Paulus en Polisiekar

Twee mense/groepe wie se gedagtes ek moes leer waardeer: Paulus en Fokofpolisiekar.

As goeie Gereformeerde eerstejaar teologiestudent was Paulus die een Bybelskrywer wat vir my ‘n hero was. Sy argumente, sy teologie, die stories van sy lewe. Maar met tyd het die hero-worship so bietjie verminder. Dit was nie my dosente nie, die een wat die Paulus klasse aangebied het was uiteraard baie opgewonde oor vriend Paulus. Maar soos soveel ander wat ek nou al oor die jare leer ken het, het dit net vir my gevoel of my lees van Paulus nie so lekker opline met dit wat ek van Jesus gelees het in die evangelies nie. So ek het maar begin om bietjie minder Paulus te lees vir eers.

Ek was net so mooi aan die gang met die teologiese studies, nog ‘n eerstejaar wat te veel klasse gebank het, toe Fokofpolisiekar begin musiek maak het. Ek kan nie sê dit het regtig ‘n invloed op my lewe gehad nie. Tot ‘n goeie vriendin wat nie regtig ‘n kerk-mens was nie, sy het die kerk eers baie laat in haar lewe ontdek, my geleer het om hulle te luister. Van daar af luister ek hulle baie, ek luister hulle musiek om iets van die wêreld waarbinne ‘n jonger generasie, myself ingesluit, leef te verstaan. Hulle gee nie noodwendig vir my die antwoorde nie, maar hulle verwoord definitief die vrae! En realiteit is dat meeste van die kids by die kerk, ook die goeie kerk-kinders, hulle musiek ken.

Andries van Aarde se Fatherless in Galilee wat ek teen einde van 2007 gelees het, tesame met ‘n referaat oor een of ander verskriklike Griekse vertaling uit van Paulus se briewe uit wat ek gelewer so rukkie voor ek die boek gelees het, het my weer ‘n waardering vir ons vriend Paulus begin gee. Maar ek moet sê dit gaan my nog ‘n ruk vat om Paulus regtig weer te verstaan ek dink.

Paulus en Polisiekar het nogals lyk my ‘n soortgelyke kritiek op leiers:

20  Julle verdra dit as iemand julle soos slawe behandel, as iemand julle uitbuit, as iemand julle bedrieg, as iemand julle uit die hoogte behandel, as iemand julle in die gesig klap.
21  Laat my dan maar tot my skande erken dat ons vir sulke dinge te swak was! Nou praat ek soos ‘n dwaas: enigiets waarop iemand aanspraak maak om te roem, daarop kan ek ook roem.

Julle verdra dit as iemand julle soos slawe behandel, as iemand julle uitbuit, as iemand julle bedrieg, as iemand julle uit die hoogte behandel, as iemand julle in die gesig klap. Laat my dan maar tot my skande erken dat ons vir sulke dinge te swak was!

(2 Korintiërs 11:20-21, Paulus van Tarsus)

Ons kort ‘n leier, ‘n bedreër om ons op te sweep. Om vir ons rigting te kan gee.

(Die seksuele revolusie 1:36-1:50, Fokofpolisiekar van Suid Afrika)

2 Korintiërs 11-12 is van die mees sarkastiese dele in alles wat Paulus geskryf het, en hier drup dit letterlik van die sarkasme! Dis asof Paulus wil sê: “Dankie tog dat ons nie sulke goeie leiers was nie”, want die sterk leiers bedrieg mense bloot, lei hulle om die bos, kry reg om idees aan ander te verkoop wat nie waar is nie. En dit wil lyk asof mense dit dan nou juis soek, enige bedreër wat met ‘n sterk opinie en vinnige antwoorde sal kom rigting gee. Wat instaat is om mense te manipuleer om soos goeie skape almal in die regte rigting te loop. Ek raak baie bekommerd wanneer ek sien hoe onkrities die kerk inkoop op al wat ‘n leierskap-tegniek is. Dalk het ons ‘n Paulus nodig wat sal sê: “dankie tog dat ek te swak was om mense te manipuleer op die manier wat party predikante dit reggekry het”.

Nelus Niemandt, oor wie se idees ek noudiedag bietjie geblog het, skryf:

Ons het dalk minder van John Maxwell en meer van Henri Nouwen nodig.

Ek dink daar is min mense wat Paulus se idees oor leierskap wat ek in 2 Korintiërs 11 en 12 kry so goed verwoord het vir vandag as Henri Nouwen in The Wouned Healer, ons het ‘n tipe leierskap nodig wat weet hoe om oor swakheid te praat, en waaroor ons kritici nie sal sing dat leiers maar net ‘n ander vorm van bedreërs is nie.

Advertisements

4 Responses to Paulus en Polisiekar

  1. *dit verwoord alles waarmee ek as jong Afrikaner gekonfronteer word, insluitende ‘n kerk waar ek nie meer lekker inpas nie.

  2. Goed geskryf.

    Fokofpolisiekar se lirieke is vir my soos ‘n Bybel. Ek put onsaglik baie waarde daaruit; dit verwoord. Dalk is dit omdat ek nommerpas die geslag is waaruit die musiek ontstaan het. Dunno. Maar ‘n FPK song is vir my gewoonlik iets wat ek sou klassifiseer as ‘n spirituele belewenis.

    Of hulle dit so bedoel het of nie, maak nie vir my saak nie. Which, ironically, is something you can also say of the Bible.

  3. Ronald sê:

    Jip.

    Ek glo mens nog heelwat plekke kry waar Paulus en Polisiekar met mekaar ooreenstem – ten minste, wat die vraag betref. Die antwoord – wel, dit gaan natuurlik verskil.

    Sou jy hieroor preek, sal jy die lied in die kerk speel? Dan kan jy ook al die kinders uitvang wat die woorde saamsing – kry maar net iemand wat lippetaal kan lees 🙂

  4. “Ons het dalk minder van John Maxwell en meer van Henri Nouwen nodig”

    Stem volkome saam!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: