kom ons kom uit die kas oor hoekom ons kamp

Die kerk waarvan ek deel is hou van kamp. Ek weet nie waar dit vandaan kom nie, maar ons kamp baie. Al vir dekades lank, dalk vir ‘n eeu, ek’s nie seker nie. Ek is in ‘n groot mate ‘n produk van die NG Kerk se kampe. Veral skoolverwisselingskampe. Saam met baie dominees by wie ek in hindsight voel ek het hoofsaaklik geleer hoe om nie te kamp nie. Ek’s pas terug van ‘n skoolverwisselingskamp af, en ek dink ‘n paar mense daar voel ook dat ek hulle geleer het hoe om nie te kamp nie, meer as enigiets anders.

Dis dalk maar een van die tekens van ons tyd, dat ons nie eintlik ‘n clue het wat ons mee besig is nie, maar net iets wat ons laat dink dat daar hoop is vir iets anders, rumoars of a different world (nee, ek het nog nooit enigiets van Yancey gelees nie). So ons duiwel voort, een eksperiment na die ander, meestal onvergenoegd omdat ons net iewers diep binne ons weet ons het nog nie gearrive nie. En dalk is ons nog verkeerd oor daai wete ook.

Maar tog is ek nie kwaad vir die kampe waarop ek was nie (behalwe vir ‘n paar insidente hier en daar), inteendeel! Dit is die plekke wat my gevorm het om te word wie ek is, al moes ek meeste van wat hulle my geleer het afleer sodat ek God hier van die anderkant af kon ontdek. Die punt is dat kampe ‘n manier het om ons in mense vas te dwing. Dit is die tye waarop ek die minste agter rekenaar sit, en wanneer ek doen, dan is dit met ‘n real live persoon wat fisies naby my is op die oomblik ingedagte. Elke idee wat ek praat op ‘n kamp het te doen met regte egte mense, al involve die idee baie filosowe se name en ‘n klomp tegniese terminologie.

Kom ons kom nou maar uit daarmee. Ons kamp nie omdat die preke wonderlik is nie. Dit is regtig nie veel beter as Sondag oggend se preke nie, inteendeel, ek dink dit is worse. Ons kamp nie vir die kos nie. Al die ons kokke amazing bly dit maar net bloot moeilike om vir 100 mense lekker kos te maak as vir 5. Ons kamp nie regtig vir die games nie, die volleyball is bietjie average, en baie mense slaan regtig gereeld mis met die baseball. Ons kamp vir die mense. Ons kamp vir daai gap om net te kan vergeet van die wêreld en community met ander te beleef. Ons crave dit. Daarom kamp ons. Want die wêreld waarbinne ons leef het hierdie rou tyd saam met mense gaan clutter.

En daai spiritual highs… wel, dalk is dit maar net ‘n taste van die journey waarop ons sal gaan as ons regtig ons lewe focus daarop om in mense se lewens te belê, om net saam met mense te wees. Of dit moontlik is weet ek nie, dalk moet ons maar op ‘n eiland gaan sit net om iets van die realness van ander mense wees te ervaar.

Advertisements

3 Responses to kom ons kom uit die kas oor hoekom ons kamp

  1. tiaan sê:

    Nelba, ek het ‘n vragie, maar jy hoef nie te antwoord as jy nie wil nie: hoekom die ongemak om in mense “vasgedwing” te word? Hoekom die ongemak om ervarings met mense te deel saam met wie jy dit waarskynlik nooit weer gaan deel nie?
    Ek dink dit lei my eie gevoel rondom kerkkampe ook in. Ek en Cobus is in dieselfde generasie kampers, maar ons kampgeskiedenis lyk ‘n bietjie verskillend, en dis goed so. Maar daai “vasgedwingdheid”…ek scheme dis dalk net die spil waarom dit gaan. Ek kan eerlikwaar nie almal onthou saam met wie ek al ooit gekamp het of wat al saam met my op ‘n Stranddiens was nie en nie almal van hulle het so ‘n wonderlike uitwerking op my lewe gehad dat ek hulle noodwendig wíl onthou nie. Maar ek weet dat in daardie tyd, in daardie kampervaring terwyl dit plaasvind, word dit ‘n “thin place”. Iewers deel ek daar iets van myself en my geloofsbelewenis (of soms my gebrek aan ball-sense, hang af waarmee ons besig is) met ander mense.
    Dalk gaan kamp doodeenvoudig oor om te kamp? Dalk doen ons dit met die hoop om ‘n belewenis aan ander oor te dra? Om ‘n volgende generasie bloot te stel aan iets wat vir ons spesiaal was, met sy gebreke en positiewe punte en als?
    Ek weet net ek gaan waarskynlik aanhou kamp…

  2. Nelba sê:

    Weet nie. Ek is nie mal oor kerkkampe nie. Dis juis daai in mense vasgedwing word wat my pla. Maar ek weet daar is baie baie mense wat wonderlike ervarings op sulke kampe gehad het en ek is bly daaroor.

  3. Wilma van Wyngaard sê:

    Ek is van ‘n vorige generasie kampers en ek kamp nog soms so bietjie met die kiddies. Ek het ook BAIE gekamp en ek weet nie of ek altyd geweet het hoekom ek kamp nie, maar dit was LEKKER. Ek weet wel dat ek nou nog die mense onthou saam met wie ek gekamp het al het ons nie baie kontak gehad nie – sekerlik moes hulle dan help skaaf het aan my lewe! Ek weet ook dat daar momente op kampe was wat ‘n definitiewe invloed op my geeslike lewe gehad het wat ek nou na meer as 30 jaar nog steeds kan herroep.

    Ek kyk saam met Cobus na sy kampvideo van sy pasafgelope kamp op Badseloop waar ek so lekker gekamp het ek ek voel of ons lewens op ‘n spesiale manier inmekaar vloei!

    My ma het ook op Badseloop gekamp – ek weet omdat sy so baie daaroor gepraat het.

    Wees maar krities en wees definitief versigtig wat julle doen op kampe, maar moet asseblief nie ophou kamp net omdat julle nie ‘n goed gefundeerde motivering kan gee waarom julle kamp nie. Daar is genoeg getuienis van die positiewe invloed van kampe in mense se lewens.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: