@Niemandt – amen! stadig met die belydenis

Ek moet erken ek lees amper niks Beeld deesdae nie. Hulle “arme-wittes-wat-alewig-vermoor-word” eensydige beriggewing het my begin kry. Toe is ek Sowetan toe, maar hulle celebrity-skindernuus wat oor die afgelope weke net meer en meer geword het begin my te kry, so ek is daarvan ook af. Partymaal dink ek ek moet dalk bietjie meer Beeld lees, want ek hoor heeltyd die rumoars van ‘n godsdiens gesprek wat daar aan die gang is wat ‘n lewe van sy eie het. Maar Nelus Niemandt vra op Twitter vir gesprek n.a.v sy artikel in vandag se beeld, so ek het bietjie gaan lees.

Skuif die volgorde van Bely, Beleef, Behoort na Behoort, Beleef, Bely, skryf hy. Bely, Beleef, Behoort is die sisteem waarin hy grootgeword het. Ek dink dit is die sisteem waarin ek ook grootgeword het, alhoewel dit nooit eksplisiet gesê is nie. Ons het immers aanvaar dat jy bely, die moontlikheid dat jy nie saam bely nie is nooit eers oorweeg nie. So ook oor beleef. So ons het gepraat oor om te behoort aan hierdie kerk waarvan ons nou klaar deel is. Selfs voor ons amptelik belydenis afgelê het. Dat ons behoort deel maar heel vlak was het egter duidelik geword as enige van die vorige twee skielik gequestion word. Waag dit om te luister na daardie liberale teoloë, en ons sal dit duidelik maak dat jy nie meer behoort nie. Waag dit om bietjie rond te kuier by van daai crazy charismatics, of dalk die weird mystics, en ons maak dit baie duidelik dat jy nie meer behoort nie. Wanneer bely of beleef op die tafel gekom het, het dit altyd duidelik geword dat behoort nie eerste bestaan het nie, maar voorwaardelik tot die eerste twee was.

Nelus pleit al ‘n rukkie hiervoor, en ek waardeer dit. In sy boek Nuwe Drome, skryf hy byvoorbeeld:

As die ryk van God ‘n sokkerklub was, sou die klub oop wees om almal as lede te ontvang – kinders en grootmense, mans en vroue, beginners en ervare spelers, vurige ondersteuners en rustige bejaardes. Net mense wat sokker haat en alles wil doen om dit met boks te vervang, sal nie welkom wees nie.

Die vraag is egter, hoe lyk iemand wat sokker haat? Ek bedoel, ek kry netnou ‘n email van die Learning Community af, en op die voorblad is tans eerste Leonard Sweet en Frank Viola se Jesus Manifesto waaroor almal nou so begin rave, en so entjie onder dit goed oor Nelus se boek. As ek egter Sweet en Viola se manifesto lees, dan wil dit vir my lyk asof mense wat sokker haar hulle is wat nie saamstem met hulle ekstreme high Christology nie. As ek Sweet en Viola lees dan wil dit vir my klink of hulle die reëls klaar gemaak het, klaar besluit het wat jy moet bely, sodat jy kan behoort, en eintlik is daarbinne sommer opgesluit hoe jy moet beleef ook. Kyk en na daai bladsy dan lyk vir my my asof selfs al weet ons dat die sokkerklub teoreties oop is, is dit maar moeilik om mense lid te maak wat sokker se reëls anders verstaan as ek.

As ek Nelus reg hoor, en ek hoop ek doen, dat maak ons die klub eers oop, en dan bepaal die wat deel van die klub is saam oor tyd hoe ons bely, en partymaal op verskillende tye verskillend bely, hang af waar ons op hierdie geloofsreis is. Tony Jones het dit vir my die beste verduidelik toe hy geskryf het oor hoe die baseball community die baseball reëls oor tyd verander. Dit bly baseball, maar die reëls skuif. En wie bepaal die reëls?

Similarly, Christian orthodoxy is held in tension by you, me, the Pope and Benny Hinn — by all 2.2 billion of us. Plus, we’re also listening to the interpretations of those who’ve gone before us — the church fathers.

Dalk bly van die beste pogings om behoort eerste te plaas die van David Bosch. Gaan lees gerus bladsy 185-187 van Transforming Mission. Hy beskryf die kerk as ‘n “international hermeneutical community“, waar sokker beteken dat ons kies om oor die Bybel te praat, dit is ons oriëntasiepunt. En almal wat saam wil praat vanuit hierdie oriëntasiepunt is welkom. Sweet, Viola, Niemandt, Van Wyngaard, en wie ookal nog wil saamkom, hier behoort ons, en daarom dat ons saam kan bely oor tyd, nie andersom nie.

Ronald blog ook in reaksie op Nelus se artikel by Wurmblikkie.

Advertisements

3 Responses to @Niemandt – amen! stadig met die belydenis

  1. […] die model moontlik bietjie simplisties is, herinner dit my tog aan die Behoort, Beleef, Bely gesprek so tyd gelede. Daar het ek so bietjie die idee dat die kerk ‘n plek is waar ons […]

  2. tiaan sê:

    Dit is jammer, boer, maar dis die werklikheid. Beeld sowel as rapport maak my al hoe kwater met hulle “gesensasionaliseerde” beriggewing. Dis sleg om die goed te lees, want behalwe vir eenogige beriggewing (soos die Harry Potter-resensie in laas Sondag se Tydskrif) wemel dit ook dikwels van die taal- en spelfoute.

    Anyway, terug by die kern van die blog:
    Ek wens ons kon dit regkry. Ek wens ons kon eers behoort, dan beleef en op die ou einde, saam bely. Die probleem is net (net!) ons sit met sulke ou gewortelde tradisies en burokrasie, dat ek nie weet of die NG Kerk ooit daai skuif gaan kan maak nie.
    Dalk moet ons maar ‘n nuwe denominasie begin? Dan noem ons dit die “Nuwe” Gereformeerde Kerk (En bly dus in die proses steeds ‘NG’!)! Haha 😉

  3. Dis van jou punt af, maar ek wil tog op die volgende reageer:

    “arme-wittes-wat-alewig-vermoor-word”

    Dis ‘n jammer dag as Suid-Afrikaners nie meer geskok is oor die moord-en-doodslag om hulle nie. Maak nie saak watter kleur dit aanneem nie. Ek is geen aanhanger van Beeld nie, maar kan nie insien hoe jy die beriggewing oor geweldsmisdaad as “eensydig” sien nie. Die beriggewing is miskien baie keer gesensasionaliseerd, maar dis dinge wat daagliks gebeur en waaroor moet berig word. In baie lande is een enkele geweldsmisdaad voorbladnuus. In Suid-Afrika is die burgers reeds so afgestomp vir die geweld dat die beriggewing hul begin verveel. Dis ‘n baie hartseer toedrag van sake dat menselewens en die beriggewing oor die reelmatige gewelddadige beeindiging van sodanige lewens, lei tot opmerkings soos die een hierbo.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: