dis ‘n boek daai, en daar is foute daarin

‘n Baie goeie vriendin van my van waaay back af sit noudieaand hier in die sitkamer by ons. Sy is ‘n beautiful Christen mens, uit ‘n huis uit waar diep Christelike waardes geleef is. Jy weet, daai thick weergawe van geloof, waar dit alles beïnvloed, waar dit nie net oor ‘n paar basiese goed gaan nie, maar waar geloof jou hele uitkyk op die lewe bepaal. Sy ken haar Bybel, sy ken hom goed. En sy vra haar pa toe eendag wat nou gemaak met die contradictions en goed in die boek. Sy antwoord was bloot: “Onthou, die Bybel is deur mense geskryf, en mense maak foute”.

Ek onthou ‘n boekie van oom Willie Marais (onthou jy hom nog? die firebrand preacher van die Afrikaanse volk uit die ou dae) waarin hy al die vrae oor contradictions in die Bybel beantwoord het. Dis die mees fenominale eksegetiese gimnastiek, waar hy d.m.v allerhande interessante metodes vir jou verduidelik dat eintlik weerspreek die Bybel homself nooit nie. Maar vir meeste van ons is dit redelik voor die hand liggend dat daar verskillende weergawes van verhale bestaan, en dat hulle op baie plekke nie ons Suid Afrikaanse juridiese eise vir “ooreenstemmende getuienis” aan sou voldoen nie.

Hierdie is ‘n reaksie op twee posts terug se bespreking van ‘n kritiese afstand, en die belofte van ‘n paar gedagtes oor interpretasie in ‘n post-modernde tyd. En nou sou jy, met goeie reg kon vra of die raaksien van foute dan nou nodig is hiervoor. As jy bietjie meer filosofies inclined is sou jy moontlik vir my daarop wil wys dat my harsh opmerkings oor “foute” dan nou uiters modernisties is. En jy sou reg wees.

Maar as ons praat van Bybel lees in ‘n postmoderne tyd dan moet ons hierby verby kom. Ons moet op ‘n punt kom waar ons besef dat die Bybel voldoen nie aan ons eise vir historiese juistheid nie. As ek die Bybel wil gaan toets vir sy juridiese waarde, en my vereiste is dat die Bybel foutloos moet wees, dan gaan die Bybel nie die paal haal nie. Eers wanneer ons die kritiek op ‘n idee dat die Bybel foutloos is erken, en daarna die Bybel losmaak van die verwagting om “foutloos” te wees, kan ons begin praat van ‘n postmoderne lees van die Bybel. Die soeke na en kritiek op ‘n foutlose Bybel was die journey van ‘n moderne era, dit mag nou maar ent kry.

Advertisements

5 Responses to dis ‘n boek daai, en daar is foute daarin

  1. Hans Matthysen sê:

    Ek het nog geen weerspreekings in die Bybel gekry nie en het al baie sogenaamde weerspreekings vals bewys.
    Daar is net een manier op die Bybel te verstaan: Luk 24:45 Toe open Hy hulle verstand om die Skrifte te verstaan.

  2. […] vorige posts oor Bybelinterpretasie weg nie. Om bloot verskillende versies bymekaar te gooi, of al die problematiek uit die Bybel weg te try argumenteer bring ons nie my die unieke bydrae van jou bril nie. Dit is waarskynlik bloot maniere waarop ons […]

  3. […] dis ‘n boek daai, en daar is foute in […]

  4. Hans Matthysen sê:

    Daar is geen weerspreekings (contradictions) in die Bybel nie en omdat mense nie altyd verstaan waaroor dit gaan, dink hulle wel so. Verskeie nuwe vertalings is nogal ‘n gemors omdat hulle dogmatiese vertalings blyk te wees.

  5. tiaan sê:

    Ek het gisteroggend weer op ‘n plek beland waar ek na ‘n dvd moes kyk van ‘n “gewone motiveringskreeuer” wat oor ALLES gepraat het (in reverse) van Johannes 1 af tot by Genesis 3. Pa-seun-verhouding, man-vrou-verhouding, Eva en die duiwel (sic), Adam en die duiwel (sic), die sukses van die Jode vandag (alle Jode op die aarde is supersuksesvol omdat hulle elke oggend ‘n gebedjie bid en God dit so besluit het) en so aan. Amazing wat mense kan regkry met Die Bybel as hulle die dag lus is. Het ook deur Oom Willie se Bybel In Die Weegskaal geblaai – al die engelse en tegniese verwysings na wat ander mense gese het, het my verveel en toe los ek dit.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: