jakaranda se reversed anglicization en anit-politics polemic

My dag om uit die kas te klim. Ek luister Jakaranda. Ek ken die Jakaranda 94.2 thingy wat hulle heeltyd ding, ek begin al van die omroepers se name te ken. Ek luister nou wel nie baie radio nie, net as ek in die kar is (so 2000km per maand, baie daarvan in die stad, so dis darem ‘n aansienlike aantal ure), maar as ek radio luister, dan is dit Jakaranda. Hoekom? Wel, ek dink ek mag dalk wat musiek aanbetref my tyd met so paar jaar gemis het, so ek like dit om ‘n stasie te luister wat “ou bekendes” speel, waar ek elke kort-kort bietjie Bon Jovi, Roxette, of watookal wat meer as 10 jaar oud is te hoor. Maar lately begin ek oorweeg om ‘n skuif te maak.

Aanvanklik het ek nie big issues gehad met die engelse Jakaranda omroepers wat nie Afrikaans kan praat nie, maar lately begin ek te wonder daaroor… hoekom doen hulle dit? Is dit net ek wat so gutt feel kry dat hulle speel met ‘n neo-Afrikaner nasionalisme en Afrikaanse taal herlewing, en deur op die emosies van hulle wat simpatiek tot hierdie bewegings is te speel verkoop hulle die stasie. Ek bedoel, as Afrikaners heeltyd sit en moan dat hulle taal van hulle weggevat word (wat absolute nonsens is), wat beter om jou stasie te verkoop as ‘n klomp rou engelse wat gebroke Afrikaans kom praat? Lekker reversed anglicization, of nie?

Ek is all for freedom of speech. Ek sal fight daarvoor dat ‘n meerderheid opinie nooit die stem van ‘n minderheid mag dooddruk bloot omdat hulle ‘n meerderheid is nie. Ek is heeltemal daarvoor dat verskillende opinies en ideologieë deel van ons publieke gesprek moet word wat soek na die toekoms van ons land en wêreld. Maar as freedom of speech beteken jy mag enige twak kwytraak, dan raak ek geïrriteerd. In die hele turbulent politiese tyd die laaste paar maande kan ek nie onthou dat Jarakanda my ooit gehelp het om sinvol te dink oor wat in die land aan die gbeur is nie, al wat hulle gedoen het is om die spot te dryf met al wat politikus is. Die ondertoon wat ek heeltyd hoor is dat alle politiek en politici simpel is.

Ek kan verkeerd wees, so help my as jy meer Jakaranda luister as ek, maar ek hoor die stemme van ‘n klomp ryk wit Suid Afrikaners, wat lightly rassisties is, en net heeltyd hulleself binne die safe-zone hou dat hulle nie vir diskrimenasie aangekla kan word nie, maar steeds deurlopend besig is om ‘n boodskap wat eenheid tussen arm en ryk, wit en swart afbreek, te verkondig. Maar dit is net my gutt feel.

O, en help my sommer ook met wat ‘n goeie alternatiewe radio stasie sal wees vir my om te luister? Een waat ek my musiek uit die 80’s en 90’s sal hoor, maar waar ek ook ‘n beter gesprek oor die wêreld rondom my sal hoor?

Advertisements

2 Responses to jakaranda se reversed anglicization en anit-politics polemic

  1. Steve sê:

    Ek luister gereeld aan Classic FM, ook as ek in die kar rondry, maar na Johannesburg op die hoofweg, en Classic FM het die beste verkeersverkondigings, en die musiek is ook nie te sleg nie.

    My seun luister eerder aan Radio Tuks.

  2. Adrie sê:

    Ek luister ook Jakaranda, veral omdat ek Rippel nie kan opvang nie. Rippel is regtig nice.

    As ek wel ‘n lansie vir die stasie kan breek: ja, hulle hou nie van politiek nie en dryf erg daarmee spot. Die mense is egter nie rassiste nie. Dit het ek al dikwels gesien in hulle omgang met mekaar en die publiek.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: