hoekom so negatief oor 2/3des?

news24 het so oulike map op hulle homepage wat hierdie jaar se uitslae gee, maar ook die vorige 3 verkiesings s’n. Kyk dit bietjie:

Party 1994 Party 1999 Party 2004 Party 2009
ANC 62.65 ANC 66.35 ANC 69.69 ANC 66.05
NP 20.39 DP 9.56 DA 12.37 DA 16.45
IFP 10.54 IFP 8.58 IFP 6.97 COPE 7.44
VF 2.17 NNP 6.87 UDM 2.28 IFP 4.58
DP 1.73 UDM 3.42 ID 1.70 ID 0.92

Met nasionale stemme wat nou basies klaar is, kan ons verwag dat daar nie huge veranderinge aan hierdie syfers gaan kom nie, behalwe vir koalisies, maar kom nou daarby.

Die realiteit is dat hierdie die beste uitslae is wat daar in my oë nog in die laaste 3 verkiesings was. Ja, 1994 s’n was beter versprei, maar toe loop die NP mos. Ek’t nie ‘n idee hoekom nie, op daai stadium het ek nie regtig oor politiek geworry nie. Wat vir my goed is, is dat ons actually met hierdie verkiesing nader begin beweeg na ‘n opposisie nie. Die grootste losses is gevat deur klein partye. ID, VF, UDM. Dit is die mense wat gelose het. IFP is ook duidelik aan die verbygaan. DA en COPE kom uit as die opposisie, en as hulle nou net actually kan saamwerk, dan het ons die sterkste gesamentlike stem as opposisie wat ons in jare in die parliment gehad het.

Nou moet jy my mooi verstaan. My grootste probleem is nie met die ANC nie. Hulle het nie ‘n te bad job die laaste 15 jaar gedoen nie, en daar is ‘n paar baie skerp politici daar onder hulle. My probleem is met ‘n party wat dink hulle gaan regeer tot die wederkoms, en ‘n party wat dink niemand gaan hulle oppose nie. As dit enige ander party was wat so sterk meerderheid oor soveel verkiesings gehad het, vermoed ek ek sou net so negatief gewees het.

Maar OK, kyk maar net die tabel, maak seker jy weet waaroor jy negatief is voordat jy moan. Die ANC se arrogansie bekommer my baie meer as die syfers. Die verkiesing lyk vir my baie goed. Sal moet kyk wat met koalisies gaan gebeur, maar as een van die groot partye nie met die ANC in koalisie gaan nie (en ek vertrou COPE om dit nie te doen nie, en weet DA en IFP sal nie), dan kan koalisies nie so groot verskil maak nie.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: