is ek in die minderheid?

Ek beleef nogals die minderheid ding die laaste paar dae.

  • Die hele Pretoria is vol turn2god advertensies, en ek het my ongemak oor hierdie storie reeds begin noem.
  • ‘n Kind bel my om info oor Godly Revolution te kry, duisende jong Christene trek mos op soontoe, maar ek het bewustelik gekies om nie te weet wat daar aangaan nie.
  • Ek kom so paar minute terug vir die eerste keer in my lewe op Finesse se website af. Jou goedvoeltydskrif? Ek kan nogals sien hoekom ek nie regtig ‘n fan is nie. Dink daaraan, die Bergpredikasie… jou goedvoelpreek… iewers link die stuff nie.
  • Ons praat vanmiddag oor my bachelors van so klompie maande terug. ‘n Goeie aand saam met vriende, paintball en ‘n braai (ja, ek het regtig goeie vriende, niks stupids aangevang nie). So paar honderd meter van die braai af was Hillsongs besig om vir Jesus te getuig met musiek, maar ek het nie gevoel ek mis iets nie.
  • Oor oom Angus hoef ek nie veel te sê nie, het al daaroor geskryf. Die grootste fenomeen onder blanke Suid Afrikaners in jare. ‘n Uitgesproke Christen, maar ek voel nie ek kan daar link nie.

Is ek in die minderheid? Eintlik glo ek nie regtig so nie. Ek het ‘n vermoede dat dit ‘n minderheid groep van my land, selfs van Afrikaans sprekendes is, wat aan hierdie lys goed link. Maar hulle is baie vocal… baie baie vocal. Hulle maak dat die grootste christelike uitgewers maatskappy in die land ‘n lewe kan maak, maar ek stap deesdae maar by hulle winkels verby, daar is nooit iets waarin ek belangstel nie, ek het immers al ‘n Bybel.

Is hulle verkeers? Ek weet nie. Ek is elkgeval lankal verby die punt waar ek hulle try fight. Deesdae gaan ek maar my gang, vertel hoe van die God waarin ek glo, die God waarvan die Bybel my leer. Tel die stukke op indien nodig wanneer ek op iemand kom vir wie die naïwe en populêre geloofsstorie nie gewerk het nie, tel die stukke op wanneer ek op iemand afkom vir enige geloofsstorie nie gewerk het nie, ek link aan die groeiende groep mense wat in hulle diepste guts weet dat dit wat vir hulle gevoer was nie werk nie, maar nog nie taal het om te verwoord hoe hulle dan oor God dink nie, en kuier veral daar waar ek nie hierdie hoef te verduidelik nie, waar almal verstaan dat ek voel soos ek voel.

Advertisements

10 Responses to is ek in die minderheid?

  1. Cobus sê:

    Cobus, dis Cobus van Suidkaap, ek is so in die minderheid, dat ek alleen “voel”? Nee Darem nie, Paulus en die ander “Minderis” is ook darem hier. Ek het meer Bybel-studie agter my blad as ‘n jaar se propenente. En waar het dit my gekry? In die minderheid. Die baie minderheid. Om jou ‘n idee te gee hoe minderheid dit kan wees, lees die stuk om Luk9:55. veral ook vers 58. Hy was so in die minderheid, hy was ne Een!

  2. cobus sê:

    Ek’s bly iemand verstaan:-)

  3. Steve sê:

    Nou-ja Cobus, ek het die die Finesse webwerf bekyk, and ek verstaan heelgoed dat jy nie ‘n celebrity-ma wil wees nie.

  4. Skiefs sê:

    aha! Nog mooi aan die gesels sien ek…

    Ek het ook al oor hierdie selfde dinge gesit en dink, of geloop en gedink, of gesit en fight. Of so iets.
    Het net later by die punt gekom waar ek moes erken dat mense, myself inkluis, verskillende behoeftes het. Daar is weinig in ‘n belewenis wat my aanspoor om “meer” of “minder” te glo. Dalk is party van ons net anders aanmekaar ge”bolt”. As ek iets moet beleef is ek mos by die punt geloof verby. Dan “weet” ek mos. En vir my (en ek glo ander ook) sal sekere “belewenisse” en “happenings” meer skade doen…of laat lag…om dan as ongelowig afgemaak te word.Of te word.

    Ek is oortuig daarvan dat ons nie behoort te glo wat ONS glo nie. Maar dat ons onsself moet toelaat om meer en dieper in Gods-diens (l.w.) te “verval”. Dalk om dieper in te sink…soos oom Willem Nicol dit dalk sou stel. Getroude lewe oorleef nie of highs nie…Ek dink Geloofs-lewe ook nie…dis die klein, alledaagse raaksien van seer. Of wanhoop, of rusteloosheid, of onbeantwoorde vrae, brutale eerlikheid EN liefde. En om te gee dit wat nodig is. Wanneer en waar dit nodig is. Ek het soms na al Hillsongs en soortgelyke goed gegaan… soms was dit selfs nice…maar die nood daar het dit die moeite werd gemaak om te gaan. Sonder om oor-“noble” te klink – iemand moes gaan help en dalk balanseer…dalk het dit vir een iewers ‘n verskil gemaak…maar vir self om te gaan geniet? Ek loop ook eerder rond en kuier by lekker weird mense…

  5. tiaan sê:

    “ek het immers al ‘n bybel”! Haha nice!
    Dis soms moeilik hier op die platteland om te bepaal wie is nou eintlik deel van wie se minderheid (want let’s face it, hier is net minder mense!). Dis moeilik om te bepaal wie is in jou eie groep aangaande hierdie sake, want baie mense wat veronderstel is om jou geografiese groep te deel, is either hangover of missing in action by die dam. So dis bietjie problematies.
    Want ja, daar is mense van ons generasie en die een daarna wat frons oor al hierdie dinge – maar tog ook iets positiefs daaruit kry. Dalk omdat hulle nog nie aan ‘n deeglike alternatief blootgestel was nie?
    Ek dink partykeer die probleem lê by onkunde. En een “emerging-erige” jeugdominee is nie heeltemal genoeg om vir almal die alternatiewe voor te hou nie…

  6. nic paton sê:

    Ek was in die minderheid geboore, in die minderheid groot geword, and ek sal daar sterf.

    Welkom aan my tribe.

  7. cobus sê:

    Cara
    Ja, ons moet daai koffie ding doen… ek moet iewers in Stellenbosch moontlik uitkom in die volgende klompie weke, sal laat weet:-) Jy mag dalk verbaas wees oor hoeveel ek by die happy-clappies leer:-)

    Ek moet darem net noem, ek beskou nie al hierdie goed as op dieselfde vlak nie. Shofar en Hillsongs is nie vir my dieselfde nie. Party is ek net ongemaklik mee, maar ander dink ek regtig is net ongesond.

    Ons aanbid dieselfde God ja, daar is tog net een:-) ons praat net baie verskillend op tye.

  8. carakind sê:

    Ek is nogsteeds een van die happy clappies. Ek en jy het nou ‘n paar e-gesprekke gevoer, maar ai, ek wens ek kon oor koffie gedagtes uitruil.

    Hier’s ‘n commitment: ek sal ‘n Stellenbosser of twee bevriend wat “wantrouig-van-charismatics” dog Christen is. Verkieslik een wat nie begin vloek as hulle van Shofar of Angus of Hillsongs praat nie (hoewel ek seker nou al moet begin gewoond raak daaraan, sukkel ek om nie bietjie ontsteld te raak nie as ek sien dis gebaseer op vooroordeel meer as nugter oordeel). Daar is happy clappies EN wantrouige Christene wat beide kan praat en luister.

    Ek verlang regtig soms na die “wantrougies”. Ek kan duidelik sien die happy clappies kan baie by die wantrouiges leer. Maar regtig, regtig, daar’s ‘n ding of twee wat die wantrouiges by die happy clappies ook kan leer.

    Ek dink ons aanbid dieselfde God.

  9. Ek vermoed ek verstaan hoe jy voel…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: