dinge waaroor die kerk nie praat nie: mediese fondse en privaat hospitale

Ek wil nie regtig op die ou ding ingaan hoe sleg of hoe goed dit is dat dominees nie oor seks, politiek en geld preek nie. Wat my eerder begin pla is die hoeveelheid goed wat dit vir my wil voorkom ons nie eers oorweeg dat ons veronderstel is om daaroor te praat nie. Een daarvan het vanaand om die tafel uitgepop: mediese fondse en privaat hospitale.

Kom ons face dit nou maar: Privaat hospitale sê dat daar prioriteit gegee moet word aan die versorging van hulle wat kan betaal om versorg te word. Dus dat jou lewe se waarde gelyk is aan dit wat jy verdien. Mediese fondse blyk vir my die voertuig te wees wat hierdie sisteem in stand hou.

Ons lees die Bybel en ons maak oorlog as mense sou waag om op ‘n paar kritiese puntjies af te wyk van wat daar staan. Maar realiteit is dat ons huidige mediese sisteem in sy wese indruis teen wat Jesus kom leer het. Kom ek verduidelik.

  • Een van die goed wat nogals uniek is aan Jesus is dat hy kom praat het van God as ‘n Vader.
  • Jesus kom leer dat jou waarde nie bepaal word deur uiterlike dinge nie.
  • Jesus kom leer dat hierdie Vader almal ewe lief het, en vir almal eweveel omgee. Almal se waarde is dieselfde.

Ek volg nie die hele storie nie, maar klink my of Obama darem bietjie hierdie mediese storie aanspreek. Hoog tyd, want Amerika s’n was nog erger as ons s’n gewees. Een van my gunsteling flieks, Patch Adams, het ernstige krities teen hierdie sisteem. Ek het die fliek al baie gebruik as metafoor vir die kerk, maar dalk moet ons die absoluut eksplisiete boodskap van die fliek en van Patch Adams se lewe meer in die kerk hoor.

Ek het nie ‘n antwoord nie. Alle predikante moet aan ‘n mediese fonds behoort. Ek ook. Maar hieroor het ek nog nooit iemand hoor preek nie. Hierdie ding het ek nog amper nooit eers gehoor dat teoloë, predikante, gemeentes, enigiemand, oor praat nie. Ek het al gepreek oor geld. Ek het gepreek oor politiek kort voor die verkiesing. Op jeugkampe praat ons baie oor seks. Oor ekologie praat ons. Oor rassisme preek my kolega gereeld. Maar ek het nog nooit oor mMediese fondse en privaat hospitale gepreek nie. Ek weet ook nie wat ek sal sê nie. Ek het nog nooit iemand daaroor hoor preek nie. Ek het nog nooit eers gehoor dat iemand sê ons is veronderstel om daaroor te praak nie.

Het die Christelike Etiek iets hieroor te sê? Het die Jesus-storie iets hiervoor te sê?

Advertisements

5 Responses to dinge waaroor die kerk nie praat nie: mediese fondse en privaat hospitale

  1. Piet sê:

    In die Koninkryk van God gaan dit so: ‘n Arm man beland in ‘n groot mediese verknorsing en ontdek dat die enigste hulp vir sy ellende by ‘n privaat hsopitaal is. Maar hy is sonder mediese fonds en sonder bates wat hy kan verpand. In groot benoudheid wil hy by die administrateur van die hospitaal gaan soebat vir ‘n kans om af te betaal. Voor hy nog ‘n woord kon uitkry sê die dame vir hom “Meneer ons sal alles gratis vir jou doen, want ‘n hospitaal is vir siekes.” Nou wie was die blyste, die administrateur of die siek man?

    Naskrif: Ek dink ons moet versigtig wees om die radikale aansprake van die evangelie nie te vergeeztelik of om dit weg te verklaar nie. Ek het net nie die vaagste ide hoe ons dit moet laat gebeur nie.

  2. cobus sê:

    @alleman Ek kan nie my feite oor Amerika in syfers gee nie, maar uit die stukkies wat ek hier en daar optel kry ek die gevoel dat jy beter af is in Suid Afrika as jy met dieselfde hoeveelheid geld sit. Iemand ver onder die broodlyn wil dit vir my klink sal verder kom hier wat medies aanbetref as daar. Maar elkgeval, dis net ‘n gevoel uit sulke goed wat ek hier en daar optel.

  3. Ek dink ook nie ek het al ‘n preek hieroor gehoor nie, wel so hier en daar ‘n informele gesprek oor mediese fondse maar dit was meer in die lyn van: Jy moet minstens ‘n hospitaalplan hê, anders is jy onverantwoordelik! Wat gebeur as jy in ‘n ongeluk beland?

    Dit moet tog belangrik wees as ‘n groot deel van die evangelies aan Jesus se genesings gewy word. Ek het ook al te veel vlak sedeprekies oor die gelykenis van die barmhartige Samaritaan gehoor.

    Miskien is die probleem dat meeste kerke preek-en-hoor-en-bespreek-kerke is eerder as almal-lees-die-Bybel-self-en-doen-dit-saam-kerke. Ek vermoed in so ‘n tipe kerk sal die kwessie van mediese fondse en privaat hospitale gouer relevant word.

  4. alleman sê:

    Ek is baie bly iemand uit die kerklikes na-aap nie net die Amerikaanse Republicans wanneer dit by hierdie kwessie kom nie.
    ‘n Openbare gesondheidstelsel is ‘n wonderlike iets om te hê – nie soos in SA waar as jy arm is word jy gelos om te suffer nie.

    Ek sal graag wil weet hoekom jy meen Amerika se stelsel is nog erger as ons s’n. Ek dink nie dis so nie.

    Flippiefanus, ek het lus om oor die Britse NHS te skryf, onder meer na aanleiding van ‘n meningsverskil wat ek en Retha gehad het oor hierdie selfde saak. Hopelik kom ek daarby uit, maar as ek nou uit alles van Brittanje en die Britse geskiedenis een ding moet kies waarop die Britte kan trots wees, is dit die NHS (met foute en al)

  5. Jy sal van Kanada hou. Ek het ‘n vriendin daar wat ‘n knie operasie moet kry. Omdat medies daar alles staatsbeheer is sodat niemand met meer geld voorgetrek kan word nie, is die stelsel nie baie goed nie. Dus moet sy omtrent ‘n jaar wag voordat sy die operasie kan kry. Tog as ek haar daarmee konfronteer verdedig sy die Kanadese stelsel.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: