ek en universiteitsoord en hulle alternatiewe diens

Die verkiesing is verby, so tyd om bietjie oor ander stuff te post. Wel, daar is nog baie dinge so in die nadraai van die verkiesing om oor te skryf, so dalk voel ek maar net tyd om bietjie iets anders te post.

Ek is vanaand NG Universiteitsoord toe. My vorige gemeente. 2003 was my eerste jaar, en ek was aanvanklik nie groot op Universiteitsoord nie. Kan nie mooi onthou hoekom nie, dink ek het nog te sterk vasgehou aan die jeug waarby ek was op Hoërskool. So ‘n gedeelte van 2003 het ek spandeer om bietjie rond te kyk na van die gemeentes rondom die Universiteit. Maar iewers die jaar het ek net besluit: Hierdie is my kerk. En my gewig daar begin ingooi.

Tot 2007 was ek daar betrokke gewees. In die laaste jaar wat ek daar was, veral die laaste 6 maande, het ek bykans nooit die kerkdiens bygewoon nie. Dalk was jy in Universiteitsoord, niks het verander nie. 1500 sitplekke, ‘n predikant wat daar van helshoogte af afkyk, van een verskriklike hoë preekstoel af, ‘n 4-manuaal orrel, met Wim Viljoen agter hom. 1500 studente, groot pret, groot buzz, goed geartikuleerde preke, goeie begeleiding… ek kon dit net nie meer vat nie.

Elke week het een van die wyke ‘n wyksdiens gehou, ek het die wyksdienste gaan bywoon. Een of ander ou agter ‘n kitaar wat musiek maak, gewoonlik nie ‘n band wat fyn ingeoefen is nie. ‘n Erediens waar daar die eerste tekens van ruimte vir interaksie was. Minder mense. In die saal. Daar het ek gaan stilword, en partymaal saam gesels. Daar het ek meer van kerk beleef.

Ek weet nie wat van die wyksdienste geword het in die laaste 18 maande vandat ek daar weg is nie, maar vroeër die jaar het ek gehoor hulle begin ‘n alternatiewe erediens. Eintlik het hulle van alternatiewe kerk gepraat, waarop ek redelik sterk kritiek gelewer het, maar vanaand het die dominee daar eerder van ‘n alternatiewe diens gepraat.

Dit was ‘n aangename verassing. Twee ouens met kitare wat rustig musiek maak. Tussen 10 en 15 mense wat saam sing (blykbaar was hierdie ‘n baie klein geleentheid, dis gewoonlik bietjie groter). Een van die rustigste vroue predikante wat ek nog ooit ontmoet het wat die verhaal van Thomas die twyfelaar van Johannes 20 lees. Ons uitnooi om ‘n stukkie papier te neem en by van die teksverse en vrae wat teen die mure opgeplak is te gaan stil staan. Vrae wat my nogals werklik weer laat raaksien het wie ek is. Toe sit ons weer, sy begin te gesels oor die karakters in die verhaal, ons gesels saam. Ek is ‘n buitestaander, maar ek deel ook my gedagtes: “ek dink Thomas was kwaad gewees”. Dit word deel van die woorde wat besig is om op ‘n groot stuk wit papier geskryf te word, dit word deel van die preek. As ek nie vanaand daar was nie, dan was daar iets missing gewees. Sy gesels nog, oor twyfel, oor wonder, oor God en verwondering, op ‘n manier wat my kritiese menswees laat kalm word. Toe staan ons op, staan in ‘n kring. Bid vir die girl wat in ‘n ongeluk was. Sing ‘n laaste lied. Die een ou met die kitaar spreek die seën uit. Onbekende seënwoorde… hy is nie eens die dominee nie. En toe ek uitloop besef ek… hulle het nie kollekte opgeneem nie.

Dit was vir my goed gewees. Dit was vir my ongelooflik goed gewees. Ek het baie vriende wat struggle met Universiteitsoord, en ek neem hulle nie kwalik nie. Maar vanaand het ek iets van kerkwees beleef. ‘n Ruimte waar ek mag vrae vra, waar ek mag struggle, waar ek mag twyfel.

Advertisements

7 Responses to ek en universiteitsoord en hulle alternatiewe diens

  1. tiaan sê:

    Julle laat my ook dink…veral omdat ons waarskynlik binnekort die “alternatiewe/tiener” diens wat net een of twee maal per kwartaal gehou is, meer permanent gaan maak. Dan gaan yours truly die geleenthede moet begelei/fasiliteer (kom ons los die woord aanbied). Ek wil regtig nie hê dit moet net ‘n replika van die gewone ding wees behalwe dat die begeleiding van ‘n cd of ‘n kitaar af kom en dan dink ons skielik dis “alternatief” nie.
    Maar ek hou van die ding dat dit mens anders laat voel…asof hulle tuisgekom het…die ding van saambid, saampraat, saamsoek…I like I like! Ek hoop ek kry dit reg.

  2. cobus sê:

    Jy maak my dink ekke, dit is goed.

    Dalk is deel van die probleem dat ons die preek so opgeblaas het dat alles wat nie monoloog en preek was nie afgetrap is. Nou sê ons net dat daardie saamgesels, daardie rondbeweeg en stilword, daardie meditasie, is net so belangrik as ‘n monoloog preek. So ons noem dit ‘n erediens, want vir party word dit ‘n alternatief op die erediens wat hulle tradisioneel beleef het.

    Is dit alles nuut? Ek hoop nie so nie. Ek hoop juis ons kan iets van die antieke hierbinne ontdek, alhoewel dit dalk anders verpak gaan word.

  3. ekkedink sê:

    valid points cobus! Ek skiet nie universiteitsoord s’n alt diens af nie, wonder net:
    1) of ons al alle opsies ordentlik ondersoek het
    2) is alles noodwendig “nuut” en alternatief (good old bybelstudies was dalk nie reg gedoen nie 🙂 )
    3) kan eredienste nie ook ander vorme aanneem nie?

    en dito oor selgroepe!

    ek dink ek het dit ook in een van my blogs geskryf, maar ek kry soms die idee ons beweeg van “foefie tot foefie” in die breedste sin van die woord) om lewendig te bly.

    o, dis my Might Ment 09 blog (http://ekkedink.wordpress.com/)

  4. cobus sê:

    ekke
    laaste keer wat ek by ‘n good old bible study uitgestap het het ek nie gevoel dat ek myself ontdek het in ‘n belewenis van die teks nie. As good old bible studies beleef was soos Sondag se diens dan het ons dalk nooit begin met Sondae se dienste nie.
    O, en by selgroepe is vreemdelinge selde welkom, die lot vryf mekaar warm en laat die stranger funny voel.

    Maar dis dalk net die siniese ek wat praat na ‘n dag van meer as 13 ure se werk.

  5. ekkedink sê:

    Wel, wat is dit anders as ‘n good old “bybelstudie/selgroep”.

    My punt is dus: alternatiewes is nodig, ook die soort, maar of dit noodwendig ‘n splinternuwe idee is (soos byv. ‘n alternatiewe diens), is vir my ‘n vraag. Maar ek is ‘n groot voorstaander vir alternatiewe! Ons leef nou maal eenmaal in ‘n wereld waar alternatiewe “die spice of kerk-life” is. Moenie daarteen baklei nie, embrace dit! Maak dus voorsiening vir die:
    *konserwatiewes – preek met ‘n toga; gestruktureerde erediens met die bekende liedere
    *”sensing” ouens – beelde, musiek, chants
    *askete – gee genoeg stilte ens.

    Ek het ‘n besondere boek gelees oor “God Languages” wat presies die voorkeure ook aandui. Ek dink ons kan dit in ons eredienste inwerk.

    http://ekkedink.wordpress.com/2008/07/18/jou-geestelike-temperament/

  6. Kari sê:

    Ek ken een ongelooflike langhaar dominee daar.

  7. Ronald sê:

    Miskien moet ek ook maar weer ‘n draai daar gaan maak – was BAIE lanklaas by die Oord gewees.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: