ek’s weer geestelik betas

Ek ontmoet vanaand ‘n paar vriende in Menlyn vir ‘n fliek. Ons herken ons vriende eers nie, want sien hulle net van agter af, en die girls wat daar by hulle staan ken ons glad nie. Maar nou ja, ons het hulle lanklaas gesien, so dalk is die girls nuwe vriende wat ons nog nie ontmoet het nie. Ons staan nader en groet. Heel vriende stel die jong dametjies hulleself aan ons voor.

Die eerste sin na die name was “you are the people we were praying to meet“. Onwillekeurig reageer my brein met “ek weet nie waarvoor julle gebid het nie, maar ek is seker dit was nie vir my nie“. Die volgende sin, net nadat ek myself bedwing het om my gedagtes tot woorde te bring? “It’s always strange how people react when we start talking about the Lord“. “Wat het my vriende aangevang?! Wie is die vreemde mense met wie hulle kuier?

My vriende like ook nie baie hierdie mense wat jou so geestelik kom betas nie, en dan maak hulle my die verantwoordelike om hierdie tipe ongemaklike situasietjies te hanteer, deur publiek te maak dat hier tans ‘n dominee in die groep is. Die opgewondenheid onder die jonge dames was geen geheim nie. ‘n Dominee! Mensdom, hoekom kan my vriende nie in suke gevalle byvoeg dat hierdie dominee reeds getroud is nie!

Volgende ding is ons word na hulle bybelstudie toe genooi. Ek moet sê, dit was ‘n eerste vir my. Ek het gedog die feit dat ek ‘n ds. titel het (wat ek nooit gebruik nie) vrywaar my daarvan om na random bybelstudiegroepies genooi te word, maar niks sal hierdie evangeliste stop nie! Hulle sal sommer die ander kerk se dominee try convert dit lyk my. Op daai punt kon ek myself nie meer inhou nie:

You really don’t want to invite me to your biblestudy group.

No, we like people who ask a lot of questions.

Really, you don’t want to invite my to your biblestudy group (emphasized by one of my friends telling them that this isn’t a good idea).

We really like people who ask a lot of questions.

Hulle het nommer uitgeruil met my een vriend. En ek wonder nogals of ek nie dalk tog by hulle bybelstudie moet instap met my Griekse Bybel en ‘n kopie van die boek oor Nuwe Testament eksegese wat ek vandag gekoop het nie. Iets wat ek nooit sal doen in my eie gemeente nie, waar ons saam lees, en saam teologiseer. Maar vanaand voel ek violated.

Ek voel geestelik betas.

Hierdie mense ken my nie, weet nie wie ek is nie, ken nie my storie nie. Maar hulle aanvaar dat ek hulle vorm van geestelikheid moet deel, en aanvaar dat hulle maar aan my mag vat met hulle weergawe van die wie die spirituele wese wat ons God noem is, en hulle aanvaar dat ek fine moet wees daarmee. Ek voel vanaand violated.

Advertisements

One Response to ek’s weer geestelik betas

  1. Hugo sê:

    Wat doen mens? …

    Die mens in mens wil tog so graag… retaliate?

    “Maar dis nie reg nie, watse goed kom daarvan?” vra die ander stemmetjie.

    “Toe nou! Hulle het my mos genooi, dan beteken dit mos hulle wil my deel maak van hul bybelstudie groepie?”

    “Hrmph.”

    “Toe? Net een keer? Ek sal ten minste vriendelik bly…”

    Ek sou so “lekker kry” om jou in aksie te sien met jou Griekse Bybel en daai boek oor eksegese, by daardie groepie, maar nou wil ek ook probeer om jou ou post te vind oor hoe jy besluit het om eerder te bou as om af te breek… ek dink jy weet watter een ek van praat? Kan jy hom dalk vinniger vind?

    Ek weet steeds nie hoe mens sulke situasies moet hanteer nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: