ons Afrikaner private godsdiens (aka oom Adriaan part 2)

Ek het vertel van oom Adriaan se besoek aan Amahoro. Vir baie Afrikaners ‘n diep geestelike belewenis van versoening met ons eie geskiedenis, en vreemd genoeg hoor ons nou ook die stories van watse indruk dit maak op ander uit verskillende dele van Afrika, omdat die Afrikaners wat hulle ontmoet het bereid is om die donker dele van hulle eie geskiedenis eerlik oor te praat. Ek kon dit nog nie oor my hart kry om vir die vriende wat ek uit Kenia gemaak het te vertel van Ek sal nie langer jammer sê nie. Maar goed, dit net ‘n vinnige update voor ek kom by waaroor ek wil skryf. 

Oom Adriaan het sy bediende Sarafina saamgebring Amahoro toe. Hulle was saam op die stage gewees, en sy het ons vertel van die Vlok huisgesin. Die verhaal het vir my so verteenwoordigend van ons godsdiensbelewenis geklink. Twee vrae en hulle antwoorde illustreer dit:

Aan oom Adriaan Vlok is gevra: Toe jy opdragte gegee het dat plekke gebom moet word ens, het jy nooit gedink aan of dit reg of verkeerd is, waar God hier inpas, wat jou geloof hieroor te sê het nie?

Nee. Dit was ‘n eenvoudige nee, hy het nooit daaraan gedink nie.

Aan Sarafina is gevra: Het jy geweet van die goed waarmee oom Adriaan besig was? Was jy nie bang om vir hom te werk nie?

Nee, was die antwoord. Oom Adriaan hulle was goeie Christen mense. Hulle het mooi vir my gesorg, ek was soos ‘n kind in hulle huis. Hulle het selfs gesê ek moet saam met hulle aan tafel eet.

Dit is die storie van ons Afrikaner godsdiens. Ja, en van gelowiges reg oor die wêreld. Dat ons geloof ‘n tot die private sfeer geskuif het. Geloof het te doen gehad met die binne kant, dit wat tussen my en God gebeur, dalk dit wat in my huis gebeur, huisgodsdiens byvoorbeeld. Die publieke wêreld is beheer deur die magte van die ekonomie, politiek ens, dit was die magte wat mos “geweet” het hoe ‘n samelewing bestuur moet word.

Vir oom Adriaan het dit verander, maar vir ons Afrikaners het dit nie. Godsdiens gaan maar in ‘n groot mate maar oor die private, dit wat in die “binnekamer” gebeur, my geloof, so sê ons, is ‘n private saak. Die private geloof is egter ‘n geloof wat gebreek het met Jesus van Nasaret…

Advertisements

6 Responses to ons Afrikaner private godsdiens (aka oom Adriaan part 2)

  1. nic paton sê:

    The Afrikaaner does not have the monopoly on individualist piety. They are part of a much larger problem whose roots are in the epistemoloy of Descartes – I think therefore I am, rather than that of Ubuntu – I belong therefore I am.

    But the African experience – Die Groot Trek – adds a survivalist dimension to this. The colonial-explorer mentality meant that \”us and them\” underpinning private spirituality was reinforced over tens of generations.

    In fact this time of the Great Emergence might just be THE kairos moment wherein Afrikanerdom is wholly converted to a much fuller place in the Kingdom of God – connected, serving, and disciplined – this is my dream, anyway.

  2. Steve sê:

    One big problem with the ACDP is that it sent out far-right propaganda before the last few elections, which means that it too has turned its back on God and preferred to trust in right-wing political sloganising.

  3. I agree with you Cobus, part of the problem is that Christians have divorced religion into a private spirituality, and have a different set of standards when they interact in the real world. Our challenge is to live out our faith publicly.

    But there’s a real political backlash against this. I listened to a debate a little while back between different political parties, and the ACDP was saying that the reason we have all the trouble that we have in SA right now is that we’ve forgotten God. The other political parties were incensed, saying that the reason we’re in this mess in the first place is because of religion, Christianity in particular.

    For us to gain a credible public hearing, we need to be honest about how Christianity can be used to gain power over others, and how when we live out a true Christian faith, this can’t happen, as God is always on the side of the poor, the weak, the oppressed.

    We can’t promote “public Christianity” until we own up to the damage it has done, but I think this process will be healing, and is the only way in which Christianity as a religion can re-gain credibility in post-Apartheid South Africa.

  4. […] Cobus van Wyngaard (Christian) of Anderkant on ons Afrikaner private godsdiens (aka oom Adriaan part 2) […]

  5. cobus sê:

    Vince
    Ek is versigtig vir die judge. Ek kan sien dat ek my eie geloof anders beskryf as ander Christene, maar die geskiedenis van my mense, ook die geskiedenis van oom Adriaan, herinner my dat mense opregte gelowiges kan wees, en tog die pot totaal kan mis sit. Dit maak my versigtig vir die judge, want net dalk gaan my kinders of kleinkinders eendag vertel hoe hulle oupa God totaal misverstaan het, alhoewel ek regtig hard probeer om Jesus te volg.

  6. Sjoe Cobus, dit slaan die spyker so oppie kop, wel gedaan.

    Ons doen dit maar nog steeds, nie net as Afrikaners nie, maar as Suid Afrikaners, ons word gesien as Christene in ons kerke en in ons huise, maar wee die een wat dit durf meng met die real world daar buite

    En daar kom ons maar weereens terug na die verskil tussen Christene en Godsdiens, en die belangrike vraag wat die kerk as n instansie daaran doen? (My gevoel is dat die antwoord eerder een is van “Don’t make waves”)

    Nou gaan ek sommer kliphard judge; Baie dink hulle is op die regte pad, hulle is selfs baie seker daarvan, man maar ek dink die pad is sommer baie smaller as wat ons ooit kan dink, n Mens kan nie n closet Christian wees nie, Jesus het nie nog n 007 nodig in Sy span nie, dis n Life changing process – No change, No Jesus

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: