Adriaan Vlok “got his feet washed” @ Amahoro

Ek’s by Amahoro Africa. ‘n Netwerk van vriende en nog-nie-vriende wat saam kuier oor Afrika en die kerk aan die ander kant. Finominale lesings en gesprekke! Ek is ongelooflik impressed met die kwaliteit van Afrika-teoloë wat ons hier vind. Sal seker oor tyd meer daaroor blog…

vlok & callahanAdriaan Vlok het ons vandag besoek, en sy storie oor hoe hy voete gewas het vertel. Daardie storie het baie al gehoor, en baie van ons oor jokes gemaak al. Ek sal minder jokes daaroor maak na vandag, dit was ‘n powerfull verhaal. Maar wat veral uitgestaan het was toe Shaun Callahan, long-time kerkplanter hier van Jo’burg en stem in die emerging gesprek, wat deel van die paneel saam met Vlok was, begin vertel oor sy eie grens-ervaringe.

Hy was deel van Koevoet, as jy nie weet wie dit is nie, dan is jy waarskynlik post-PC gebore. Koevoet was die mees geweldadige been op die grens gewees, genadeloos. Shaun se sielkundige het hom egter aanbeveel om sy woede nie op ‘n sisteem te probeer uithaal nie, maar om ‘n naam te kry waaraan hy die woede kan koppel. Vir Shaun was hierdie persoon Adriaan Vlok. Hy het gevloek met die naam van Adriaan Vlok. Vandag het Shaun vir Vlok vergewe.

Dit was ‘n diep moment, en sê iets oor ons Afrikaner geskiedenis, oor ‘n regering wat sy jong manne grens toe gestuur het, baie van hulle heeltemal opgeskroef het, wat hulle glad nie voldoende, en baie keer bloot glad nie, ge-debrief het nie. Shaun was een van hierdie jong manne, en oom Adriaan in daardie regering. Shaun en oom Adriaan is simbool vir die versoening wat tussen ‘n Afrikaner generasie wat te jonk was om direk verantwoordelik te wees vir Apartheid, en die Apartheid sisteem, en hulle wat daar agter gesit het, in baie gevalle nog moet plaasvind.

Elkgeval, oom Adriaan het aangebied om ook Shaun se voete te was, en Shaun het gevra hy wil asseblief oom Adriaan se voete was, want ook hy het nodig om hierdie man op wie hy al sy haat uitgehaal het te vergewe.

Voete was mag dalk vir baie ‘n outdated ritueel wees, en hoef nie die ritueel te wees wat almal gebruik vir versoening nie. Maar vir hierdie mense is dit real, en die versoening wat hulle simboliseer is ongelooflik noodsaaklik in ons Afrikaner gemeenskappe!

Advertisements

19 Responses to Adriaan Vlok “got his feet washed” @ Amahoro

  1. Andries sê:

    Sibusiso, I’m also in Gauteng and also passionate about this kind of conversation and journey.

  2. cobus sê:

    Sibusiso, I was thinking of suggesting the same, but from Myspace it seemed like you’re in the UK. If you’re in the Gauteng area, I’m close, if you’re in the Cape Town area, Nic’s close.

  3. nic paton sê:

    Sibusiso – are you based in the UK or SA? It’d be great to connect somehow offline.

    The Amahoro conference provided many pointers in this direction. Have you listened to any of the talks yet?

    http://futurechurch.co.za/roger-saner/2009/06/10/talks-from-the-amahoro-gathering-so-far.

    I think meeting and talking is the starting point. Following this we can beging to know the need, and act accordingly, within relational frameworks.

    What about yourself?

  4. Hi Nic,

    Yes I agree that that’s a thorny issue ‘I like your figure of speech, just elaborates it very clearly’. See, South Africa needs dialogue like this. What a joy and wonder to see the Kingdom of God expand beyond political, racial, socio-economic barriers.

    Well, how about it then ?

    How do we start living this truth out as fellow South Africans, to form a legacy that will influence our leaders, our people and our nation ?

  5. nic paton sê:

    Thanks Sibusiso for that generous perspective.

    In the Kingdom of God, being called to community should mean that all these issues become redundant. I do not want to sidestep the thorny issue of “restitution”.

    But the solution I envision is all encompassing, eternally sustainable, and is uncompromisingly just as well as merciful.

  6. Hi guys,
    Just bumped to this forum, I can’t fully understand what is being said in Afrikaans (wish I’d paid more attention in my Afrikaans lessons at school) but sounds very interesting. I have to say though that Reconciliation is the fruit from a tree called ‘Humility’.

    We (black South Africans) cannot keep our fellow white south african brothers and sisters randsom for what they / their parents / ancestors etc did. Restitution is a very difficult thing to attain and it will take a number of centuries, much like fixing a smashed 200 year old porcelain ornament. But we need to be humble, to receive in humility rather than accuse in pride. I think there’s a need for self-searching and self-reconciliation which has to come from a soul-searching journey in humility.

  7. nic paton sê:

    Wat die donner? – ek het nie al daardie backslashes daar gesit nie!

  8. nic paton sê:

    Baie Dankie Cobus vir you perspektief.

    Ek het ook daardie dag snot en trane laat vloei. Vloek -> Vlok -> Vloei … Ek wil ook se – Daardie Oom Adriaan is deesdae baie cuddly as jy naarder kom.

    Verder, dis die eerste keer dat ek die termyn \”ritueel\” ooit gesien het in \’n positiewe manier vanuit die Gereformeerde tradiesie gesien het. Dit se iets van die nuwe dinge wat nou verskyn in die mense wat die Calviniste so ernstig ophou, waarin alles onder \”Die Woord\” kom, waarin alles \”ritueelisties\” is wegegoei.

    Laaste in Engels – I\’m deeply encouraged, motivated, and excited to be moving closer to all you guys – including Andries, Eugene \”Die Barista met die Meerste\”, Roger \”Boer se moer\” Saner, and Guillaume.

  9. […] Cobus van Wyngaard (Christian) of my contemplations on Adriaan Vlok got his feet washed @ Amahoro […]

  10. […] Cobus van Wyngaard Adriaan Vlok “got his feet washed” @ Amahoro – die ander kant […]

  11. […] Cobus van Wyngaard Adriaan Vlok “got his feet washed” @ Amahoro – die ander kant […]

  12. Ek wens ek kon daar wees.

  13. Ek sit letterlik hier met trane in my oë.

  14. (and sorry for the “Kobus” – it’s mean to be “Cobus”! Doh!)

  15. Baie dankie vir jou gedagtes, Kobus. Ek is een van die mense vat grappies gemaak het oor Adriaan Vlok omdat hy Frank Chicane se voete gewas. Nie meer nie. Dit was baie spesial.

    Trevor Nthlola put it well when he said that there’s a need for reconciliation between a younger generation of white South Africans and the older generation. I intuitively knew that before today; now I know it as a fact.

  16. tiaan sê:

    ek bedoel, “nie omdat dit DIE easy way out is nie…”

  17. tiaan sê:

    Voetewas…ek dink ons generasie het iets van die “specialness”-daarvan herontdek. Nie omdat dit nie die easy way out is nie, maar omdat dit so ‘n diepgewortelde handeling is. Ek bedoel, ons doen dit glad nie om dieselfde rede as Jesus en sy dissipels nie – nou is dit ‘n simbool van: “Ek plaas my behoeftes ondergeskik aan joune, ek het jou meer lief as wat ek vir jou kan kwaad wees, ek ag versoening tussen ons hoër as my eie vooroordele.”
    En tussen vriende is dit vir my een van die hoogste uitings van onvoorwaardelike aanvaarding en liefde.

  18. […] has also blogged about it here (in Afrikaans) but he has managed to get a picture into his post – perhaps he isn’t […]

  19. Andries sê:

    Dit het my ook baie diep geraak. Ek het self ook na die tyd na oom Adriaan gegaan en hom vergewe vir wat hy en sy generasie aan my en my generasie gedoen het. Ek het diensplig vrygespring omdat ek van ’88 tot ’94 geswot het maar baie van my vriende is deur die weermag en polisie opgeskroef.

    Daar het vandag iets met my gebeur wat moeilik is om te beskryf. Ek het die eks-minister van polisie ‘n drukkie gegee terwyl ons saam gehuil het oor die pyn van ons apartheidgeskiedenis. Ek het al soortgelyke ervarings van versoening met swart broers en susters beleef. Vandag was ‘n groot sprong vorentoe in my versoening met die ooms waarvan “Boetman” ‘n paar jaar gelede in Beeld geskryf het.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: