Sinodes en vergaderings

Ek sit by Oostelike sinode. Kyk so hier van die ander kant af na wat by die groot kerk vergaderings gebeur. Sit hier op prime spot, in die middel agter, en kyk reguit na voor, daar waar die belangrike dominees van die sinode praat. Die wireless netwerk is nou nie so lekker nie, maar ek sal nie hierdie teologie blog clutter met my struggles met die tegnologie nie. Die mense sit om ronde tafels, en die leiers probeer gesprek te fasiliteer.
Jy hoor die retoriek van verandering heeltyd. Orals hoor jy nog die stories van die ‘ou dae’ van die sinode, toe daar 100 besluit ‘n dag geneem moes word, toe ons meer vergadering gehou het as wat daar iets gebeur het. Grappies soos: “God het die wêreld so lief gehad dat hy nie ‘n komissie gestuur het nie” word met groot smaak vertel. Kom ons face dit, almal in die kerk weet dat die institusionele model ten minste moet verander… dalk selfs moet eindig.
Maar hoe ernstig ons dit gaan opneem weet ek nie. Daar is tog ‘n stukkie sekuriteit in hierdie tipe vergaderings. So ‘n vergadering het immers mag om dinge waarvan ons nie hou nie aan te spreek. Hierdie vergaderings word die buffer teen gemeentes wat gay dominees wil aanstel, teen teoloë wat hulle tradisie wil herinterpreteer op ‘n manier wat vir die huidige kerk bietjie vreemd lyk, teen fundamentalisme wat die finale stem in die kerk wil wees.
Daar is orals die begeerte dat die sinodesitting eerder ‘n plek moet wees wat netwerke bou, wat mense aan mekaar oplink, wat kreatiwiteit losmaak, wat gemeentes help om beter te werk. As ek die stories hoor van wat was, dan wil dit vir my lyk asof ons darem al begin vorder.

Advertisements

2 Responses to Sinodes en vergaderings

  1. Sterkte met die sit. Ek hoop jy vind ‘n beter sein namate die tyd aanstap 🙂

  2. Ronald sê:

    Ek dink nie ons gaan ooit kan wegbeweeg van so ‘n samekoms nie. Dit is altyd nodig om in gesprek te tree, mekaar in die oë te kyk en sake ook soms met die tong uit te spook.

    Op die oomblik sit ek nou by die huis en volg so gedeeltelik wat aangaan met die tweets (soek vir #sinoos), maar dis net nie dieselfde as om by die sinode te wees nie. (En ek sê dit selfs al hou ek nou nie juis van sinodesittings nie.)

    Ek hoor egter mooi goed van wat daar aangaan!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: