‘n taai en warm toffie

“Mackenzie.” Her voice now came as calm and wonderful as first he heard it. “I am only asking you to do something that you believe God does. He knows them so much deeper and clearer that you will ever know your own children. He loves each one according to his knowledge of the being of that son or daugther. You believe he will condemn most of to an eternity of torment, away from His presence and apart from His love. Is that not true?”

Dit is die woorde van Sophia, die gepersonifiseerde wysheid van die Ou Testament, in The Shack. Die woorde vat nogal raak wat ek dink die grootste probleem vir party met die hel is: Ons sukkel om in beide God en die hel te glo.

Scot McKnight het iewers Brian McLaren gequote:

How can a moral God send people to an eternity of punishment for a lifetime of sin?

Selfde storie. Dit is hierdie tipe van vrae wat agter baie van ons se ongemak met die hel lê. Dit help nogals as ons net ‘n tikkie eerlikheid het in hierdie gesprek ek dink.

  • Ek kan jou vertel dat die grootste deel van die Ou Testament geensins na die hemel en hel eers verwys nie, jy kan met my stry, maar ek het die tradisie aan my kant (Hand 23:6-9 – die Saduseërs verteenwoordig die antieke Jode).
  • Ek kan jou vertel dat die drie verdieping wêreldbeeld baie van die teologie ingekleur het, en dat ‘n direkte oorneem van konsepte na ons dag toe meer probleme as oplossings veroorsaak, en die oorspong van ateïsme is by vele.
  • Ek kan vir jou ‘n lang relaas afsteek oor die Griekse terme, hulle oorsprong, en ander moontlike verstane (of ek kan dalk eerder een van my vriende wat beter met die Griekse taal omgaan vra daarvoor).
  • Ek kan vir jou vertel dat ons idees oor die hel baie meer deur Danté se Purgetory gevorm is as deur die Bybel, maar dat gaan 10 teen een nie indruk maak nie.
  • Ek kan jou vertel dat die hel die laaste klompie jare moontlik meer prominent figureer in sekere kringe as wat dit nog ooit gedoen het in die geskiedenis van die kerk, maar dit sal net ‘n teorie wees.

Ons almal weet dat dit nie regtig polities korrek is om van die hel te hou nie. Maar kom ons face dit, ons almal ken mense baie op een of ander weird manier sekerheid vind in hulle refleksies oor die betekenis van die hel vir almal wat nie dieselfde as hulle glo nie. Somehow is die wêreld vol van mense wat werklik glo dat God se genade meer duidelik word as die default destination van alle mense die hel is, en hoe erger daai hel, hoe meer genadig kan hulle God uitbeeld.

Ek kan baie dinge vir jou sê. Uiteindelik is al my filosofiese en teologiese argumente oor die bestaan van die hel en wie daar gaan opeindig egter sekondêr, en moet ek eerlik wees: Primêr hou ek nie van die idee dat daar ‘n God is wat kom leer het dat ons ander mense oor en oor moet vergewe, maar wat self nie kan regkry om die grootste deel van mense te vergewe sodat hulle nie nodig het om te ween en te kners op hulle tande nie.

Advertisements

2 Responses to ‘n taai en warm toffie

  1. liewelettie sê:

    Mmm, goed gese. Ek dink meeste mense sien nie daai vergifnis penarie nie.

  2. Dit is waar, maar ons moet nie uit die oog verloor dat die Nuwe Testament ‘n ontsettende ontwikkeling in die teologie van die Ou Testament na vore bring nie. As voorbeeld: In Job word Satan voorgestel as niks ergers as ‘n slinkse diplomaat wat heel ordentlik met God in gesprek verkeer nie. Hy is nogal ‘n ou “derduiwel”, maar doen nie te ernstig skade, buiten Job en sy familie nie. In Sagaria weer word hy aan ons voorgehou as ‘n “staatsaanklaer” wat ‘n “amptelike” taak het om te verrig.
    Met die koms van Jesus verander dit. Jesus voer nie ordentlike gesprekke met Satan nie. Hy ontbloot hom as die leuenaar wat daarop uit is om die mensdom te verlei en Jesus (Seun van God) het ‘n spesifieke doelwit voor oë, naamlik om die duiwel uit te dryf, uit mense uit en selfs uit gebiede uit.
    In die konteks van Openbaring (veral vanaf hoofstuk 12) is dit ook duidelik dat die geskiedenis van die wêreld hoofsaaklik beïnvloed word deur ‘n stryd tussen Christus en Satan. In menslike (en naturulik sterk illustratiewe taal) word die stryd uitgebeeld teen die ongoddelike drie-eenheid (die draak, die dier uit die see en die dier uit die aarde) sowel as Babilon (in Openbaring se tyd, hoofsaaklik die Romeinse ryk wat die Christene vervolg het) maar ook elkeen wat hulle met die draak vereenselwig (deur Johannes beskryf as diegene wat die “merk van die dier” dra in teenstelling met diegene wat die merk van die Lam het.) Daarom sluit die boek af met ‘n sterk beskrywing van die lot van al hierdie ongoddelike partye wat een na die ander vernietig word: diegene wat hulle met Satan vereenselwig, die val van die Romeinse ryk (Babilon), die vernietiging van die diere uit die see en uit die aarde en laastens dan die vernietiging van die draak.
    Mens sou dit natuurlik alles as verbeeldingsvlugte van Johannes kon beskou (en daarby insluit gedeeltes soos die profetiese rede in Matteus 24 & 25), of ons sou daarmee erns kon maak en dit beskou as ‘n realiteit dat daar wél ‘n lewe na die dood is (wat die Sadduseërs inderdaad verwerp het, maar waarop Christus nuwe lig kom gee het.)
    Wat wel problematies is, is waar baie mense hulleself aanmatig om te besluit wie “in” is en wie “uit” is. Die fundamentaliste wil nie mense wat bietjie wyer dink in die hemel hê nie. Die teendeel is natuurlik ook waar! Die “evangelicals” wil nie die “ecumenicals” daar hê nie, maar die teendeel is ook waar. Die Protestante wil nie die Rooms Katolieke of die Ortodokses daar hê nie. Maar die teendeel is ook waar.
    Dit lyk vir my onnodig om die konsep van hemel en hel, hoe ons dit ookal sal verstaan (en met ons menslike verstand gaan ons dit in elk geval nooit verstaan nie, al sou ons ál die aardse kennis in pag hê) te verwerp bloot omdat dit nie vandag polities korrek is om in hierdie “uitsluitende” terme te dink nie.
    Wat Jesus vir ons geleer het, onder andere, is om nie te oordeel nie. Maar daarmee saam het Hy ook vir ons geleer om die wêreld in te gaan om oor hierdie nuwe Lewe in Christus te getuig.
    Na ‘n volle week van klasgee oor Openbaring, is ek net opnuut weer daarvan oortuig dat ons hierdie boodskap maar mág en móét verkondig.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: