turn2god en die VF+

Jy al Turn2God en die VF+ se beleide bietjie vergelyk?

Ek is tempted om my guts te spill oor revivalist movements en pogings tot teokrasieë en voortsettings van die 19de eeu se sendingideale van “die hele wêreld vir Christus in ons leeftyd” ens. Maar ek sal dit vir eers los vir iets interessanters.

Die Vryheidsfront Plus se beleid rondom territoriale outonomie:

Die ander belangrike komponent van die Vryheidsfront se beleid, is die aanspraak op territoriale outonomie. ‘n Minderheidsgroep bly voortdurend kwesbaar binne ‘n staatsbestel wat deur ander groepe oorheers word. Beskerming wat vandag met moeite beding word, kan jou môre polities ontneem word. ‘n Volk kan slegs waarlik vry wees binne ‘n eie grondgebied onder ‘n eie owerheid. Hierdie ideaal kan verwesenlik word deur ‘n evolusionêre proses, naamlik groter outonomie op plaaslike regeringsvlak wat daarna lei tot selfbeskikking op streeks-, provinsiale en uiteindelik nasionale vlak.

Elsa Meyer het egter beleef dat God vir haar die volgende sê oor ons land se regering:

Ek het ervaar dat hierdie boodskap vir al 14 bevolkingsgroepe van ons land bedoel is.  In elke bevolkingsgroep is daar leiers wat hulle mense se belange op die hart dra.  Hulle tree in vir hulle volk en is dienaars van God en mense.  As hierdie mense opstaan en hulle mense oproep om na die Here toe te draai,  sal hulle luister en God sal ons gebede verhoor en aan ons ’n toekoms vol van sy oorvloed gee!  As ons egter nie na God toe draai nie teken ons,  ons land se doodsvonnis.

Ek het beleef dat God nooit bedoel het dat volke en nasies deur politieke leiers regeer moet word nie.  Volksleiers was bedoel om mense te wees wat omgee vir hul mense en nie gedryf word deur ander belange nie.  ’n Volksraad behoort te bestaan uit die leiers van volke en ’n staatsleier behoort vir al die volke van sy land in te tree by God.  Hy/sy moet God se plan en strategie vir die land te wete kom en in wysheid sonder vooroordeel regeer.

(Ek het sommer ‘n paar interessanthede met soortgelyke kleure gemerk)

Of Elsa Meyer aan die VF behoort weet ek nie, en ek twyfel eintlik nogals. Maar come-on??? Ek’s seker nie die enigste een wat dink hier is iets fishy nie? Kyk die ooreenkomste:

  • Beide verdeel mense volgens volkegroepe
  • Beide wil nasionale politieke leierskap afskaal sodat volksleiers sterker uistaan
  • Beide voorsien uiteindelik ‘n nasionale staatsleier, maar hierdie moet bloot ‘n verteenwoordiger van die onderskeie volkegroepe wees

Ja, tannie Elsa sê baie meer keer “God” in haar stukkie as die VF, en ja, die VF lê wel klem op territoriale verdeling wat tannie Elsa nie doen nie, maar verder is die ooreenkomste vir my maar half shocking! Ek bedoel, het tannie Else nog nie Belhar gelees nie?

Maar goed, dat ek nou stop. Wat dink jy van hierdie twee beleide oor die toekoms van ons land? Dink jy dit is versoenbaar met wat daai wandering prophet, Jesus van Nasaret, geleer het 2000 jaar terug? Sien jy ooreenkomste? Sien jy verskille? Deel sommer jou thoughts, ek wil graag hoor.

Advertisements

5 Responses to turn2god en die VF+

  1. […] Die hele Pretoria is vol turn2god advertensies, en ek het my ongemak oor hierdie storie reeds begin noem. […]

  2. Hugo sê:

    Dit klink vir my soos Apartheid Version 2…

    Apartheid Version 1 was ook met goeie bedoelings uitgedink. En moet my nou nie verkeerd verstaan nie, Version 2 kan dalk werk, dit kon immers leer uit vorige foute. Maar ervaring se^ vir my “hierdie klink maar shaky”. En konnekteer ook nie vir my aan die “Nazarene” se leerings nie… (“leerings” klink nie vir my na ‘n regte woord nie, is dit? Wat’s “teachings” in Afrikaans?)

  3. SSiE sê:

    It doesn’t matter if they’re related in any way – both the VF+ and turn2god are based on fiction: the VF+ on the thinly disguised fiction of racial superiority, and turn2god on the fiction of religion.

  4. cobus sê:

    Ek sien nou eers ek het vanoggend ‘n blog post laat uitgaan oor die Afrikaner wat nie leiers het nie, het dit al Vrydag geskryf, voor ek aan hierdie post gedink het.

  5. Steve sê:

    Ek wil twee dinge weet:

    1. Aan watter bevolkingsgroep behoort ek?
    2. Wie is my “leiers”?

    Kan Elsa Meyer vir my se, want ek weet beslis nie?

    Soos Bob Dylan gesing het: “Oh, no, no no, I’ve been through this movie before.”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: