Dan Denette en ‘n konstruktiewe voorstel vir godsdiens in skole

Ek voel myself tog verplig om ‘n konstruktiewe voorstel te probeer maak vir die hele godsdiens-in-skole gesprek wat op die oomblik aangaan. Ek het natuurlik persoonlike belang by hierdie saak. Ek is ‘n teoloog, en ‘n jeug-predikant. My vriende range van agnostici, ateïste, en verskeie vorme van Christene. My vriende is nou in hulle 20’s, en beide ek en hulle gaan oor 10/15 jaar kinders in skole van ons land hê, want vir basicly al my vriende is waai uit hierdie land nie ‘n opsie nie.

Ek wil vanuit my teologiese agtergrond ‘n bydrae maak. Dit is moontlik dat die voorstel op plekke met die huidige grondwet kan clash, ek is nie ‘n kenner van die grondwet nie, maar weet dat die grondwet verdraagsaamheid tussen mense wil aanmoedig, en ek dink dit vereis ‘n bepaalde teologiese kyk – dus impliseer ek dat sekere teologiese vooronderstellings tot onverdraagsaamheid sal lei. Sou dit met die grondwet clash dink ek grondwet, teologie, en menigte ander rolspelers sal moet saam gesels om te soek vir ‘n benadering wat in ‘n publieke ruimte sal werk.

Binne die huidige gesprek dink ek Dan Dennett se argument by 2006 se TED kan ons help met konstruktiewe gesprek. Kyk daarna, want die res van die post gaan daarop voortbou. Onder is net die gedeelte van die talk waarna ek hier wil verwys, maar die hele talk kan hier afgelaai word.

Nelus Niemandt het op my vorige post gereageer op facebook met die opmerking:

Die vraag is dalk of enige skool hoegenaamd van opvoeding kan praat en opvoed in die ware, holistiese sin van die woord, as godsdiens weggewens word? Selfs ‘n keuse om te swyg of vir atiesme is ‘n godsdienstige keuse. Hoe sou skole lyk as daar baie en respekvol oor godsdiens gepraat word?

Om godsdiens uit skole te wil verban ontken die feit dat godsdiens inherent deel van ons samelewing is. Dit is ‘n mag wat tot van die grootste humanitêre werk wat aan die gang is ingespan kan word, en ‘n mag wat tot ongelooflike geweld ingespan kan word. Dit vorm etiek, en word met tye gebruik om onetiese gedrag te regverdig. Godsdiens bly steeds ‘n bepalende faktor in die wêreldgeskiedenis, en ook in die geskiedenis van samelewings, en die meerderheid van individue.

Die moeilikheid met Dennette se voorstel is natuurlik die optimisme oor feite. Wie bepaal die feite? Watter feite? Dit gaan ‘n ongelooflike komplekse kurrikulum wees om aanmekaar te sit, maar ek dink ‘n uiters noodsaaklike een. As teoloog, en jeug-predikant, sal ek nog verdere redes wil byvoeg. Eerstens op grond van die ongelooflike hoeveelheid vrae wat onder jongmense bestaan oor verskillende godsdienste. As skole nie hierdie taak gaan opneem om jongmense ‘n prentjie te gee van hoe die wêreld van die godsdienste lyk nie, dan moet die kerk definitief ernstig daaraan begin aandag gee. Tweedens het die kerk uit sy eie geskiedenis die belangrikheid geleer van konstruktiewe gesprek met hulle van ander godsdienstige agtergronde: ons mag nie die onverdraagsaamheid tussen godsdiente, of tussen godsdienstiges en nie-godsdienstiges aanblaas nie, ons moet groter begrip kweek, sonder om verskille te relativeer.

Die kompleksiteit in ag geneem, en ook die feit dat so ‘n kurrikulum noodsaaklik is, wil ek nog ‘n voorstel maak. Eerstens dat ons nie net die verhale/feite van verskillende godsdienste moet leer vir kinders nie, maar ook op een of ander manier, dalk later in die kurrikulum, algemene inligting oor paradigmas (Thomas Kuhn) of wêreldbeelde vir kinders sal gee. Die gevaar van totaliserende ideologieë moet vir hulle geleer word, en ook hoe vooronderstellings funksioneer.

Binne ons skool sisteem moet ons dan besef dat elke onderwyser nie anders kan as om sy/haar eie keuse rondom geloofsoortuiging in die klas indra. Ouers van ‘n skool kies die algemene approach van die skool, maar kan nie ‘n enkele onderwyser in enige geloofsoortuiging in forseer nie. Alle kinders leer dus van alle godsdienste, maar gaan ook hoor hoe verskillende onderwysers keuses maak binne hierdie wêreld van godsdienstigheid/nie-godsdienstigheid. As ek kan aansluit by ‘n argument op ‘n ander blog van my rondom hoe ons teologie moet funksioneer: ons moet kinders help om self-krities te kan funksioneer, om die voorlopigheid van hulle eie standpunt (hetsy godsdienstig of nie-godsdienstig) te verstaan, maar om tog met volle oortuiging te kan kies vir ‘n verstaan van geloof/ongeloof wat hulle kan help om nie net sin te maak van hulle wêreld nie, maar ook om van hierdie wêreld ‘n beter plek te maak. Onderwysers moet nie minder oor godsdiens, en selfs hulle eie oortuigings, praat nie, maar leer hoe om op ‘n respekvolle wyse aan die publieke gesprek oor godsdiens, en tussen godsdienste, deel te neem, en ‘n voorbeeld wees vir ons kinders.

Idealisties? Moontlik. Maar ek sal graag hierdie pad saam met onderwysers wil stap, waar ons hulle kan help om gesond te ontwikkel, en dan meer van hulleself in die klas weg te gee, nie minder nie.

Advertisements

14 antwoorde tot Dan Denette en ‘n konstruktiewe voorstel vir godsdiens in skole

  1. […] is waarskynlik ons verhouding met ander godsdienste en mense wat nie godsdienstig is nie. Buiten dat ek dink ons ‘n goeie godsdienstige kurikulum nodig het waaroor almal kan saamstem, en buiten daarvoor dat ek bo-op dit ook ruimte het vir skole om ‘n eie godsdienstige beleid […]

  2. […] en ek stem heeltemal saam met daardie beleid. Ek dink dit sal beide hartseer en oneerlik (kyk my response op George Claasen laasjaar) wees as ons dit moet verloor. En ek weet dat ons tradisioneel-wit skole (en meeste ander […]

  3. Hugo sê:

    Klink vir my cool, en naby aan wat Dennett voorgestel het. As dit goed aangebied is en als. Bly om dit te hoor!

  4. attie sê:

    My dogter is nou in Graad 7.Verlede jaar was deel van hulle leerplan dat die verskillende godsdienste moes probeer verstaan. Twee dinge het gebeur, die eerste was dat sy vir ons as ouers kom vra het wat sy moet dink oor al hierdie godsdienste en dit het vir ons die geleentheid gegee om met haar daaroor te praat en dit wat sy reeds weet weer te bevestig. Die tweede ding wat gebeur het is dat die onderwyser nadat hy ‘n hele week lank oor die verskillede godsdienste klas gegee het en die verskillende godsdienste se menings verduidelik het, vir die klas gesê het dat hy ‘n Christen is wat ‘n keuse gemaak het om die Chrostelike godsdiens sy godsdiens te maak.

  5. Hugo sê:

    En verder: geen wetenskaplike is neutraal omtrent hul eie teorieë nie. Maar die wetenskaplike metode, gedryf deur ‘n aantal wetenskaplikes, met behulp van “checks and balances” en skeptisisme oor mens eie teorieë, kom naby genoeg aan neutraliteit om onkeerbare vordering te maak rondom (tentatiewe) antwoorde rondom *wetenskaplike vrae*.

    Teoreties gesproke behoort mens in die gebied van godsdiens dan ook meer neutraliteit te kan bereik deur meer mense te betrek as net een – deur ‘n aantal perspektiewe in die gesprek in te bring en op neutrale manier te modereer, in die konteks van, en vir die doel van, daardie gesprek. (Dit hoef dan nie oor te spoel in ‘n gesprek oor belegging met Warren Buffet nie, daardie is ‘n ander gesprek.)

  6. Hugo sê:

    Retha, ek stem nie saam met jou voorbeelde nie. Die “godsdiens in skole” wat Cobus en Dennett en Johan van praat gaan nie oor enige beleggingsraad nie. Om jou laaste voorbeeld te probeer gebruik:

    Dit gaan oor die vergelyking van kapitalisme en kommunisme en ‘n hele aantal ander ekonomiese modelle vir lande. Warren Buffett is die laaste persoon op aarde wat ‘n gebalanseerde oorsig sou kon gee omtrent ander modelle waarin hy nie so diep belê het nie – hy sou te pro-kapitalisme wees, oor die algemeen, en nie ‘n neutrale siening kon gee nie. Sy klas sou dan nooit kon verstaan hoe of hoekom kommuniste dink soos hulle dink nie. En die bedoeling is om die klas te help om dit te verstaan.

    Daarna kan hulle gerus na Warren Buffett luister om meer uit te vind oor hoe om goed te belê binne in kapitalisme, of hoekom Warren kapitalisme so sinvol/waardevol vind. Om die waarheid te sê, hulle sou moontlik kapitalisme se goeie punte baie beter kan waardeer nadat hulle ‘n goeie gebalanseerde verstaan kon vind van ander modelle.

    Niemand is neutraal nie. Maar daar is beslis mense wat meer neutraal is as ander. Johan is byvoorbeeld meer neutraal omtrent “al die gelowe” as… Dawkins, Hitchens, Benny Hinn en Ted Haggard?

  7. Retha sê:

    Johan het gesê:

    Dus: Slegs in ‘n nie-godsdienstige skool kan godsdiensonderrig werklik suksesvol plaasvind.

    Jy dink seker nie-godsdienstiges staan neutraal oor geloof. Dis nie so nie. Hulle het ook opinies oor geloof. (As jy dalk dink dat jy wat Johan Swart is neutraal staan oor geloof – jy doen nie.)

    En ek sou reken dat veral een geloof so oorweldigend homself waar wys, op soveel maniere, dat om dit te weerstaan heeltemal wys dat die weerstaner homself mislei, dat die weerstaner oogklappe aansit oor hy nie die waarheid wil sien nie. (My argument, as iemand belang stel, is bv. hier http://gelowigenondersoekend.wordpress.com/om-jesus-te-volg-maak-sin/ )

    Jou stelling kan vergelyk word met: “Net ‘n onderwyser wat nog nooit ‘n boek geniet het nie mag voorgeskrewe boeke (‘n afdeling van Afrikaans, Engels of ander tale) aanbied.” Of: “Net iemand wat nog nooit ‘n sent iewers belê het nie, is neutraal genoeg om beleggingsraad te gee.”

  8. Nee – dis baie makliker as dit. Hierdie woorde:

    Probleem is dalk hoe moeilik dit is om vas te pen wat die “algemene feit” is terwyl daar soveel diversiteit eintlik is, selfs in ‘n NG gemeente op ‘n klein dorpie. Dis dalk moeilik om te bepaal wat 90% werklik glo, aangesien dit so verskil van wat dit op die oog af mag lyk hul kern geloof is?

    kan mos nou ook in die sillabus aangebring word. Slegs indien godsdiens as ‘n intrinsieke, onfeilbare Waarheid(tm)(r)(c)+1337 of hapiness beskou word, raak diversiteit ‘n probleem. So nie is dit peanuts – dan is die enigste feite om te leer dat daar baie is.

  9. Hugo sê:

    Dink jy? Weens die emosies betrokke?

    Ek reken ‘n skool sou kon godsdiensonderrig gee en sê, volgens daai “wetenskaplike feite”, “90% van Christene volg ‘n gemeente/denominasie wat ‘n ‘creed’ volg wat *foo* sê” – gepaard met “ons glo egter anders, daardie 90% is bietjie verkeerd / van die pad af”…

    Probleem is dalk hoe moeilik dit is om vas te pen wat die “algemene feit” is terwyl daar soveel diversiteit eintlik is, selfs in ‘n NG gemeente op ‘n klein dorpie. 😛 Dis dalk moeilik om te bepaal wat 90% werklik glo, aangesien dit so verskil van wat dit op die oog af mag lyk hul kern geloof is?

    Soos stereotipes en opsommigs nou maar altyd bietjie verkeerd is. (Die parentingbeyondbelief.com post wys dit ook uit.)

    Moontlike punt om te bespreek: CS Lewis se “Mere Christianity” as ‘n voorbeeld van “baseline common denominator” tussen Protestantse gemeentes? Bietjie oud? Hoeveel verskil die nie middle-of-the-road Christene van CS Lewis se opsommig (geskryf uit ‘n Christelike oogpunt)?

    (Ah, the joyous discussion of who is and who is not a Christian. yuck.)

  10. (Dus: slegs in ‘n nie-godsdienstige skool kan godsdiensonderrig werklik suksesvol plaasvind.)

  11. Wie bepaal die feite?

    Die wetenskap bepaal die feite. Die godsdienste word waargeneem tot statisties betroubare data rondom elkeen verkry kan word. Dit word gepubliseer. Dit word weer gecheck. Die proses gaan aan en aan en aan.

    Die belangrikste van alles?

    Die proses word nie deur die godsdienste self gedryf nie. Dis net ‘n moeilike kwessie as godsdienstiges selfs die “feite” moet bepaal – so nie is dit veel makliker as wat baie sinodes wil voorgee.

  12. Hugo sê:

    ‘n Post wat ek toevallig vandag raak gelees het oor juis hierdie soort gedagte, in ‘n Amerikaanse skool:

    http://parentingbeyondbelief.com/blog/?p=2863

    Ek het ‘n aantal ander interessante links verloor oor kerke wat hierdie soort multi-kulturele opvoeding tackle. ‘n Google search vir “pluralism sunday” gee wel ‘n goeie begin vir wat ek nou aan dink. Ek kan seker vir “pluralism sunday” soek in Google Reader om my gunsteling Christelike/”teologie” blogs se relevante inskrywings te vind.

  13. attie sê:

    Beeld berig vandag oor die fees van lig en vrede in die Nan-Hua-Boedhiste tempel tot vrees en die stryd teen armoede.

    Kobus Gerber was ook daar. Die berig sê Gerber het sonder om ander godsdienste aan te val, gesê dat Jesus Christus gesterf het sodat mense vrede met God en met mekaar mag hê. Sonder om aan te val het hy die boodskap van die Evangelie verkondig. Hy het selfs erken dat ons nie altyd Jesus se leer uitleef nie. Ek dink kinders op skool kan dalk deur sulke gebeure leer hoe om hierdie verskille in liefde en vrede sonder veroordeling te hanteer.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: