings kom. Die Mail & Guardian het ‘n toets waarna jy kan kyk, maar ek weet nie of dit jou probleem gaan oplos nie. Ek het ook my bedenkinge of Mulder se manier die beste is. Ek dink ons moet die groter prentjie raaksien as net wat ‘n party se siening is oor ‘n paar pet topics (soos wat hierdie toets en hierdie lys doen) is. Wat dit nog moeiliker maak, is dat my eie kennis beperk is, en ek dus nie bevoeg is om ‘n party te toets op ‘n klomp sake wat vir my persoonlik belangrik is nie. Op ‘n manier dink ek om ‘n party se breë ideologie te verstaan is belangriker as hulle spesifieke standpunte.
  • Ek dink ons gaan moet kyk na koalisies na die verkiesing, en ek dink dat die klein partye wat in groter koalisies ingaan ‘n goeie ding is. As jy opposissie stem, maar ten minste seker dat die party vir wie jy stem oop is vir koalisies. Klein minderheidspartye het hulle plek, maar ek dink in die komende verkiesing is ‘n sterk koalisie wat ‘n opposisie vir die ANC kan vorm belangriker.
  • Moet asseblief nie vir iemand stem wat ‘n kans staan om nie eens een kandidaat op die parliment te kry nie! Daar is 134 nasionale partye! Bloot belaglik! Die meeste van hulle het ‘n goeie kans om nie eens een kandidaat op te kry nie! Moenie jou stem mors op hulle nie. Daar is ‘n goeie 10 partye waaruit jy kan kies en redelik gewaarborg wees jou stem gaan help om 1 of meer kandidaat op parliment te kry.
  • Onthou jy hoef nie vir dieselfde party te stem nasionaal en op streeksvlak nie! Ek dink mense vergeet dit partymaal. So die vraag is nie net vir wie jy gaan stem nie, die vraag is watter party wil jy voor stem nasionaal, en is daar dalk ‘n ander party wat jy dink op lokale vlak beter is om voor te stem. Ek sal iets weggee: ek gaan vir twee verskillendes stem.
  • Die leier van ‘n party is belangrik. Maar daar moet ook diepte wees. Daar moet meer kandidate as net die leier wees wat jy dink die werk sal kan doen, behalwe as jy vir ‘n party stem waar jy slegs een of twee kandidate verwag op die parliment.
  • Ek moet seker darem een saak as teoloog invoeg (nie dat die voorafgaande los van my teologie staan nie), en as Christen teoloog sal ek die volgende sê: Dink groter as jouself. Dink aan hulle wat die swaarste kry, die armes, werkloses, hulle met VIGS. Dit moet belangrik wees as jy stem, nie jou eie gemak nie! Watter party gaan die beste wees vir jou medemens moet vir Christene dalk ‘n belangriker kriteria wees as watter party gaan die beste wees vir my.
  • Laaste ding: Dink verder as een verkiesing! ‘n Land verander nie oornag nie! So stem, maar dink ook daaraan dat jy partye wil sterkmaak wat jy dink ons in die volgende 10 of 20 jaar kan help bou aan ‘n land, soek vir ‘n party wat ‘n land kan help droom! Dit was Barak Obama se sterkste eienskap in my oë, hy het mense weer laat droom!

My antwoord dus: Ek dink daar is meer as een goeie party om voor te stem in die komende verkiesing. Ek dink hierdie kriteria behoort verskillende mense by verskillende stemme uit te bring. Wat dink jy? Enige ander kriteria wat belangrik is? Enige hiervan wat jy dink verander moet word? Help my ook met hoe ek moet dink wanneer ek my kruisie trek Woensdag.

Advertisements

4 Responses to Hoe ek gaan stem

  1. […] Hat-tip to Cobus for a link to the Mail & Guardian Poll Predictor, which asks you a series of questions based on the policies of the various parties, and then based on your answers suggests the parties you should consider voting for. […]

  2. Steve sê:

    Thanks for the link to the poll predictor. According to it I should vote for COPE or the ID, and that’s what I was planning to do anyway – ID at the national level and COPE on the provincial level! It seems my gut instinct was fairly accurate.

  3. mnr.muller sê:

    Ek hou van en vertrou die Mail & Guardian se stemtoetser. Dankie vir die skakel!

    Dit wys ‘n mens nogals hoe tricky (en naby aan mekaar) die politieke partye se standpunte is.

  4. Sammi sê:

    Ek glo jy weet baie meer van hierdie aangeleentheid as meeste en jou redenasie is goed deurdag.
    Ek stem ook vir twee verskillende partye, een wat ek glo is broodnodig om in die parlement hul werk voort te sit (op nasionale vlak) en die ander een op provinsiale vlak.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: