mandela67, polities korrek, daai glas ouens, en my emosies

Terwyl ons besig is om uit die kas te klim, een of ander glas maatskappy dwing my vandag om oor iets anders uit te kom vandag. Polities korrekte advertensies wat produkte verkoop deur mense te laat voel hulle is actually besig om hulle sosiale verpligtinge teenoor medemens en natuur na te kom deur hierdie of daardie maatskappy te ondersteun is besig om my ligtelik die duiwel in te maak.

Nedbank het eerste my oog gevang met ‘n advertensie in Voortrekker weg oor hoe jy nou vir die VIGS-wesies kan sorg deur dood eenvoudig by hulle te bank. Die teoloog in my was bang, want ek het gewonder of dit nie maar ry op die idee dat as ek by Nedbank bank dan hoef ek nie meer oor die VIGS-wesies te worry nie. En comeon, watse persentasie van jou geld dink jy regtig gaan vir VIGS-wesies as jy by hulle bank?

Radio stasies en hulle kombers projekte oor die winter het my nogals so klein bietjie impress ek moet sê, maar ook net tot op ‘n punt. Ek waardeer dat hulle komberse vir mense wat koud kry gee, maar wonder ook of dit nie ‘n maklike cop-out vir mense skep om nie hulle wat koud kry in die oë te kyk nie.

Ek was bietjie uit sirkulasie uit toe die hele Mandela67 ding gehardloop het, maar ek hoor nogsteeds oor die oor die stories van wat wie geskenk het vir Jakaranda. En daai wonder wel weer in my op.

Maar vanmiddag was die toppunt! Een of ander glas maatskappy wat ‘n lang storie maak oor een of ander dude in Indië wat sy lewe waag vir die natuur deur ysberge man-alleen uit te klim sodat hy die biljoen mense ondertoe in die rivier moontlik vorentoe kan help deur die hoeveelheid ys wat gesmelt het te gaan meet. En die goeie nuus van die advertensie? Jy hoef nie sulke goed te doen nie, jy kan maar net hulle recycled glas gebruik…

Die subteks is nie eens meer net ‘n subteks nie. Maar orals hoor ons die subteks: Jy hoef nie oor hulle wat suffer of die natuur te worry nie, ondersteun maar net ons maatskappy dan kan jy jou gewete sus, dan kan jy daai altuïstiese gevoel by jouself kweek, want jy is besig om na jou medemens te kyk deur ons produk te koop.

Hoor my mooi, ons moet regtig meer dink oor wie se produkte ons koop. Maar asseblief tog kan die maatskappye net ophou om te maak asof hulle namens my kan worry oor die wat swaarkry en die natuur as ek net my geld vir hulle sal gee!

Advertisements

One Response to mandela67, polities korrek, daai glas ouens, en my emosies

  1. Dis maar ‘n wyse waarop mense hulle gewetens sus en maatskappye slaag seker in hulle bemarking, anders sal hulle nie aanhou daarmee nie. Eintlik soek hulle net jou geld, maar hierdie tipe bemarking laat hulle ook beter lyk. En mense is so goedgelowig. Nee wat, doen maar eerder self iets prakties vir jou naaste. Dis in elk geval goedkoper.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: