Toe die Here God die aarde en die hemel gemaak het…

Hier is my suggestion: As hierdie title die eerste woorde van die Bybel was, dan was die hele  skeppings-debat heelwat eenvoudiger.

Die Bybel sou dan soos volg geloop het:

“Toe die Here God die aarde en die hemel gemaak het was daar nog nie enige struike op die aarde nie en het daar ook nog nie enige groenigheid opgeskiet nie, want die Here God het dit nog nie op die aarde laat reën nie, en daar was nog nie ‘n mens om die grond te bewerk nie.”

Hierna sou die verhaal verloop het van hoe die mens geskep is, en daarna vir hom ‘n tuiste geskep is in Eden, en die riviere en diere name gekry het. En dan…

In die begin het God die hemel en die aarde geskep. Die aarde was heeltemal onbewoonbaar, dit was donker op die diep waters, maar die Gees van God het oor die waters gesweef.

En hierna sou die tweede skeppingsverhaal gevolg het wat vertel van hoe die aarde en hemel in 5 dae gemaak is, die mens in ‘n dag, en die Sabbats-rus begin het.
Die slang was listiger as al die wilde diere wat deur die Here God gemaak is en het vir die vrou gevra: “Het God werklik gesê julle mag van geen boom in die tuin eet nie?”

Die vreemde ding is dat in al ons gesprekke, hetsy met kreationiste, in die kerk, binne die wetenskap-geloof debatte, of selfs in hoogs opgeleide teologiese gesprekke, hak ons telkemale vas by die 7-dag verhaal. Maar die verhaal wat begin met die skepping van die mens, en hoe God vir die mens, en later saam met die mens, hierdie wêreld leefbaar gemaak het, hoor ons selde. Die minder sistematiese aanslag van hierdie verhaal het skynbaar ook die effek gehad dat Aufklärung denke nie werklik daarby kon aanklank vind nie.

Ek weet nie of dit is omdat ons nie heeltyd geleer is hoe om Genesis 2 met ons wetenskap te versoen, en of dit maar net natuurlik kom a.g.v die meer aardse aanslag van die outeur van Genesis 2 nie, maar dit lyk asof Genesis 2 baie duideliker uitskreeu: “Ek is ‘n mite, ‘n storie, moet my nie try in een of ander wetenskaplike teorie inforseer nie!” en mense luister meer geneë daarna.

Elkgeval, die punt is maar net, try jou Bybel lees deur te begin by Gen 2:4b-2:25, dan 1:1-2:4a, en dan van 3:1 af, en kyk of dit nie dan anders op die oor val nie. Dit kon elkgeval netsowel so om geranskik gewees het, om die 7-dag verhaal eerste te plaas was ‘n kompromie…

Update: Hier is ‘n oorvertel van Genesis 1 wat ek so rukkie terug geskryf het. Daar is dingetjies wat ek dink ek meer aandag aan moes gee, maar van dit at least sal jy in die comments kry.

Advertisements

One Response to Toe die Here God die aarde en die hemel gemaak het…

  1. Ronald sê:

    Vandat ek die verskil raakgesien het (met hulp van sekere mense in my eerstejaar), het ek besef ek hou baie meer van die tweede skeppingsverhaal. Al hoe meer. Ek dink dis daardie “aardse aanslag” waarvan jy gepraat het.

    Elk geval, ek wonder soms of 2:4a nie ook maar saam met die ander gelees moet word nie, as ‘n opskrif. Dit lyk vir my of die Septuagint dit so gelees het. Dit vertaal die Hebreeuse woord vir “geskiedenis” met “boek” (biblos). Of, ten minste, dalk is 2:4a ‘n stukkie wat die twee verhale aan mekaar bind:
    Gen 2:4a lees “hemel” en “aarde”; Gen 2:4b lees “aarde” en “hemel” – dus ‘n ABBA patroon.

    Nie dat dit nou regtig saak maak vir jou argument nie. 🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: